Naelkuns neem behoorlik toe. Wees in die kol en verruil jou veilige pienk-en-wit-manikuur met dié trendy kombinasie van neon-en-nude-skakerings.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Stap 1
Verf altyd eers jou naels met ’n goeie basis-lagie, dit keer dat die kleur nie jou nael vlek nie en verseker dat die naellak langer hou. Verf dan jou naels met ’n ligte of naak-skakering (amper velkleur, eerder as ligpienk) en wag vyf minute totdat dit droog is voor jy met die volgende stap begin.
Stap 2
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Verf die punte (of die helfde) van jou nael met jou gunsteling neonkleur. As jy nie te veel bewe nie, probeer om stuk-stuk ’n lyn met ’n kurwe oor jou nael te verf, wees versigtig want as jy in een haal ’n horisontale streep probeer aanverf mag dit dalk skeef lyk. Andersins maak die kwassie goed nat met naellak, hou vertikaal en tik-tik die naellak van bo-af aan. As jy steeds sukkel om daardie perfekte reguit lyn te kry, gebruik ’n nael-plakker om te help. As jy nie van die french nael hou nie probeer iets soos chevron strepe of kolle met die neonkleur.
Stap 3
Verf ’n bo-lagie vir daardie ekstra glans en om te verseker dat jou neon-en-naakte naels langer hou.
Volg die stappe hier: http://www.youtube.com/watch?v=0n53WIpmdVo
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.