kategorieë: Wenke

Stap-vir-stap naelkuns

Kelly Chang van Ma Cherie Nails is in Taiwan gebore en op 11jarige ouderdom het sy na Suid-Afrika verhuis. Sy het in die skoonheidsbedryf begin werk en daarna in naels gespesialiseer voordat sy besluit het om terug Taiwan toe te gaan om haar kennis uit te brei. In Japan is naelkuns veels groter as in Suid-Afrika en die resultate is verstomend. Sy spesialiseer in jel-naels omdat dit langer as gewone naellak hou.

Sy het vir ons prettige piesangs geverf! Hier is die stappe om jou eie piesang-vorms te skep.

Stap 1

Haal alle naellak van jou naels af. Verwyder dooie vel van die naelbed deur dit saggies terug te druk of met ’n naelborsel te skrop.

Stap 2

Verf ’n basis-laag om jou naels te beskerm en die politoer langer te laat hou.

Stap 3

Verf naels afwisselend geel en wit. Herhaal om ’n mooi soliede kleur te verkry.'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

Stap 4

Op die naels wat wit is: vat ’n verfkwassie en verf geel halfmaan-vormpies. Jy kan ’n paar per nael maak of net een in die
middel.'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Stap 5

Gebruik nou die kwassie met swart verf en teken liggies die buitelyne van die piesang rondom die geel vorms. Trek ook ’n strepie in die middel van bo tot onder om die piesangs ’n driedimensionele vorm te gee.'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Stap 6

Vir naels wat net een piesang op het, kan jy met die swart verf woorde skryf, of swart kolletjies om die rand van die nael maak.

Stap 7

Maak ’n dik kolletjie met deurskynende naelpolitoer of naelgom. Kry ’n spesiale naeljuweel-plakkertjie of -blinkertjie en plak een in die middel aan die bokant van elke geel nael (die naels wat nie piesangs op het nie.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Stap 8

Verf ’n deurskynende laag oor elke nael om jou kunswerke te seël en langer te laat hou.


Vir meer besonderhede en foto’s besoek MaCherieNails op Facebook
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

23 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.