Mans kry ook depressie

In ons Westerse kultuur word die vrye uitdrukking van gevoelens dikwels as ‘n vroulike eienskap geëtiketteer. Mans praat immers nie graag oor hul emosies nie. Dié vooroordeel het ‘n uitwerking op die identifisering en behandeling van depressie by mans.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoewel vroue meer tot depressie geneig is, spring mans dit nie vry nie. Maar omdat hulle veronderstel is om “sterk” te wees, kan hulle die simptome miskyk of onderskat. Jy moet erken dat jy ‘n probleem het voor jy bereid is om hulp te soek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die simptome wat mans en vroue tydens depressie ervaar is soortgelyk, maar die geslagte is geneig om die simptome verskillend uit te druk. Vroue is meer geneig om depressie as hartseer en waardeloosheid te beleef, terwyl mans hulle in die algemeen onttrek of geïrriteerd, aggressief of vyandig voel. Mans met depressie praat ook meer oor die fisieke simptome van depressie soos moegheid as oor hul emosionele belewenisse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoewel vroulike depressielyers meer geneig is om selfmoord te probeer pleeg, is ‘n groter persentasie van mans se selfdoodpogings suksesvol.

(Bron: verskeie internetartikels)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Doen dit nou”-lysie

Richard Hawkey, Johannesburgse skrywer, spreker en stresbeheerkonsultant, beskryf in sy boek Life less lived (Xlibris, 2011) sy pad van uitbranding en kliniese depressie. Hier volg sy wenke vir mense in die greep van depressie:

1. Gaan spreek ‘n dokter.
2. Vermy kaffëine (tee, koffie, sjokolade) en alkohol.
3. Drink baie water.
4. Hou ‘n dagboek en teken die volgende aan: jou medikasie en dosisse, aptyt, slaappatroon, emosies, en die mate waarin jy normaal kan funksioneer.
5. Leer oor jou siekte: vra jou dokter om boeke of webwerwe aan te beveel, bel ‘n hulplyn en praat met ‘n berader, en help jou nabymense om jou siekte beter te verstaan sodat hulle jou gepas kan ondersteun.
6. Gee jouself toestemming om te genees:
Begrawe jou skuldgevoelens – jy het nie met opset in hierdie situasie beland nie.
Wees geduldig; herstel is ‘n tydsame proses.
Gebruik jou steunstelsel. As jy nie een het nie, gebruik ‘n beradingsdiens.
Moet jou nie isoleer nie.
Wees positief – jy kan hierdeur kom. Miljoene mense ly aan depressie en behandelingsmetodes verbeter voortdurend.
7. Indien jy angstig voel, neem jou voorgeskrewe kalmeermiddels en doen diep asemhaling (diaphragmic breathing).
8. Kry gereeld ligte of matige oefening; gaan stap elke dag ‘n entjie of dans vir 5 tot 10 minute in jou kamer – ja, regtig!

Richard Hawkey 011 656 5563, richard@equilibriumsolutions.co.za of www.vitalstest.com – kopieë van Life less lived by Richard beskikbaar en e-boeke by amazon.com en kobo.com
SADAG-hulplyn 0800 21 22 23, elke dag van 8.00 tot 20.00 – besoek ook www.sadag.org

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

11 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.