Margaret gesels met Mark Ruffalo oor Dark Waters, sy ouma, en die belangrikheid van om ingelig te bly

Margaret gesels met Mark Ruffalo oor Dark Waters, sy ouma, en die belangrikheid van om ingelig te bly deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Margaret gesels met Mark Ruffalo oor Dark Waters, sy ouma, en die belangrikheid van om ingelig te bly

Hou jy van kosmaak?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek ook – ek is mal daaroor! Daar is niks lekkerder as om in die kombuis rond te hang met al die geure om jou nie.

Een van die afdelings van rooi rose-dinge waarvan ek die meeste hou, is die resepte.

Wat my bring by my laaste blog: om na jouself om te sien.

Hoe nou? Selfversorging en kosmaak?

Wel, ja.

Gaan kyk Dark Waters – dis beslis ‘n rolprent wat almal moet sien.

Mark Ruffalo, een van my gunsteling-akteurs, speel daarin. Hy is ook te sien in die Avenger-flieks as The Hulk.

Mark is ‘n puik akteur en het ‘n lieflike warm persoonlikheid. Hy is ook ‘n voorvegter vir die klein outjies, en een van die vervaardigers van Dark Waters. As jy hou van ‘n goeie, informatiewe storie en goeie toneelspel, dan is Dark Waters vir jou.

Die helfte van my potte en panne en kombuisgereedskap het Teflon – dis net soveel makliker! Maar voordat jy weer jou Teflon-potte gebruik, gaan lees meer oor Teflon en wat dit aan jou liggaam doen.

Of kyk Dark Waters, ‘n storie oor ‘n prokureur wat ‘n saak neem net om sy ouma gelukkig te hou. In die proses ontdek hy ‘n groot maatskappy wat gewone mense aan risiko’s blootstel net omdat hulle kan. En natuurlik ter wille van profyt.

Mens wil hê hierdie prokureur moet die saak wen.

Margaret gesels met Mark Ruffalo oor Dark Waters, sy ouma, en die balngrikheid van om ingelig te bly

Mark vertel dat hy in die regte lewe kies om volgens dieselfde waardes te leef as sy karakter in die fliek, wat meer druk vir sy gesin beteken. Hoekom is die regte ding so dikwels nie die maklike ding nie?

Tydens my onderhoud met Mark vir my YouTube-kanaal, het ek hom gevra om vir my ‘n storie te vertel oor sy ouma omdat sy karakter ‘n saak aanvaar ter wille van sy ouma. Gaan kyk die onderhoud – jou hart sal beslis smelt.

Hy vertel dat hy arm was, en dat sy ouma vir hom geld gestuur het omdat sy in hom geglo het soos niemand anders het nie. Hy raak skoon bewoë terwyl hy daaroor praat, en ek het ook.

My ouma was presies dieselfde.

Ek onthou dat ek een jaar vyfde gekom het in my klas, en hoe teleurgesteld my ma daaroor was. Sy het my omtrent ‘n lesing gegee oor standaarde en hoe ‘n mens jou bes moet doen en al die dinge wat ‘n ma veronderstel is om te doen.

My ouma het later vir my vertel hoe trots sy op my is omdat ek vyfde gestaan het, en het vir my een van my gunstelingdinge op aarde gegee: Sprinkle Spread.

Dit was sulke sjokolade sprinkles wat mens op jou brood gesit het. Terwyl ek hier skryf, klink dit taamlik aaklig, en dit het dalk ‘n rol gespeel in my behoefte om daagliks ‘n klomp sjokolade te eet, maar dit was die daad van iets vier ten spyte van struikelblokke wat my vir altyd daardie wonderlike gebaar van my ouma sal laat onthou.

Wat my by my eintlike punt bring: Dark Waters raak aan ‘n klomp belangrike temas. Ek probeer dit alles dek in my onderhoud.

Kyk dit – miskien sal dit die manier waarop jy kook, verander.

Indien nie, sal jy ten minste Mark se storie oor sy ouma geniet. Ek waarborg dit.

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Loer hier na die fliek se lokprent

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.