Margaret in Venesië Dag 2

Margaret in Venesië Dag 2 deur Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Suid-Afrika is een van die mooiste plekke op aarde – die verskille in die omgewing en die mikro-klimate sorg vir eindelose stimulasie en ontdekking.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Venesië is ’n ander soort mooi – baie spesifiek en uniek. Die asemrowende kanale wat mens gebruik om tussen stukke land te navigeer is moeilik om te beskryf. Maar die middel-van-die-somer hitte, met die oorvloed toeriste, is ’n realiteit wat mens ook moet navigeer. Tog wil jy om elke hoek en draai jou kamera gryp en afneem wat jy sien. Jy hoef nie ’n goeie fotograaf te wees nie – jy hoef net die knoppie te druk en die toneel voor jou vier homself.

Lees ook: Margaret maak ’n draai in Venesië

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Margaret in Venesië Dag 2

Ek het die middag af, en wil die tyd gebruik om die San Marcusplein, die Rialto-brug, die San Marcobasilika en die Doge-paleis te besoek.

Lees ook: Margaret gesels met Adam Driver in Venesië

Teen laatmiddag was die hitte, die skares en kleure so ’n bietjie oorweldigend, en ek het teruggesak in die watertaxi wat my na die Lido moes terugneem. Die Lido is een van Venesië se bekendste bakens, en skep die illusie dat dit op die horison dryf.

Die dag staan aand se kant toe, en ek kry skielik lus om in die see te gaan swem. Ek trek my swemklere aan onder my klere, en haal ’n bus strand toe. Die lig is betowerend. Die son is besig om te sak, en die hitte is loom. Ek stap na die branders, maar maak uiteindelik nie eers my voete nat nie, want dit wemel van die jellievisse en ek sukkel al reeds met yslike muskietbyte. Al wil ek hoe graag afkoel, sal ek liewer nie. Ek gaan sit op die strand en staar net na die branders.

Ek dink aan hierdie blog en neem ’n foto van myself – turend oor die see – in my swemklere. Ek het belowe om meer foto’s te plaas van ’n ouer vrou wat die lewe geniet, en selfs al voel ek so gedisoriënteerd en al weet ek nie op daardie oomblik presies hoe ek lyk nie, neem ek ’n paar foto’s.

Anders as wat die geval is met sosiale media “influencers”, is my foto’s op die ingewing van die oomblik, selfs al is ek in dit, en dit het selde die glans van ’n professionele foto. Daar is te veel druk.

Druk om perfek te wees en ’n illusie te skep. Ek leef my lewe, en vang oomblikke vas. Soms lyk ek goed, soms lyk ek sleg. Ek probeer nie te veel van laasgenoemde foto’s post nie. Ek is ook maar menslik. Dalk te menslik. Die volgende dag besef ek dat ek my swembroek onderstebo aangetrek het, op die strand daarmee gestap het en ja, selfs ’n foto van myself daarin geneem het vir hierdie blog, heeltemal onbewus van die situasie. Hoe het ek my foutjie ontdek? Want die etiket – wat op die materiaal gedruk is – is duidelik sigbaar op die foto’s.

Lees ook: Om vorentoe of agtertoe te kyk

Toe die aand aanbreek, kan ek of gaan slaap of iets uniek beleef. Ek is genooi na ’n onthaal ter viering van die regisseur Pedro Almodovar se Golden Lion for Lifetime Achievement by die Scuola Grande di Santa Maria della Misericordia Cannaregio. Ek probeer om dit twee keer vinnig te sê, maar my asem raak elke keer op!

So, ek spring onder ’n stort in, wend ’n bietjie grimering aan en trek ’n gemaklike swart rok aan met lang splete, perfek vir groot treë gee, voordat ek vir ’n watertaxi gaan wag om na Pedro Almodovar se groot aand – gedeeltelik geborg deur Prada – te gaan.

Om daar uit te kom, is 90% van die pret. ’n Vaartbelynde houtboot, presies soos wat ’n mens in flieks sien, laai ons op. Probeer ’n bietjie om van die hawe af in ’n dobberende boot te klim met hemelhoë hakke!

Wanneer jy eers op die boot is, moet jy boonop gebukkend loop, want die dak is omtrent heuphoogte. Ek strompel na die agterkant van die boot waar ’n dakpaneel oopgeskuif is sodat ’n mens die naghemel kan sien, en kry ’n duidelike prentjie van Venesië soos wat ons naderkom. Nadat ons eers die uitgestrekte stuk water oorgesteek het, vaar die boot stadiger om die riviermondings te navigeer wat na die stad se waterstrate lei. Die waterstrate is die ene aktiwiteite en glans. Ligte reflekteer in die water, en die gewone word buitengewoon. Die ou geboue skitter in die nag se ligte, en mense stop en staar wanneer ons onder die een na die ander brug deurvaar. Party brûe is so laag dat jy vinnig moet buk om te keer dat jy onthoof word.

Die gebou met die onuitspreekbare naam is helder verlig in rooi, en die dok wemel van die bote. Paparazzi verdring mekaar, en mense druk teen die fluweeltoue waaragter net uitgesoektes toegelaat word.

Margaret in Venesië Dag 2

Binne is dit imposant – daarvoor sorg die ongelooflike grootte van die struktuur, die geboogde plafonne en baksteenmure.  Daar’s ’n disko op die grondvloer, en die spasie rondom die sitplekke op die boonste vloer is versier met skilderye van die akteurs wat in Almodovar se films gespeel het asook tonele uit sy flieks.

Wanneer Almodovar aankom, beur die skare vorentoe om hom geluk te wens. Ek en hy begin gesels oor sy nuwe film, Pain and Glory, waarin Antonio Banderas die rol vertolk van ’n rolprentmaker, deurtrek met pyn, wat eksperimenteer met dwelms. Nie as ontvlugting nie, maar as ’n manier om te kan funksioneer. Daar is ’n soen tussen Antonio se karakter en die man wat hy liefhet, wat net so passievol is soos enige meer tipiese flieksoen. Almodovar knik instemmend. “Almal sê dit. Ek wou hê die soen moet die verlange en die liefde uitbeeld.” Ek steel gou ’n foto – verskoon die greinerigheid, maar die lig was sleg en daar was baie mense wat met hom wou praat. Ek wou nie verder tyd mors deur te soek vir die flits op my kamera nie.

Dit was byna middernag, en ek het net ’n paar ure slaap gehad. Ek het ’n paar vriende oorreed om saam met my ’n boot terug te haal na die Lido. Ek het my skoene uitgetrek en ’n vriend het die foto geneem. Let op na die muskietbyt op die been en die grimering, wat al beter dae gesien het.

Die betowering van die stad het my nuwe energie gegee, en in ’n kits was ons by die Excelsior Hotel se dok waar die paparazzi altyd die sterre inwag wat arriveer vir premières …

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.