Margaret se Wêreld: 3 dinge vir die nuwe jaar wat ek gaan omhels

Margaret se Wêreld: 3 dinge vir die nuwe jaar wat ek gaan omhels deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Drie dinge vir die nuwe jaar

Ek het besluit om elke dag met 50 opsitte te begin.

(Oukei, jy kan nou maar ophou lag!)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Terloops, ek lag ook, want die kans dat ek dit wel gaan doen, is byna nul. En dis presies wat gebeur met nuwejaarsvoornemens. So, ek moet myself seker nou vergewe dat ek dit nie gedoen het nie, en dit sommer op die eerste dag wat ek besluit het om dit te doen!

Miskien is DIT ‘n beter voorneme – om myself te vergewe! Dis ook baie moeiliker om te doen.

Ek vind dat ek ander se onvergeeflike dinge vergewe, maar dat ek baie hard is op myself. Miskien is dit tyd om dit te verander. Miskien is vanjaar die jaar wat ek behoort te onthou om na myself om te sien.

Dit klink baie selfsugtig, maar as jy ‘n “giver” is, kan jy dalk alles gee net om uiteindelik self niks te hê nie. En wat kan jy dan vir iemand anders beteken? Ons word grootgemaak om ander mense te laat goed voel, maar wat het jy onlangs gedoen om jouself te laat goed voel?

Margaret se Wêreld: 3 dinge vir die nuwe jaar wat ek gaan omhels

Elke jaar direk na die Golden Globes het ek gewoonlik Boston toe gevlieg om my seun se verjaarsdag saam met hom te vier (hy het daar studeer). Hierdie jaar kon ek dit saam met hom in Los Angeles vier. Skielik het ek die keuse gehad of ek die Sundance-rolprentfees wou bywoon, of nie. Dit beteken koue en sneeu. Of ek kon by die huis bly.

Ek het laasgenoemde gekies. ‘n Hele week van niksdoen by die huis. Vervelig? Nee, ‘n absolute luuksheid. Ek is nooit by die huis sonder om besig te wees met iets nie. Ek is altyd aan die gang.

Omdat ek nie afgeneem hoef te word of op kamera hoef te verskyn vir my YouTube-kanaal nie, besluit ek om ‘n bietjie in die laai vol skoonheidsprodukte wat mense vir my stuur, te grawe. Nou wonder jy dalk hoe iemand wat gesigkanker gehad het, enige skoonheidsproduk kan onderskryf, maar dis juis die ding: ek het kanker in my gesig gekry vanweë produkte wat ek NIE gebruik het nie, en nie weens skoonheidsprodukte wat ek gebruik het nie.

Byvoorbeeld, vandat ek ‘n jong meisie was, het ek in die son gelê en braai (amper letterlik!), ingevryf met olyfolie in plaas van sonroom. Soos Sondag-groente in die oond. En boonop op die slegste tye van die dag (tussen 10h00 en 14h00). Ek het net opgehou om dit te doen toe ek al in my dertigs was. Ek is aktief, mal oor die buitelug en geniet dit om in die son te wees.

Dus is ek eintlik ‘n wonderwerk.

Ek is steeds ’n sonaanbidder, maar nou net wanneer die lig op sy swakste is – vroegoggend en laatmiddag. Hier is ek in my gunsteling-Karu-romp en ’n bloes wat deur voorlmadlige Mej. RSA Veronica Wilson se dogter gemaak is. “Go” Suid-Afrika!

Ek is ook baie gelukkig dat die skade nie baie erger was nie. En dit is dalk toe te skryf aan die produkte wat ek gebruik het wanneer ek nie ‘n sonaanbidder was nie. Dus, soos ek gesê het, wanneer ek nie werk nie, eksperimenteer ek met verskillende produkte, en onlangs was dit Clarins se Double Serum. Ek plak dit behoorlik op soggens, en doen dieselfde in die aand. Dit gee ‘n gesonde glans en dien ook terselfdertyd as ‘n ligte afskilferaar. Ek gebruik dit saam met ‘n produk wat my man by dieselfde geleentheid gekry het waar ek die Clarins-serum gekry het. Blykbaar het hulle ‘n reeks spesiaal vir mans – hulle is deesdae ernstiger as ooit oor hulle voorkoms.

Toe ek jonger was, het ek ‘n oogroom probeer wat my sakkies onder my oë gegee het nog lank voordat ek sakkies gehad het! Ek het daarom opgehou om oogroom te gebruik – tot nou toe. Die serum is ‘n “anti fatigue” oogserum, en anders as ander oogrome waarvan jy baie moet gebruik om effektief te wees, hoef jy net ‘n klein druppeltjie hiervan te gebruik. Ek wend dit sagkens aan onder my oë, van my wangbene tot by my ooghoeke, en ek is mal daaroor! Ek gaan aanhou om dit te gebruik (en ek word nie betaal om dit te se nie!).

En ja, ek weet die produk is eintlik vir mans, maar hoekom moet hulle al die pret hê? Ek het nie ‘n oogroom vir vroue nie, maar hierdie een werk vir my, en daarom gaan ek vir myself nog koop.

Dis hoe ek voortaan na myself gaan kyk. Die plan werk, en ek vergewe myself dat ek ‘n serum gebruik wat vir mans bedoel is, al is ek ‘n vrou. Dankie, my liewe man, dat jy dit uitgegooi het. Wat ons bring by die derde idee: moenie ingeperk word deur ‘n idee nie. As jy iets nuuts wil probeer, doen dit!

Wat is dus my drie dinge vir die nuwe jaar?

Vergewe myself.

Vermy die son tydens die warmste tye van die dag.

Probeer iets nuuts, al is dit ook nie iets ooglopend nie.

Voorspoedige Nuwe jaar! Of nee, gelukkige nuwe jy!

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.