Margaret se Wêreld: Besoek aan Swede Dag 1

Foto’s en teks: Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Swede vir twee dae? Hmmm. Ses ure oor Amerika en agt oor Skandinawië.  Dit help dat ek op ’n plat bed kan lê en slaap op die vliegtuig, maar die tydsverskil tussen Stockholm en Los Angeles is dieselfde as tussen Los Angeles en Suid-Afrika. Ek het die voor- en nadele opgeweeg. Dit is vir die vrystelling van die ABBA-geïnspireerde opvolg-prent, Mamma Mia: Here We Go AgainPierce Brosnan is een van my gunstelingmense om mee te gesels. Ek het met hom ’n onderhoud gedoen vir die eerste Mamma Mia-fliek in Griekeland  en nou vir die opvolgprent, Mamma Mia: Here We Go Again, gebeur dit in Stockholm en daar is ’n goeie kans dat ons die manne van  ABBA, asook Stellan Skargard, Amanda Seyfried, Lily James en ook natuurlik Mnr. Brosnan gaan sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Onderhoud met Sam Heughan

Maar wat my uiteindelik oorreed het om te kom is ’n pitstop in New York vir A Spy Who Dumped Me met Outlander-ster, Sam Heughan. Ek het al voorheen ’n onderhoud met hom gedoen vir rooi rose en dit sal lekker wees om weer met hom te gesels en te hoor hoe dit was om teenoor Mila Kunis te speel in die fliek. Hy het al Suid-Afrika besoek en gesê dat dit een van sy gunstelingplekke was en hy het ook in Londen in die Suid-Afrikaanse winkel gewerk voor hy bekend geword het en was mal oor biltong en droëwors. Katherine Heigl (Grey’s Anatomy) het ook aangesluit by Suits – noudat Meghan Markle die reeks verlaat het om met Prins Harry te trou, so daar is baie redes om New York toe te gaan en met almal op te vang. Ek het my tasse gepak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het sewe uur die oggend in Swede geland en teen die middel van die oggend was ek by die hotel. Die eerste ding wat ek gedoen het is om my tasse in die kamer te los en te gaan stap. Ek het vir koffie en ’n tweede ontbyt gestop by The Grand Hotel wat oor die Baltiese oseaan uitkyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die uitsig is fantasties, want jy sien ook die Koninklike Paleis wat oorkant die hotel is. Nadat ek besef dat nog ’n koppie koffie nie die vlugvoosheid gaan keer nie, gryp ek my pienk sambreel en gaan stap in die Sweedse sonlig. Orals waar ek kyk wil ek ’n foto neem. Om die plek prentjiemooi te noem is nie goed genoeg nie en die lig is laat alles net beter laat lyk. Ek stap oor die brug en kies koers vir die Koninklike Paleis en die Old Town, ook bekend as Gamla Stan. Die kleure van die Middeleeuse dorp is iets wat mens gewoonlik met ’n Toskaanse dorpie assosieer en die 85 Fahrenheit temperatuur verf die geboue met ’n goue patina.

Dis baie warm en ek is dankbaar vir my sambreel.  Ek loop van skaduwee tot skaduwee en bewonder hoe die sonlig die ryk kleure van die ou geboue komplimenteer. Dis waar mens die Koninklike Paleis en baie museums sal raakloop.

Die Royal-katedraal was eers gebou in die twaalfde eeu, en ek het ook die Nobel Museum besoek. Twee ure later en ek is poegaai.  Ek voel verryk deur al die skoonheid wat ek orals raakgesien het, maar ek is so moeg dat ek skaars reguit kan loop. Ek gaan terug hotel toe, stort en slaap vir  ’n uur, eet ’n Cadbury’s sjokolade en ’n proteïen-stafie wat ek altyd saam met my neem as ek reis, asook ’n pruim en ’n perske wat ek by die ontbyttafel gegaps het. Ek gryp ’n bottel water en is gereed vir ’n toer na die ABBA-museum.

“Pret” is die enigste woord wat die ABBA-museum beskryf. Ek ken sommige ABBA-liedjies maar is nie juis ’n groot aanhanger nie, maar ek het gedink ’n vinnige besoek aan die museum sal goeie agtergrond wees vir my storie en dat ek meer tyd daarna sal hê om die stad verder te verken.  Die museum-besoek het op die einde drie ure geduur, vol gelag, interaksie en pret.

Mens leer nie net details oor die ABBA-lede se lewens nie, maar jy kan jouself opneem terwyl jy hulle liedjies sing, saam met die groep dans in ’n hologram en die danspassies volg van die musiek video’s asof jy saam met die groep op die verhoog is. Gaan kyk op my Instagram-profiel om te sien hoe ek gevaar het.

Daar is ook ’n helikopter waarin hulle gevlieg het en vloere vol memorabilia. Ek wou die ABBA-mans later vra hoe hulle met die lirieke vorendag gekom het en in die museum kan jy sien hoe hulle die lirieke geïnspireer was deur ’n visuele plek en die res was net hul verbeelding. Ek sou die volgende dag met die hulle  ’n onderhoud doen  en die museum het my ’n beter insig gegee om die groep se talent en langlewendheid te waardeer.

Die einde van die dag was ’n Michelin-ster extravaganza! Teen nou is ek vir twaalf uur in die stad en is vinnig besig om verlief daarop te raak.  Die Wêreldbeker sokker het agtuur gewys en ons het op die patio wat oor die Baltiese oseaan uitkyk bymekaargekom vir ’n skemerkelkie voor ons terug gegaan het om te kyk hoe Frankryk vir België klop. Die Europeërs in my groep het kante gekies en daar oor en weer geargumenteer oor wie uiteindelik sou wen.

Na die wedstryd, rondom 10:30, het ek met die concierge gehoor of die onderhoud wat ek voor die wedstryd met die Michelin-ster sjef vasgemaak het nog gaan gebeur. Dit sou nie kon nie, maar ek was genooi om by die restaurant in te loer vir ’n happie. Hulle het my by die kroeg laat sit omdat die kombuis besig was om toe te maak. Ek het gevra vir ’n kleurryke, lekker dis en het ’n heerlike vis-en-sitrus dis en dekadente nagereg gekry om te eet.

Toe ek 11:30 by die restaurant uitloop het die lig my soos ’n warm kombuis omvou. Dit was nog nie heeltemal donker nie.  Die lug het nog ’n sweempie sonlig en dit laat my glimlag. Op pad na my kamer, sien ek van my vriende by die kroeg en ek stop vir ’n geselsie. Die vrou wie se idee dit was om die musikale films wat deur ABBA se liedjies geïnspireer was te maak het met ons kom gesels oor die projek. Uiteindelik vang my vlugvoosheid op met my en het ek gaan slaap.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck
Tags: blogs

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.