Margaret se Wêreld: In gesprek met Idris Elba

Margaret se Wêreld: In gesprek met Idris Elba deur Margaret Gardiner. Foto: Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy ook ’n groot aanhanger van Luther, The Wire of The Mountain Between Us (met Kate Winslet) is, dan weet jy beslis wie Idris Elba is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Idris Elba is People se sexyste man van die jaar

Ek het onlangs ’n oproep ontvang om te hoor of ek ’n onderhoud met hom wil voer oor sy nuutste reeks wat op Netflix sal draai, Turn Up Charlie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer só ’n aanbod gemaak word is daar natuurlik net een woord wat jy sê, en dis “JA!

Lees ook: Margaret se Wêreld: Hy is glansryk, maar hy is nie Emily Blunt nie …

My lewe is propvol, maar wanneer ek die geleentheid kry om ’n onderhoud met iemand voor ’n kamera te voer, doen ek my bes om te “turn up” – nes die titel van Idris Elba se nuwe reeks.

Jy sien, ek het begin lief raak vir die onderhoude wat ek vir my YouTube-kanaal voer. Hulle is kort, maar gewoonlik onthul die sterre iets wat ek nie voorheen van hulle geweet het nie.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Ons het almal bad hair days

En Idris was natuurlik geen uitsondering nie.

Hy het so terloops genoem dat hy haweloos was toe hy die eerste keer in die VSA aangekom het – en dit het my laat dink aan wat “huis” regtig beteken. Vir party mense is dit ’n plek, vir ander mense is dit ’n persoon. Watookal “huis” vir jou beteken, is dit gewoonlik iewers waar jy veilig voel.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Omhels wie jy is

Hierdie reeks spreek baie onderwerpe aan: Die wandade wat deur die bevoorregtes gedoen word, en hoe geld en status – ongeag hoe gesog hierdie twee dinge is – nie na geluk lei nie. Dit praat oor die gevaar van om te kry wat jy wil hê en self-sabotering. Soms werk ons baie hard vir iets en wanneer ons dit kry weet ons nie hoe om daarop te reageer nie. Dele van onsself wat ons nooit geweet het bestaan nie, verskyn, en veral wanneer jy in die openbaar is word jou suksesse en mislukkings blootgelê aan almal om te aanskou.

Ek het baie van die reeks gehou.

Die heel eerste episode is nogal uitdagend om te kyk, maar as jy deurdruk en aanhou kyk, kry jy ’n kykie in iemand se drome en jy sien hoe ouers hul kinders vorm en wie hierdie kinders uiteindelik word.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Ons het almal ’n helpende hand nodig

Nou dat my ma nie meer hier is nie, is ek meer bewus van haar teenwoordigheid in die liefdesdade wat ek vir my seun doen. Sy was een van daardie ongelooflike vroue wat nooit besef het hoe spesiaal sy werklik is nie.

Idris het my vertel oor sy ma. Selfs nou, as ’n bekende internasionale filmster en platejoggie, sê Idris dat dit sy ma is wat sy voete plat op die aarde hou. Dis wat ma’s doen. En sjoe! Ek mis my ma elke liewe dag.

As jy dit nog nie vandag gedoen het nie, bel jou ma en sê vir haar hoe lief jy vir haar is. Jy besef dit dalk nie op hierdie oomblik nie, maar jy is so gelukkig dat jy nog met jou ma kan gesels.

Lees ook: Margaret vertel: ’n Ma soos myne

Ek deel graag die skakel van my onderhoud met Idris (dis net vier minute lank) en ek hoop jy loer daarna en dat jy dit sal geniet. As jy dit geniet, volg my gerus op YouTube, waar ek gereeld nuwe onderhoude met bekendes plaas. Ek weet dit klink dalk asof jy iets moet betaal, maar jy hoef nie! Dis heeltemal gratis! “Subscribe” is net YouTube se vreemde woord vir “volg”.

Dankie dat jy gelees het

Tot volgende keer

Margaret

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.