Margaret se Wêreld- Voel goed

Margaret se Wêreld: Voel goed deur Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Crazy Rich Asians was ‘n wêreldwye treffer en ek het  die ligte, romantiese komedie regtig geniet. Ek hou daarvan om op lang vlugte na ou klassieke flieks te kyk – daar is ‘n goeie rede waarom dié flieks ‘n hele genre vorm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As moderedakteur vir GoldenGlobes.com moet ek gereeld rooi tapyt-geleenthede bywoon en na die foto’s van sterre by die premières kyk. Ek het afgekom op ‘n foto van ‘n vrou wat selfvertroue uitstraal. Ek wou weet wie sy is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit was toe die Amerikaner Awkwafina, die snaakse vriendin in Crazy Rich Asians. Omdat sy ook in die fliek The Farewell speel, het ek daarna gekyk. Die storie is deur die regisseur se eie lewe geïnspireer.  Haar ouma was ernstig siek, en die familie het besluit om in China bymekaar te kom om na ‘n troue te gaan, maar eintlik ook as ‘n manier om afskeid te neem van die ouma, wat geen idee gehad het dat sy terminaal siek is nie. Dis ‘n vreemde idee dat iemand nie vertel word dat hy sterwend is nie, maar blykbaar voel sommige families in die Chinese kultuur dat hulle die las vir die geliefde moet dra. In die rolprent lei die leuen tot allerhande verwikkelinge. Dit is ‘n sagte komedie met wonderlike toneelspel.

Toe ek die onderhoud met Awkwafina (haar regte naam is Nora Lum) gedoen het, het sy ‘n pragtige waarheid  gedeel. Sy het gesê sy was jonk toe haar ma gesterf het. En eerder as om die meisie te wees wat huil, wou sy die meisie wees wat ander laat lag, en dis waarom sy haar na komedie gewend het. Dit is een van daardie bekentenisse wat jou hart breek en jou tegelykertyd inspireer. Ek bewonder die vrou en ek hou baie van die fliek. As jy kan, gaan kyk daarna. Dit is een van daardie warm flieks wat jou dag sal maak. Kyk na my YouTube-kanaal vir die onderhoud. Jy sal sien waarna ek verwys. Ons het lekker gesels!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nog ‘n goedvoel-ervaring was die onderhoud met Tom Holland, die nuwe Spiderman. Wat ‘n aangename jong man, professioneel en sjarmant. En hy slaag daarin om in Spidey se taai spore te stap. Dit is sy vyfde keer as Spiderman op die skerm. Hy was ook in die Wonder Universe-rolprente, maar dit is sy tweede keer in die hoofrol. In Spiderman: Far from Home kan ons baie humor en aksie sien.

Lees Margaret se onderhoud met Tom Holland

Nadat ek in Bali ’n onderhoud met hom gedoen het is my YouTube-kanaal 161 000 keer besoek! Ek wou hom bedank vir ‘n goeie onderhoud en het gespring toe Sony ‘n beperkte aantal kaartjies na die première en die partytjie ná die vertoning aangebied het. Die gehoor was baie  opgewonde toe die akteurs gevra is om op die verhoog te verskyn en daarna het mense hom oorval.

Ek het hom gesien by ‘n bewonderaarsgeselligheid in Bali. Loer na my Instagram om meer te sien. Ek was toe beïndruk deur sy geduld met aanhangers. Hy is jonk en dit is nie maklik om die druk te hanteer nie, maar dit lyk of hy dit regkry om gebalanseerd te bly.

Die partytjie ná die vertonings was soos iets uit die flieks. Die swaar verkeer van Hollywood Boulevard was gesluit vir voetgangers en die pad is in ‘n pret-paleis met ‘n reuse-Spiderman-vlot omskep. Daar was  hokkies waar ‘n mens foto’s kon neem en jy kon selfs soos Spiderman onderstebo hang! Vonkelwyn het gevloei, sterre het hul verskyning gemaak en ek het selfs vir Christian Slater raakgeloop. Ek het onlangs met hom ‘n onderhoud gedoen vir die finale seisoen van Mr. Robot, die reeks wat beslis rekords gaan laat spat.

Die laaste goedvoel-oomblik was toe ek ‘n onderhoud kon doen met die oornagsensasie, Millie Bobby Brown. Dié ster van Stranger Things het in die openbare oog grootgeword met miljoene – letterlik – aanhangers  wêreldwyd wat haar dophou, en sy het dit met grasie en sjarme gedoen.

Ek kon ná die Spiderman-partytjie nie slaap nie en het na vier episodes van seisoen drie van Stranger Things gekyk. Ek is ‘n bangbroek. Ek reis oral in die wêreld alleen en is dikwels laat in die nag op  vreemde plekke …

Maar Stranger Things is ‘n heerlike samevoeging van wetenskapfiksie, humor en nostalgie. Ek het na die reeks gekyk terwyl ek bang deur my vingers geloer het. Ek het gelag oor die menslike dinge wat ouers en kinders doen. Daar is ‘n goeie dosis nostalgie in hierdie reeks en volwasse kykers sal ‘n ander era kan herroep, daarna verlang, of die vernuwing geniet.

Die volgende dag het ek my in die warm kollig in ‘n donker kamer met Millie bevind. Ek moet sê dit was een van my lekkerste onderhoude – en ek het al baie onderhoude in my lewe gedoen. Sy was spontaan, interaktief en dit het vir onverwagte oomblikke gesorg. Sy het my ‘n paar keer onderbreek, en ons het lekker gelag. Dit was meer ‘n gesprek as ‘n “amptelike” onderhoud, en die soort wat ek graag wil doen. Dis soos ek in my normale lewe is. Ek kry altyd iets om oor te lag en hou daarvan om met mense te gesels. Die onderhoud sou nie so lekker gewees het as sy nie so interaktief was nie. As jy na haar vertoning op skerm kyk, sien jy ‘n bleek, intense introvert, maar ek het ‘n warm jong vrou ontmoet wat lekker gesels het oor die temas wat Seisoen 3 aangeraak het. Haar twitternaam bevat die woorde: StopTheHate. ‘n Mens moet van haar hou.

Aangesien jong Millie meer as twee miljoen aanhangers het, kan sy maklik ontwykend probeer wees, maar sy is nie. Sy praat oor die komende seisoen van Stranger Things, maar verklap nie die storie nie. Dit is ‘n uitdaging. Ek voel dat ons ‘n paar belangrike punte gedek het sonder om die storie te verklap. Kyk na die onderhoude op my YouTube-kanaal om te sien hoekom ek so opgewonde oor hierdie jongmense is. Ons gaan nog baie van hulle hoor.

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.