Margaret se Wêreld: Onderhoud met Sam Heughan

Deur Margaret Gardiner.  Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Outlander-aanhangers is baie toegewyd. Ek het die eerste keer by Comic-Con onderhoude met die hoofakteurs gedoen. Nog voor roem hulle getref het. En ek het hulle dopgehou toe hulle gewildheid toegeneem het. Baie akteurs word weggevoer deur roem, maar Sam Heughan en Caitriona Balfe het dieselfde oop, vriendelike mense gebly wat ek die eerste keer ontmoet het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek het Sam se bewonderaars vooraf gevra om vrae vir my jongste onderhoud voor te stel. Ek het besef hy gaan sy groot kans op roem kry in The Spy who Dumped Me teenoor Mila Kunis en Kate McKinnon van Saturday Night Live (SNL). Een van my gunsteling-vrae van bewonderaars was: “As jy ‘n geur was, wat sou jy wees?” Van sy aanhangers het ook antwoorde gegee, soos: “’n Perske, omdat hy so lief is,” of,  “grondboontjiebotter, want hy klou vas aan jou”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek het hom ook gevra watter geur hy sou wou wees. Hy weet al ek sluit graag ’n vraag van aanhangers by ’n onderhoud in en moes homself beheer om nie sy oë te rol nie toe hy vra, “Is dit nog ’n vraag van ’n aanhanger?” Maar hy het met ’n goeie hart ingeduik en die vraag beantwoord, “Ek dink altyd aan aartappelskyfies,” het hy gesê, “so, ek sal ek daardie sout-en-asyn-geur wees.”

Goeie antwoord.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In my onderhoud met die regisseur van The Spy Who Dumped Me, Susanna Fogel, oor hoe sy Sam vir die rol gekies het, het sy beken dat sy nooit Outlander gesien het nie en dat sy hom gekies het op grond van hul gesprekke oor die karakter.

Ek het haar gevra of sy Sam sonder sy hemp afgeneem het. (Kyk hoe hy gereageer het in die video onderaan die artikel!) Sy het baie hoflik geantwoord dat hy nie sy hemp voor die kamera uitgetrek het nie, want sy wou nie ’n seksobjek van hom maak nie.

Verrassend genoeg het verskeie vroulike verslaggewers ook gedink hy het wel sy hemp in die rolprent uitgetrek. Almal het so gedink omdat daar verskeie fisieke tonele sonder ’n hemp in Outlander was. Dit was interessant dat dieselfde nie in hierdie rolprent gebeur het nie.

Sam is lank, maar nie fris nie. Dit is duidelik dat hy sy lyf vir die liefdestonele in Outlander in stand moet hou, en hy is toegewyd aan sy oefenprogram. Hy het die MPC/My Personal Challenge geskep wat as inspsirasie dien om ’n doelwit vir jou gesondheid te stel en om daarna te streef.

Hy het massiewe hande en voete, ligblou oë en ’n baie wit vel. Jy kom skaars agter dat hy ’n aksent het. Hy konsentreer so diep wanneer hy na jou luister dat hy sy oë skoon op skrefies trek .

Hy groei duidelik nog in die rol van hartebreker in, en sy goeie maniere is altyd waarneembaar. Hy is uiters beleefd en raak soms oorbluf deur al die aandag van bewonderaars.

Hy fokus op die karakter wat hy uitbeeld en beskryf Jamie van Outlander as ’n “Eenhoring van ’n man” – ’n man met ’n magiese teenwoordigheid.

“Ek dink ek sal ’n slegte spioen wees, ek sal vrot wees …”

Sam speel die rol van ’n spioen in The Spy Who Dumped Me en kry die kans om 007 ’n bietjie na te boots en om elemente van die Bourne-films (’n reeks aksie/spioen-films gegrond op die karakter van Jason Bourne) by te werk, maar Sam verseker my dat hy nie uitgeknip vir die soort rol is nie.

“Ek dink ek sal ’n slegte spioen wees, ek sal vrot wees.  Hulle moet by enige situasie kan aanpas. Hulle tree dikwels onder vermomming in warm lande op en daarmee is ek nie goed nie.” Hy lag lekker. “Maar ja, ek het beslis die aksiekant van die rol geniet. Ons was gelukkig om Gary Powell as waaghals-koördineerder te hê. Hy het in al die Bond– en die Bourne-flieks en Indiana Jones gewerk. Hy het alles al gedoen! Ons het eintlik ’n eerbetoon aan Casino Royale gedoen deur die toneel op te stuur waarin Daniel Graig die man op die kombuisbank doodmaak en hom verdrink.”

Hy wil nie ’n beeld van perfeksie hê nie. As ’n mens hom vra oor hoe hy met komedie vaar, is hy doodeerlik: “Ek was bang en geïntimideer. Ek sou sê Outlander is een ding, en drama is waar ek met teater vandaan kom, maar om op een dag teenoor Kate McKinnon van SNL, of Mila Kunis, te staan, was intimiderend. Ons het ons eie soort skedule met Outlander gehad. ’n Vinniger werkpas en teks. Ons moes by die tekste aanpas. Hier was dit anders. Met die eerste skoot het Mila aanmekaar gebabbel sonder dat sy voorbereid was. Ek het net gewag dat sy moet stop. Ek het gewonder wat gaan aan – dit was vir my ʼn reuse-leerkurwe. In daardie komedie-wêreld het hulle ’n ander manier van werk – hulle gooi idees bymekaar en verander gedurig aan die teks. Saam met daardie meisies was elke skoot anders – dit was baie pret om in ’n omgewing te werk waar jy meer vryheid het. En ek dink Susanna is die een wat hierdie soort omgewing geskep het sodat mense hul eie ding kon doen. Hulle weet waarmee hulle goed is. Gelukkig is my karakter die gewone vaal ou, maar dit was ook moeilik om die effe vervelige ou te wees en om nie saam te lag nie. En daardie meisies is so snaaks! Maar dit is hoe Sebastian is, ’n stywerige vaalseun van ’n spioen wat eintlik nie gemaklik is met situasies in die regte lewe nie. En aan die einde van die fliek het hulle hom geleer om ’n bietjie te laat gaan – hy kry nogal ’n bietjie van ’n houding so teen die einde.”

“Ek is so opgewonde dat ek weer kan terugkom … dis pragtig hier,” sê hy oor sy toekomstige besoek aan Suid-Afrika

As jy hom uitvra oor sy liefdeslewe, deel hy ’n waarheid waarmee ons almal identifiseer: sy werk hou uitdagings vir sy liefdeslewe in.

“Jou persoonlike lewe word een kant toe geskuif … Dis beslis iets wat ek met Outlander agtergekom het – en ja, ek het begin besef dat jy ook tyd vir jouself nodig het. Maar ek het heeltemal drooggemaak daarmee omdat ek hierdie pers-toer doen en hierna aan ’n ander fliek werk – en dan miskien nog een voor ek teruggaan na die Outlander-stel. Ek is erg besig, maar dis regtig opwindend en ek dink ek moet daarmee volhou terwyl my loopbaan nog warm is en ek dit geniet. Dit is lekker rolle.”

Die ergste wat sy hart al gebreek is? Hy het nie so ’n voorbeeld nie, maar vertel van ’n teleurstelling toe hy nog jonk was.

“Ek het ’n afspraak gehad en moes die meisie van alle plekke buite die Burger King ontmoet. Ek het vier uur gewag. Ek was 16. Ek het huis toe gegaan en haar pa vertel en hy het vir my gesê sy het by ’n ander Burger King laer af in die straat op my gewag!”

Sam het ’n seisoen van Outlander in Suid-Afrika geskiet, en is gretig om terug te kom vir nog ’n rolprent wat ook hier verfilm gaan word.

“Ek is so opgewonde dat ek weer kan terugkom”, sê hy met ware geesdrif. “Ek het so ’n heerlike ervaring gehad en die mense was besonders. Dis so ’n wonderlike land. Nie sonder sy probleme nie, maar so ongelooflik. Ek kan nie wag om terug te kom nie. Dis pragtig hier.”

Loer hier na Margaret se onderhoud met Sam Heughan:

Volg Margaret gerus op facebook en Instagram om op hoogte te bly met haar glansryke lewe.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck
Tags: blogs

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.