kategorieë: Ons menseBekendes

Marguerite van Eeden vertel ons van Vaselinetjie

Jy speel die rol van Helena “Vaselinetjie” Bosman in die gelyknamige film. Vertel ons meer van Vaselinetjie, die karakter en die rolprent.

Vaselinetjie (Helena Bosman) is ’n jong meisie wie se ma haar in die veld gelos het toe sy een dag oud was. ’n Oom en Tannie het haar toe opgetel en as hul eie grootgemaak. Sy word ge-bully op skool omdat sy anders lyk as die kinders daar. Die welsyn neem haar dan weg na ’n kinderhuis in Johannesburg waar sy die mooi en lelike kant van die lewe ervaar met die liefde van haar vriende en van Texan Kirby.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vaselinetjie is iemand wat op soek is na haar identiteit: sy dink omdat sy nie weet waar sy vandaan kom nie, gaan sy dit nooit kan vind nie. Die storie handel oor die feit dat jou omstandighede of jou verlede nie jou toekoms hoef te bepaal nie. Ook nie wie jy is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Is daar ooreenkomstes tussen jou en Vaselinetjie?

Daar is sekere ooreenkomstes tussen ons. Byvoorbeeld, ek weet ook nie altyd lekker wie ek is nie, en ek besef ook nie altyd dat ek nie eintlik hoef te weet nie. Maar dan op ander plekke verskil ons ook. Sy, glo ek, is baie meer ’n swaar karakter as ek – ek is wel swaar maar is ook ’n ligte mens.

Ek dink ons is meer dieselfde as wat ons verskillend is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Het jy die boek Vaselinetjie gelees en hoe het dit gevoel om die hoofrol te vertolk?

Die boeklees-deel is eintlik ’n lekker storie! Ek het vir Corné (van Rooyen, regisseur en draaiboekskrywer van Vaselinetjie) en René (van Rooyen, draaiboekskrywer van Vaselinetjie) ontmoet toe ek 15 was. Ek het ’n oudisie vir hul fliek Hollywood in my huis gaan doen by hulle flat in Observatory.

Daarna het ek hulle gaan stalk op hul production company se webpage, Red Letter Day Pictures, en gesien hulle is in pre-production van die fliek Vaselinetjie. My ma vat my toe Exclusive Books toe en ons koop die boek Vaselinetjie. Ek het vir my agent ge-mail en gevra om asseblief vir my ’n oudisie te kry. Susan Rabe (my agent) is so amazing en “op dit” dat sy 3 jaar later onthou het dat ek graag ’n oudisie wou hê en toe vir my een gekry.

Dit was ongelooflik om die rol te vertolk; ek het baie geleer en was bevoorreg om by van die bestes te leer (Corné en René van Rooyen, Adam Bental, Sharleen Surtie-Richards, Elzet Nel, Arno Greeff, Melita en Elani Dekker). Dit was ook ongelooflik verrykend maar ook op tye emosioneel en fisies moeilik.

Hoe het jy voorberei vir hierdie rol?

Ek het vir Vaselinetjie ’n lewe van haar eie geskep. In my kamer was daar oral foto’s en dinge wat my aan haar lewe laat dink het. Ek het elke dag dagboek gehou en ek het vir haar ’n musieklys op my foon geskep. Ek het baie keer gemaak asof sy in die vetrek was en ek het met haar gepraat, onderhoude gevoer en net gestap om op ’n maneir haar te leer ken asook om te sien hoe ek en sy verskil en anders reageer op situasies.

Wat was die lekkerste oomblik tydens produksie?

Om saam met Elzet Nel ’n hele maand te kon bly en om haar nou een van my beste vriendinne te noem. Om elke dag op te kon staan en te act en om saam met Corné en René te werk (hulle twee is werklik ongelooflik).

Hoe het jy gevoel toe Vaselinetjie as wenner aangewys is vir beste film by die 2017 Silwerskermfees?

Dit is ’n ongelooflike gevoel, en ek dink dit wys dat almal op Vaselinetjie hulself in ’n papie in gewerk het om die beste film saam te kon maak. Saam het almal iets create om ’n besonderse end product te kon maak. Niemand en niks het mekaar overshadow nie – als was gedoen vir die fliek.

Jy is ook aangewys as Beste Opkomende Aktrise. Wat beteken hierdie benoeming vir jou?

Dis altyd lekker om ’n prys te wen en erken te word, maar wanneer dit by acting-pryse kom moet ’n mens dit eintlik gee vir die mense teenoor wie jy speel. Dit was Elzet, Arno, Elani, Melita: hulle het die acting uit my gebring, ek kon van hulle af speel en ek kon vertrou dat wat ookal in ’n toneel gebeur, dit okay en fine sou wees.

Ek moet net vertel in die een toneel het ek en Arno so carried away geraak dat ek hom begin aanval het – en na die tyd was hy glad nie onsteld of kwaad vir my nie!

Hoe was die oudisie en hoe het jy gereageer toe jy hoor jy is gekies?

Ek wou nog altyd, vandat ek vir Corné en René ontmoet het, saam met hulle werk en van hulle af leer. Die oudisie was besonders lekker en Corné en René het hul bes gedoen om ’n mens op jou gemak te laat voel.

Hoe ek die rol gekry het is ook eintlik ’n lekker storie: ek kon dit nie glo nie!

Die storie verloop so: ek het klas geloop op Stellenbosch en Corné laat weet my hy gaan 8uur die oggend bel om te chat, maar ek het toe klas tot 10uur, so ek het sy oproep gemis. Hy sê toe hy bel 12uur, en toe 12uur kom sit hy in JHB traffic. Toe sé hy 1uur en ek sê ek kon nie toe nie want ek het ’n acting-klas gehad tot 3uur. Hy sê toe hy bel 3uur. Ek, Megan en Carli (my twee beste vriendinne) sit toe buite die Neelsie en wag vir die oproep. Typical ek gooi ek die foon rond toe dit lui en toe uiteindlik antwoord ek dit. Corné het omtrent eers 10 minute gepraat voor hy gesê het ek het die rol. Ek  het baie groot geskrik!

Vaselinetjie is jou eerste filmverskyning. Wat het jy uit hierdie ervaring geleer?

Om jouself nie te ernstig op te neem nie, dit te geniet, te act en dan die karakter by die werk te los en huis toe te gaan, ’n lekker shower te vang en te kuier en af te blaas by my ouers en vriende.

Waar kom jy vandaan en hoe het jy ’n aktrise geword?

Ek kom van die Kaap af maar ons het ses jaar in Botswana gebly. Ek was by die Hoër Meisieskool La Rochelle op koshuis en wou vandat ek kon onthou eintlik maar ’n aktrise word.

Ek wou een keer ’n dokter geword het omdat ek Grey’s Antatomy gekyk het, en toe wou ek ’n natuurbewaarder word omdat ek soos Angie van die sepie The Wild wou wees … Acting was maar nog altyd die konstante.

Is daar iemand spesiaal in jou lewe?

Ja! Daar is! Dis so lekker om die vraag te kan antwoord met ’n “ja.” (Sy lag). Sy naam is Danie du Toit: hy is besonders, hy bevind homself in ’n band (Spoegwolf), hy studeer nou voltyds aan sy Doktorsgraad en hy en sy broer maak ’n fine dining restaurant, Drum, in Stellenbosch oop. Hy is nie net my beste pêl nie maar inspireer my ook daagliks.

Jy hou baie van Pink Floyd. Van watter ander bands hou jy ook?

Hierdie is die lekkerste vraag ooit! Ek love Pink Floyd – dis my Pa se invloed. Ek het daarmee groot geword: my ouers en hul vriende wat van 11uur die aand in ons sitkamer sit en al hul gunstellingmusiek vir mekaar speel: Meat Loaf , REM, selfs Radio Kalahari Orkes. Ek hou ook baie van Bob Dylan en The National, danksy Danie. Maar my favourite band is so Afrikaanse band genaamd Spoegwolf …

Is daar enige toneelwerk waaraan jy nou werk?

Op die oomblik werk ek nou weer aan my karakter in Sara se Geheim, Anita. Andersins is ek en Danie besig om ’n paar dinge uit te probeer in die wêreld van flieks.

Wat lê nog vir jou voor?

Ek sal graag wil aanhou studeer en dalk ook ’n nagraadse graad kry in Geskiedenis. Ek wil ook graag aanhou speel in films en dalk my eie stories begin vertel. Andersins bevind ek myself op die oomblik in Stellenbosch se biblioteek, besig om vir ’n toets te leer, of met my vriende in Jonkershoek te ry en koffie te drink.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.