kategorieë: TrendsMode

Bekendes met hul eie modereekse

Katy Perry

Die sangeres Katy Perry het vroeër vanjaar ’n skoenreeks, Katy Perry, bekendgestel. Sy beskryf die ontwerpe as ’n voorstelling van haar lewenservaringe en pittige persoonklikheid en onderskei style tussen Tribe, Granma’s Closet, Holiday, Nocturnal en so meer. Volgens Katy beklemtoon haar ontwerpe die belangrikheid van detail en hoe dit ’n eenvoudige silhoeët kan optower.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Besoek Katy Perry se webblad vir meer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jessica Simpson

Jessica Simpson het nadat sy geboorte geskenk het die swangerskapreeks, Motherhood Maternity, begin. Hierdie reeks bestaan uit ’n verskeidenheid van swem- oefen- en onderklere, bra’s, slaapklere en skoonheidsprodukte gepas vir ’n nuwe ma. Die reeks mik om swangerskap-drag modieus en vleiend te laat lyk terwyl dit steeds gemak en funksionaliteit bied.

Besoek Motherhood Maternity vir nog

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Victoria Beckham

Victoria Beckam is bekend op menigde platforms, maar haar liefde vir mode het die afgelope paar jaer die voorgrond geneem. Haar nuutste ready-to-wear-reeks het verlede week op New York-modeweek se loopplanke gepronk. Victoria is gereeld in van haar eie ontwerpe te sien en het al erken dat haar man, David Beckham, en kinders soms kommentaar op haar uitrustings lewer wat bydra tot sekere elemente in haar reekse. Haar styl word deur tydskrifte soos Vogue en ander bekende ontwerpers as “Posh” beskryf – toevallig?

Besoek Victoria Beckham se webblad vir nog

Kendall en Kylie Jenner

Die werklikheidsterre, Kendall en Kylie Jenner, het onlangs hul eie reeks uitgebring buiten die feit dat die Kardashians-handelsnaam reeds regoor Hollywood se winkels te sien is. Hulle reeks vang die essensie van die hedendaagse jong modeliefhebber vas – iemand selfversekerd, stylvol, modieus en doelgerig. Dié reeks het in 2015 behoorlik vlamgevat na hulle in samewerking met Topshop ’n versameling Kaliforniese-style bekendgestel het.

Besoek hul webblad vir nog

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.