kategorieë: Ons menseBekendes

Nuwe babas en Ooievaarstees

Vanoggend, omtrent ’n week nadat Karlien van Jaarsveld van haar swangerskap-foto’s op Instagram gedeel het, het sy en haar man, die rugbyspeler Joe Breytenbach, die naam van hul baba onthul. Haar tweelingseuns, Daniël en Eliah (wie se pa Derick Hougaard is) gaan ’n sussie bykry en haar naam sal Elah wees (volgens Karlien se Instagram en twitter-verduidelikings word dit as “êlla” uitgespreek).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Karlien het haar tweeling se name uit die Bybel gekry, en “Elah” volg hierdie patroon. Volgens Karlien se verduideliking op sosiale media, het sy die naam as volg gekry: “Dit was die PLEK waar Saul en die Isrealiete weggekruip het, onder die Terebinte Bome in Elah, en dan waar Dawid uiteindelik vir Goliat verslaan het. Dis ’n skuilplek. Mag jy jou reus verslaan en jy ONTHOU wie jy was voor die grondlegging van die wêreld, en met Christus beklee word in Sy geregtigheid,” het sy op ’n Instagram-inskrywing geskryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy het ook ’n gedig vir haar ongebore dogter op hierdie platform geskryf:

Waarheen sal die wind en wolke gaan
Sonder die stem van God
Wie sal op die uithoek van die aarde staan
En roep keer terug vanwaar ek jou geplant het jy soek soek en vind niks
Ek roep roep in jou binneste in
Hoor My vandag as ek jou naam noem
Elah, my terebint, geregtigheid sal die son laat skyn en die takke bloei
Staan jy op na waar Ek roep jou tuiste in die eden plek, jy hoor, jy stap, jy vind jou weg. Let op hierdie een van My sy het haar skuilplek, vanuit die ooste verkry geroep deur die Ware Geluid, Genoem terebinte van geregtigheid.
Liefde
Mamma
Jes 61:3

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy het verder foto’s op twitter, facebook en Instagram gedeel van haar Ooievaarstee wat by die Kievitskroon-landgoed gehou is.

Rozanne McKenzie en haar man, die klassieke musikant Chris Bishop, het die week hul tweede baba verwelkom. Dis ’n kleinsussie vir haar ouer broetie, James, en haar naam is Fallon Ann McKenzie Bishop.

Serena Williams het vroeër in Mei ’n Ooievaarstee met ’n 1950s-tema gehou. Die babatjie, ’n dogtertjie genaamd Alexis Olympia, is onlangs gebore.

Lees ook ons storie van bekendes as kinders

Hier is foto’s van Zetske van Pletzen en Candice Swanepoel se Ooievaarsteepartytjies.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.