kategorieë: OuerskapJou lewe

Matriekleerders: bly net kalm!

As jou rekord-eksamensimbole swakker was as wat jy (of jou ouers ) verwag het, hoef jy nie alle hoop te laat vaar nie. Daar is nog tyd om die situasie voor die finale matriekeksamen te beredder, sê dr. Gillian Mooney, dekaan van Akademiese Ontwikkeling en Steun aan The Independent Institute of Education (The IIE).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Onthou dat ’n rekordeksamen ’n proeflopie is vir die eindeksamen en dat die moeilikheidsgraad baie keer ’n bietjie hoër is as in die finale eksamen. Die doel is juis om leerders ’n wake-up call te gee. Dis waar dat die tyd min is, maar om paniekerig te raak, vererger net die situasie. Fokus eerstens op ’n kalm benadering en neem tweedens beheer van jou voorbereiding vir die eindeksamen.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Volgens dr. Mooney kan die volgende stappe ’n swak prestasie in ’n goeie een help omskep, en ’n gemiddelde prestasie in ’n uitstekende uitkoms.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Pas jou studierooster aan

Die rekordeksamen het jou ’n goeie aanduiding gegee van hoeveel tyd jy nodig het om vir elke vak voor te berei. Gebruik hierdie insig om ’n doeltreffende rooster op te trek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk waar jy tyd kan bespaar of skep, en gebruik dit vir een of twee ure se ekstra studie elke dag. Elke bietjie help! Die tyd wat jy aan ’n ou matriekvraestel bestee, gee dalk net die deurslag sodat jy aanvaar word vir die kursus wat jy volgende jaar wil loop.

Dis uiters belangrik om getrou by jou rooster te hou. Moenie dit herstruktureer of swotsessies uitstel nie. Jy het NOU die tyd om ’n positiewe verandering te maak.

Vind alternatiewe studiemetodes en inspirasie

As jy ruimte laat vir ’n fliek Vrydagaand, hoekom kyk jy nie na ’n fliek wat oor ’n voorgeskrewe werk handel nie? Jy benader die werk uit ’n ander hoek en kry groter begrip daarvoor.

Vir ander vakke kan jy TED talks opspoor, veral oor onderwerpe wat jy ’n uitdaging vind. Dit mag nie net beter begrip nie, maar ook jou inspirasievlakke bevorder.

Onthou ’n rekordeksamen is ’n proeflopie vir die eindeksamen endie moeilikheidsgraad is baie keer hoë

Kry ’n private onderwyser

Dis nog nie te laat om iemand te vind wat jou kan help om jou frustrerendste vakke te bemeester nie. Dalk is daar ’n afgetrede onderwyser of iemand wat onlangs gegradueer het in jou omgewing, of doen navraag by jou skool. Onderwysers se benadering verskil, en iemand anders kan jou nuut na die vak laat kyk.

Gebruik jou voorgenome tersiêre inrigting se hulpbronne

Dis om’t ewe of jy by ’n openbare universiteit of ’n private hoër onderwysinstansie wil gaan studeer; enige instelling wat sy sout werd is, behoort jou met leiding en hulpbronne te kan help. Studenteberaders sal jou byvoorbeeld kan inlig hoe jou huidige prestasies jou toekomstige opsies raak, of watter ingreep jou kan help om volgende jaar jou gekose kursus te kan loop. Daar behoort ook bronne soos vorige jare se vraestelle beskikbaar te wees.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.