kategorieë: Ontspanning

Dis Roald Dahl-dag

Boekwurms en storieliefhebbers – hier is goeie nuus!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vandag, 13 September 2017, is die outeur Roald Dahl se verjaarsdag en regoor die wêreld word dit gevier. Of jy nou sy donker komedies vir volwassenes verkies, of sy verbeeldingryke kinderverhale, is hierdie die ideale geleentheid om vanaand weer een van sy boeke op te tel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Regoor die Verenigde Koninkryk is kinders (en groot kinders) aangemoedig om as hul gunsteling- Dahl-karakters aan te trek. Daar is lego-standbeelde wat onthul is, en as jy #RoaldDahlDay as hutsmerk op twitter gebruik, sal jy ’n spesiale Charlie and the Cholocate Factory-emoji ontvang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Tussen 14h00 en 14h30 vandag sal Puffin books ’n livestream video vrystel wat handel oor Dahl se laaste kinderboek, sy storieboekkarakters, en ’n onderhoud met illustreerder Quentin Blake insluit.

As jy boekwurmkinders het kan jy selfs ’n gratis aktiwiteitsboekie aflaai wat hulle besig sal hou.

Verlede jaar, tydens Dahl se 100ste verjaarsdagherdenking, het die Britse mode-handelsmerk ’n klerereeks vir kinders uitgereik wat geïnspireer is deur Dahl se kinderboeke.

Wie is Roald Dahl?

Roald Dahl is gebore op 13 September 1916 in Wallis. Hy is daar grootgemaak en het na skool by Shell in Oos-Afrika begin werk. Hy was tydens WOII ’n vegvlieënier in Noord-Afrika totdat hy verongeluk het. Hy het daarna as intelligensie-offisier gewerk en in hierdie tydperk begin skryf aan boeke vir kinders en volwassenes, asook kortverhale. Hy is op 23 November 1990 oorlede aan ’n skaarse vorm van bloedkanker. Daar is reeds meer as 250 miljoen kopiëe van sy boeke wêreldwyd verkoop. Hy is in 2008 16de geplaas op The Times se lys van 50 beste Britse skrywers sedert 1945.

Die vraag bly staan – as watter karakter sou jy vandag aangetrek het?

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.