kategorieë: LeesOntspanning

20 vrae aan die skrywer Leon de Villiers

Het jy van kleins af in skryf belanggestel?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ja. Ek dink vandat ek begin lees het, wou ek ook skryf. Ek het van vroeg af geweet ek gaan boeke skryf, maar nie besef dit sou eers dekades later realiseer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vertel die een en ander oor jouself as kind, en as tiener.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek was een van vier seuns in ’n groot familie van baie neefs en niggies, so daar was ’n voortdurende wisselwerking tussen kop in die wolke/boeke en die woelende werklikheid van saamdoen en speel. Dit was ’n baie nodige balans vir ’n kind soos ek.

Wat het jy geswot?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek het onderwys en staatswetenskappe studeer.

Beroepsgewys het jy verskeie posisies beklee. Watter ervaringe het jou gevorm, veral met die oog op skryfwerk?

Die onderwys is ’n wonderlike agtergrond indien jy kinder- en jeugboeke wil skryf. Dit is egter nie verpligtend nie. Enigiets wat jou verbeelding soepel hou, help.

Skryf jy voltyds? Is jy ook besig met ander aktiwiteite?

Maak ek my tyd vol met skryf? Nee, maar ek dink wel ek spandeer die grootste deel van my tyd aan woorde en idees en die gevoelens wat daarmee saamgaan. Soms spoel dit oor in boeke en soms spoel dit oor in handewerk (kunspogings) en baie keer gesprekke en kuiers met ander mense. Alles ewe belangrik.

Ek dink menswees is dieselfde vir alle ouderdomme

Wat gee jou plesier?

Skep, kuier en in die natuur wees. Of ’n kombinasie daarvan.

Wat is vir jou kosbaar?

Wanneer die tydlose in die tydelike sigbaar word.

Jy het al boeke geskryf vir alle ouderdomme, van kleuters tot jong volwassenes. Hoe kry jy dit reg om jou in soveel stadiums van die lewe in te leef?

Ek dink menswees is dieselfde vir alle ouderdomme. Tog, almal begin jonk, maar nie almal eindig oud nie. Ek vind die eerste fases van menswees dus besonder fassinerend, want ons ervarings daar bepaal soveel van hoe ons die res van die reis gaan beleef. Verder is die kind in my ’n lewendige deel van my eie menswees. Dit help.

Jou boek Die Pro is in 2015 verfilm. Hoe voel dit om jou skryfwerk in fliekvorm te sien?

Eers effens skrikwekkend, en dan word ’n mens net uiters dankbaar dat jou storie vir ander mense soveel beteken het dat hulle dit in ’n nuwe medium wil oorvertel. Die skrikwekkende deel is maar net die skok om dit wat binne in jou was so skielik buite jouself te sien.

Jou jongste boek, Pad-van-die-maan, is ’n aangrypende leeservaring, maar moeilik om te omskryf. Hoe sou jy die boek beskryf?

Die storie gaan oor een van die grootste misdade in die mensdom, naamlik waar ’n kind opdaag in die lewe en ander mense daardie kind nie wil aanvaar vir wie hy/sy is nie, en dan so ’n kind se menswees probeer verwring en vermink om by hulle behoeftes in te pas. Die ironie is gewoonlik dat dit juis die andersheid van so ’n mens is wat hulle gift, hulle geskenk, aan dié om hulle is. Pad-van-die-maan vertel so ’n kind se verhaal teen die agtergrond van ’n ou Afrika-kultuur.

Op watter lesers en watter ouderdomme is Pad-van-die-maan gerig?

Ek dink dat ernstige lesers, tieners en volwasse, dit sal kan lees. Ek vermoed dit is een van daardie boeke wat jou óf algeheel koud sal laat, óf sal meesleur.

Die leefwêreld van die hoofkarakter, Asjiwê, is ligjare ver van ons hedendaagse stedelike, tegnologiese omgewing verwyder. Dit voel soos ’n vroeër tyd in die geskiedenis, toe mense letterlik na aan die aarde geleef het. Hoe het jy daarin geslaag om ’n boek in hierdie natuurwêreld te laat afspeel asof jy self so geleef het?

Sjoe, moeilike vraag. Ek is self nie seker nie. Vermoedelik het ek dit iewers uit die kollektiewe onderbewussyn gaan haal. Ek weet wel ek moes baie stil word en baie diep in myself ingaan met die skryf van die boek.

Het jy ’n agtergrond in volkekunde of antropologie wat jou gehelp het om die leefwêreld in Pad-van-die-maan te skep?

Ek love geskiedenis en argeologie en alhoewel ek nie argeologie studeer het nie, was ek al gelukkig genoeg om saam met argeoloë hier in Suid-Afrika in die veld te wees. Hopelik het daar ietsie ingesink uit dié belewenisse. Joseph Campbell se werke was ook ’n groot inspirasie.

“Pad-van-die-maan” gaan oor een van die grootste misdade in die mensdom, naamlik waar ’n kind opdaag in die lewe en ander mense daardie kind nie wil aanvaar vir wie hy/sy is nie

Hoe sou jy jou diep band met die natuur verwoord?

Die magic van menswees lê vir my tot ’n groot mate in ’n bewuswording van menswees midde in die natuur. Daar is vir my ’n geweldige energie en misterie in die natuur. Of jy na ’n fossiel kyk en of jy na ’n boom kyk, wanneer jy dit sien vir wat dit werklik is en wat dit verteenwoordig, kan jy nie anders as om ’n baie diep verwondering (en vreugde) te beleef nie.

En die verbintenis tussen mens en dier?

Die mens is ’n dier en dit is geen belediging nie. Dit maak die rykdom van wie ons is en waar ons ons bevind net soveel groter. Ons is ’n garingdraadjie in ’n wonderlike tapisserie. Hoe jammer dat soveel mense nie belangstel om die boek van die lewe om ons te lees nie. Vir my is dit net so belangrik as enige mensgeskrewe boek.

Jy het ’n besonderse vermoë om karakters te skep, en jy beskryf die “slegte” in elkeen sowel as die “goeie”. Waar kry jy jou insig in menswees?

’n Mens kan net uit jou eie menswees skryf. Die vraag is dus hoe bereid jy is om eerlik deur jou eie innerlike landskappe te reis. Tog, hoe sal ’n mens ooit werklik jouself kan leer ken as dit nie vir jou in die mense om jou weerspieël word nie?

Wil jy iets sê oor die name in Pad-van-die-maan?

Die name kom uit verskeie Afrika-kulture. Ek het dit doelbewus so gekies omdat ek die storie nie aan een spesifieke Afrika-kultuur wou koppel nie. Na alles is alle mense op aarde kinders van Afrika. Óns mag dit vergeet het, maar ons gene het nie.

Saam met die vrystelling van Pad-van-die-maan het die bekendmaking van jou blog, Die hart is die meester. Woorde van Aleoander, gekom. Wat is die verband tussen die twee?

Pad-van-die-maan het my baie bewus van my eie gesprek met my onderbewuste gemaak. Daardie gesprek het my dieper gedwing en laat besef hoe min ek nou eintlik weet. My vrae het tot ’n droom gelei het waarin ek duidelik die woorde gehoor het: Die hart is die meester. Ek het die woorde ernstig opgeneem en so het ’n nuwe reis begin. Die blog (gaan kyk of teken in by leondevilliersskry.wixsite.com/leondevilliers ) is venstertjies op daardie reis.

’n Voorbeeld uit Leon se blog “Die hart is die meester: Woorde van Aleoander”

Wie is Aleoander?

Aleoander is my naam vir my innerlike gids op hierdie ontdekkingstog van die hart.

Pad-van-die-maan as e-boek is by Kobo beskikbaar teen R165 en die boek is beskikbaar by Groep-7 uitgewers teen R180.

Bestellings en meer inligting by leondevilliersskry.wixsite.com/leondevilliers

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

11 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

1 day Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.