Foto: Twitter (@mayemusk)
Maye Musk (69) is nie net die ma van die miljardêr-entrepreneur Elon Musk (Tesla) nie. Of ouma van 10 kleinkinders nie. Of ’n dieetkundige nie. Sy is ook ’n model en het pas die eerste ouer vrou geword om die ‘gesig’ van die skoonheidshuis CoverGirl te wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }A post shared by Maye Musk (@mayemusk) on
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }CoverGirl het vanjaar hul handelsmerkambassadeurs uitgebrei met ’n paar ander eerstes: Maye Musk, die eerste ouer ambassadeur, James Charles, die eerste manlike ambassadeur, en Nura Afia, die eerste ambassadeur wat hijab dra. Hulle sluit aan by ’n rits bekendes wat as dié handelsmerk verteenwoordig, insluitend Katy Perry.
Maye het op die ouderdom van 15 modelwerk begin doen en het selfs in 1969 deelgeneem aan die Mej. SA-kompetisie. Sy is oorspronklik Kanadees maar het in Suid-Afrika grootgeword en eers teruggetrek Kanada toe nadat Elon, haar oudste kind, daar begin studeer het. Sy noem in onderhoude dat sy steeds modelwerk gedoen het, maar omdat sy vroeg kinders gehad het, moes sy dit deeltyds doen. Sy het onlangs al hoe gewilder begin word en al op voorblaaie van tydskrifte soos ELLE Canada, TIME en New York Magazine verskyn. Sy was in die Haunted-musiekvideo van Beyoncé én sy was al in advertensies vir handelsmerke soos Special K, Virgin America en Revlon. Sy was hierdie jaar ook deel van die New York-modeweek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.