kategorieë: VegetariesKos

Mediterreense groentetert

genoeg vir 1 groot tert (6-8 mense)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tertdeeg
• 200 g polenta
• 100 g botter
• 50 g parmesaankaas
• hand vol pietersielie, fyngekap
• hand vol orego, fyngekap
• 2,5 ml (½ t) sout
• 2,5 ml (½ t) bakpoeier
• 1 eier, geklits
• 150 g gekookte koue aartappels, fyngemaak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vulsel
• 45 ml (3 e) olyfolie
• 250 g kersietamaties
• 5 klein of 2 groot eiervrugte, in kwarte gesny
• 3 eiers
• 180 ml (¾ k) room
• 125 g bloukaas, gekrummel of camembertkaas, gesny, indien jy nie van bloukaas hou nie
• 2 takkies tiemie, blaartjies van die takkies afgestroop
• hand vol pietersielie, fyngekap
• hand vol basiliekruid

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Sproei ’n 21 cm x 21 cm-riffelpan met kossproei.
2 Verwerk die polenta, botter, parmesaankaas, pietersielie, orego, sout en bakpoeier tot krummelrig. Voeg die eier en aartappels by en verwerk totdat dit ’n deeg vorm.
3 Rol die deeg tussen 2 velle bakpapier tot 10 mm uit. Sit vir 30 min. in die yskas.
4 Sit intussen die kersietamaties op ’n oondpan, sprinkel 15 ml olyfolie oor en geur met sout en swartpeper. Rooster vir 20-25 min. of totdat die velle begin oopbars. Haal uit.
5 Voer die voorbereide pan met die deeg uit. Bak die terkors blind.
6 Verhit die oorblywende olyfolie in ’n braaipan oor matige hitte. Braai die eiervrug daarin vir 2 min. aan elke kant of tot goudkleurig. Haal uit.
7 Vul die tertkors met die eiervrugte en tamaties.
8 Klits die eiers, room, bloukaas, tiemie en pietersielie in ’n mengbak. Gooi die mengsel oor die tert.
9 Bak vir 25-30 min. of tot goudkleurig. Dien met vars basiliekruidblare op.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.