kategorieë: HareSkoonheid

Jy kan jou eie haarmasker maak

Beskadigde en droë hare

Klapperolie is ’n fantastiese, liggewig bevogtiger vir jou hare. Meng met olyfolie om jou hare te voed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Metode: Meng 2 koppies klapperolie met 1 koppie olyfolie. Meng goed en smeer aan jou hare, veral aan die punte. Draai jou hare in ’n bolla bo-op jou kop, bedek met ’n stortkappie en laat rus vir 15-30 minute (afhangende van hoe beskadig jou hare is.) Spoel jou hare goed af en was soos gewoonlik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Versterkingsbehandeling

Rou eier is ’n kragtige voedselsoort. Dit is ryk in vette en proteïene en dis ’n natuurlike hidreerder. Weens die hoë gehalte van ensieme, verwyder eier ook ongewenste olies en versterk dit jou hare. Vir normale hare, gebruik die hele eier. Vir olierige hare, gebruik net die wit; en vir ’n droë of bros hare, gebruik net die eiergeel.

Metode: Klits ½ koppie eier liggies en smeer aan skoon, klam hare. As daar nie genoeg eier is om die kopvel en hare te bedek nie, gebruik meer eier. Hou die mengsel vir 20 minute aan. Spoel met koue water en sjampoe die hare. Gebruik maandeliks vir goeie resultate.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dowwe hare

Oormatige gebruik van stileringsprodukte asook blootstelling aan lugbesoedeling kan ’n film op die hare laat wat vog uitdroog en natuurlike glans verwyder. Suiwelprodukte soos suurroom en gewone jogurt bevat melksuur wat vuilheid liggies afstroop, die hare hidreer asook die skade behandel.

Metode: Masseer ½ koppie suurroom of gewone jogurt deur klam hare en laat rus vir 20 minute. Spoel af met warm water, gevolg deur koel water. Sjampoe soos normaalweg. Vir goeie resultate, behandel jou hare elke tweede week op hierdie manier.

Produk-opbouende hare

Te veel produkte wat op die hare begin opbou, kan met koeksoda behandel word. Die natriumbikarbonaat breek alle suur af. Wend dit aan in ’n pasta-vorm. Dit sal produk-opbou voorkom.

Metode: Meng 2 eetlepels koeksoda met klein hoeveelhede water tot ’n dik pasta begin vorm. Masseer in klam hare en laat rus vir 15 minute. Spoel hare met water af en sjampoe daarna. Behandeling kan elke twee weke toegepas word.

Lees ook: Ons 10 beste haarwenke

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.