kategorieë: Ons menseBekendes

Mej. Heelal 2017 kom kuier by die huis

Demi-Leigh Nel-Peters, Mej. Heelal 2017, keer eersdaags terug na Suid-Afrika vir amptelike feesvieringe rakende dié titel. Sy sal op 24 Januarie 2018 vir die eerste keer in SA wees sedert sy op 26 November 2017 in Las Vegas, Nevada as Mej. Heelal gekroon is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook meer oor Demi-Leigh se groot oomblik hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Demi-Leigh het haar stempel in die geskiedenisboeke afgedruk toe sy die tweede Suid-Afrikaner geword het om hierdie gesogte titel te verower. Die eerste Suid-Afrikaner wat hierdie kroon gedra het, was rooi rose se eie Hollywood-korrespondent Margaret Gardiner wat in 1978 gewen het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kyk hier na die video’s van die oomblikke waarin Demi-Leigh en Margaret gekroon is

Lees ons “Margaret uit Hollywood“-artikels hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As die 66ste Mej. Heelal-wenner sal Demi-Leigh op ’n week lange feesvieringstoer deur Suid-Afrika reis waar sy onder meer Johannesburg, Kaapstad, en haar tuisdorp Sedgefield sal besoek.

As deel van haar Mej.Heelal-werk, sal Demi-Leigh fokus op die bemagtiging van vroue regoor die wêreld met haar Unbreakable-veldtog. Hierdie is ’n inisiatief wat sy voorheen reeds in SA geskep het waar sy met selfverdedigingskenners saamgespan het om vroue op te lei, in te lig en te bemagtig oor hoe om  moeilike situasies te hanteer, onder meer verskeie vorms van aanranding, toksiese verhoudings en seksuele teistering.

Tydens haar SA-toer sal sy Unbreakable-werkswinkels aanbied in beide Soweto en Kaapstad. Sy sal ook weer by die slagoffers van die Knysna-brande uitkom wat ook ontvangers was van die fondse wat sy in 2017 ingesamel het.

Lees ook: Knysna, hoe sê ’n mens dankie?

Lees ook meer oor Demi-Leigh se Unbreakable-veldtog

Demi-Leigh sê sy is baie opgewonde om huis toe te kom: “Ek kan nie begin om my dankbaarheid en trots uit te druk dat ek ons land as Mej. Heelal kan verteenwoordig nie. Om ’n globale ambassadeur te wees, is so veel ’n verantwoordelikheid as wat dit ’n eer is. Ons nasie is ’n samestelling van baie verskillende agtergronde en kulture – een van baie redes waarom ek trots is om ’n Suid-Afrikaner te wees. Ek is baie opgewonde om hierdie prestasie te vier met my mense in die egte Mzansi-gees.”

Haar warrelwindtoer sluit in amptelike verwelkomingseremonies by beide die OR Tambo-lughawe en Kaapstad Internasionaal; ’n straatparade in Sedgefield; ’n byeenkoms by Suid-Afrika se mees glansryke perdewedren, die Sun Met; sowel as om bekendes en vorige Mej. Suid-Afrika-titeldraers by Cell C se hoofkantore te ontmoet.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.