kategorieë: InspirasieJou lewe

Menopouse: sit my in die yskas!

Deur Mariette Snyman. Foto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dr. Christiane Northrup, ginekoloog en topverkoperskrywer van boeke oor vrouegesondheid en -geluk, beveel in Goddesses Never Age (Hay House, 2015) en The Wisdom of Menopause Journal (Hay House, 2007) die volgende aan indien hormoonvervangingsterapie deur ’n kundige op grond van ’n hormoonprofiel nie die gewensde uitwerking het nie.

  • Wanneer jy ’n gloed voel aankom, maak jou oë toe en visualiseer iets koels, soos dat jy in ’n igloe sit (dit kan jy minstens in die openbaar doen!)
  • Skil een laag van jou klere af en staan voor ’n waaier.
  • Koop ’n Chillow Pillow (google dit). Jy vul dit met water en sit dit in ’n kussingsloop waar dit die heel nag lank koel bly.
  • Navorsingsresultate wys sekere vorme van meditasie verminder gloede weens ’n afname in die streshormone wat tot die gloede bydra. ’n Aanbevole vorm van meditasie wat hiermee help is een waartydens jy jou oë toemaak en ’n mantra (soos “vrede”, “asem in”, of “asem uit”) bly herhaal, 20 minute op ’n slag.
  • Alkohol, soos ander vorms van suiker, kan gloede aanhelp of selfs veroorsaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Algemene raad  vir simptome

  • Spits jou elke dag toe op plesier en pret – die onskadelike soort, natuurlik! Baie van ons voel skuldig as ons op plesier fokus. Ons is geleer dis goed om swaar te kry. Dit kan help as jy die volgende voltooi:

Ek kan my lewe op ’n gereelde basis met pret en plesier verryk op minstens die volgende vyf maniere …

(#rooirosewenk: vreugdes wat jy kan sien, hoor, ruik, voel of proe, en hartverwarmende maniere om met mense, diere of die aarde te konnekteer kan jou kop aan die gang kry.)

  • Sluit proteïne by elke maaltyd of versnapering in
  • Vermy kaffeïen
  • Vermy vas- of ander reinigingsprosedures
  • Vermy of verminder verfynde koolhidrate drasties
  • Kry snags agt tot tien ure slaap
  • Doen gereeld ligte tot matige oefening, maar nie soveel dat jy pê voel nie
  • Kry drie tot vier keer per week ’n dosis sonlig: vroeg soggens of laat middag (nie oor die warm middagure nie). Werk geleidelik op tot 10 of 15 minute per keer.
  • Eet jy kos wat met vars bestanddele – en met liefde – voorberei word?

Visualiseer iets koels, soos dat jy in ’n igloe sit

Volg die 80/20 reël: minstens 80% van wat jy eet moet natuurlik, heel, vars en onverwerk wees. Dink aan maer proteïne, gesonde omega 3-vette, baie vrugte en groente, eiers, neute en sade. Ongeveer een uit elke drie middeljarige vroue is sensitief vir gluten en moet koring vermy. Die ander 20% van jou kos kan sjokolade en, af en toe, aartappelskyfies insluit. Om jou kos goed te verteer moet jy dit met oorgawe geniet en met liefde eet – in goeie geselskap!

Dis beter om porsies te verminder as om kalorieë te tel. Fokus eenvouding daarop om kleiner hoeveelhede kos van die beste kwaliteit beskikbaar te eet. Hou jou hande soos ’n koppie voor jou. Dis die grootte van jou maag se kapasiteit. Eet niks meer as dit per maaltyd of peuselkans nie.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.