Suid-Afrikaanse wynbedryf pronk by dié wynskou

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Altesaam 417 uitstallers, wat die hele Suid-Afrikaanse wynbedryf verteenwoordige het, het nie net hul wyne te proe aangebied nie, maar ook hul voortgesette toewyding tot volhoubaarheid met die planeet, mense en voorspoed as drie kernpilare, ten toon gestel. Hoewel die toekoms van die wynbedryf van groot belang is, is daar ook hulde gebring aan Suid-Afrika se 363 jaar wynmaak-geskiedenis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Elke element van CapeWine is noukeurig saamgestel om te verseker dat die mees volhoubare praktyke gevolg word met herwinbare stalletjies, minimale afval en -koolstof-vrystelling en volhoubare verpakking. Produsente is geïnspireer om hul individuele stories van hul volhoubaarheidsreise te vertel.

Die wynskou is die grootste van sy soort in Afrika en ’n trotse toonbeeld van die sukses van die Suid-Afrikaanse wynbedryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Berenike Knierim van The High Road wyne op Stellenbosch staan trots langs hul 95 punt sertifikaat van die Britste wynskrywer, Tim Atkin.
Sommige stalletjies was moeilik om te mis, want die liggies en kleure het jou van regoor die reuse saal gelok.
Die span van Chamonix in Franschhoek is van links Bernard Dewey, bemarkingsbestuurder, Niel Bruwer, wynmaker en Stefan van Rooyen, direkteur.

Glase is ongeveer vier keer geroteer, wat beteken ongeveer 32 000 eenhede is gebruik en ongeveer 26 400 bottels wyn – ter waarde van R6 miljoen – is oor die drie dae na die skou gestuur om te proe. Volgens vennote Waste(Planet) is ongeveer 7 ton wynbottels geskink en toe herwin; 2 ton waterbottels; 6,5 ton algemene afval; meer as 4 500 maaltye is bedien en byna 4 000 koppies koffie het uitstallers aan die gang gehou. ’n Bykomende 160 ondersteuningspersoneel het in die saal gehelp, wat leerlingsjefs van School of Skills, kelners, glaswassers, baristas en algemene helpers ingesluit het.

Die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting se stalletjie was ’n mooi verteenwoordiging van Suid-Afrika se internasionaal-bekroonde brandewyne en het baie belangstelling gelok. Christelle Reade-Jean, bestuurder van die stigting, met ’n glasie van haar gunsteling. more
Die Amerikaans-gebore Samantha O’Keefe, woon sedert 2000 in Suid-Afrika en het in 2003 haar eie wynkelder, Lismore Landgoed gestig en skink van haar Pinot Noir vir gaste. Haar proelokaal is in die skilderagtige Bolandse dorpie, Greyton, geleë. more

Siobhan Thompson, uitvoerende hoof van Wines of South Africa (WoSA), sê: “CapeWine2022 was ’n wonderlike viering van ons kwaliteit wyne, met ’n spesiale fokus op die volhoubaarheid van ons wynlande, mense en besighede. Die resultaat van hierdie reuse-projek het ons verwagtinge oortref met besoekers van alle uithoeke van die wêreld. Die energie en opgewondenheid in die saal oor die drie dae was ’n bewys van die harde werk wat deur al die produsente gedoen is, om wyne te skep wat die lewenskragtigheid van ons nasie verteenwoordig.”

Sy het voorts gesê dat sy hoop dat al die internasionale agente huiswaarts keer met hernieude entoesiasme oor die Suid-Afrikaanse wynbedryf en die media sal aanhou om die bedryf te loof vir sy posisionering as ’n groot rolspeler in die internasionale wynmark.

António Amorim (regs), president van die Portuguese kurkmaatskappy, Amorim, die grootste kurkverskaffer aan die internasionale wynbedryf, was een van die gassprekers wat elke wêreldburger se plig om sy deel te doen om ’n volhoubare planeet vir almal te verseker. By hom staan Joaquim Sá, HUB van Amorim Cork Suid-Afrika. more
Al die pad van die Klein Karoo, is die span van Boplaas Familiewingerde en The Fledge & Company, van links Leon Coetzee (wynmaker The Fledge), Margaux Nel (wynmaker Boplaas) en Rozanne Nel (bemarkingsbestuurder Boplaas). more

In haar toespraak om besoekers op die eerste oggend van CapeWine 2022 te verwelkom, het Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, opgemerk: “Die wynbedryf is een van die opwindende bedrywe van ons landbousektor, met duidelike en groeiende resultate van transformasie, beide op geslag en ras.”

Jolene Janse van Rensburg, bestuurder Swartland Wynroete, staan by hul uitstalling in die spesiale afdeling waar wynroetes verskillende oesjare, -wynmaakstyle of oesjare te proe kon aanbied.
Die Constantia Wynroete se lede het almal bymekaar hul stalletjies opgeslaan.
Groot Phesantekraal op die Durbanville Wynroete se wyne is yskoud en gereed vir proe.

’n Paar interessante statistieke oor die SA wynbedryf in 2021:

  • ’n Totaal van 1,46 miljoen ton druiwe is gepars; 1133 miljoen liter wyn gemaak en wyn ter waarde van R27,2 miljoen is verkoop.
  • Altesaam 19 miljoen glase Suid-Afrikaanse wyne word daagliks regoor die wêreld geniet.
  • Uitvoere het 50.1 persent van totale produksie beloop en was 411 miljoen liter ter waarde van R10,3 bijoen. Plaaslike verkope se 49,9 persent was 392,9 miljoen liter ter waarde van R16,9 biljoen.

Een van die seminare en spesialis-wynproeë wat aangebied is, is deur die Old Vine Project (OVP) aangebied. Hier skink Andre Morgenthal, bestuurder van die projek, van die raar wyne uit wingerde ouer as 35 jaar.

Lees ook: Ontdekkingsdag gee gaste intieme kykie na Van Loveren

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.