Die sanger Michael Bublé en BBC One het saamgespan om ’n poets op sy aanhangers te bak. Bublé, wat ’n Suid-Afrikaanse vriend het, het hierdie aksent probeer namaak en homself vermom as ’n winkelassistent genaamd Dion. Grimeerkunstenaars het sy voorkoms effe verander (en hom selfs ’n poniestert gegee!) en hy het in ’n elektroniese-warewinkel gaan rondloop en met mense gesels. Meeste mense het eers uitgevind wie hy is sodra hy begin sing. Bublé is ook redelik selfspottend in hierdie video, waar hy lelike goed oor sy albums sê – maar mense verdedig gewoonlik vir Bublé.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Bublé en sy vrou, Luisana Lopilato, was onlangs op ’n hiaat met hul werksverpligtinge nadat hul oudste seun, Noah, met kanker gediagnoseer is sodat hulle tyd saam met hom kon spandeer terwyl hy behandeling ondergaan. Daar is egter in November 2017 berig dat hul seuntjie baie beter vaar en dat Bublé weer stelselmatig sal begin deelneem aan opvoerings en ander openbare verskynings.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.