kategorieë: KalenderOntspanning

Vier Valentynsdag met SAB World of Beer

SAB World of Beer in Johannesburg bied ’n week se spesiale Valentynspakkette aan om die dag van liefde te vier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is twee pakkette beskikbaar – een is ’n toer en bierproewing, en die ander ’n bier en kos “pairing.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Meer inligting:

Datums: Saterdag, 10 tot Saterdag, 17 Februarie 2o18

Tye: 13h00 – 16h00 (Bierproewing en -toer)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

13h00 – 16h00 (Kos en bier-“pairing”)

Plek: SAB World of Beer, Newtown, Johannesburg

Koste: R360 per paartjie vir die Bierproeing en toer

R1 000 per paartjie vir die Kos- en Bier-“pairing”. Sien hieronder die Valentynsdag-middagetespyskaart wat geldig is vir 17 Februarie alleenlik.

Spyskaart vir 17 Februarie 2018

Die kos-en-bier-“pairing” bied aan paartjies die geleentheid om ’n reis van geure en aromas mee te maak met ses biere wat elk voedselpasmaats het.

SAB se handelsbrouer, Anton Erasmus, sal gaste deur ’n vyfgang-maaltyd en bierproe lei. Die spyskaart lyk soos volg:

  • Gerookte salmrosette op geroosterde bruschetta met roomkaas en diepgebraaide kappertjies gepaar saam met Flying Fish Lemon
  • Aarbei-sorbet
  • Snye springbokfilet op romerige aartappelsmoes met ’n pienk-peperkorrelsous, pêrelgroente en krakerige pancetta gepaard met Carling Blue Label.
  • Diepgebraaide gekrummelde camembert-kaaswiggies met rooi-uie marmelade bedien saam ’n mini-baguette. Hierdie sal gepaard gaan met Carling Black Label.
  • Dekadente sjokoladebruintjies met espresso-anglaise, bessiecoulis, vanieljeroomys en ’n phyllo-deeg waaiertjie saam met Castle Milk Stout en Fransen Street Cream Ale.

Die laaste besprekings sal aanvaar word om 12h00 op die Vrydag voor die geleentheid om te verseker dat provisie voldoende is.

Kaartjies is beskikbaar by webtickets. SAB World of Beer kan ook direk gekontak word by 011 836 4900 of by events.co-ordinator@za.ab-inbev.com.

Let wel dat geen onder 18’s toegelaat sal word by enige van die twee geleenthede nie.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.