kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Micki Pistorius: ontdekkingsreisiger en storiemaker

Deur Mariette Snyman. Foto verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dr. Micki Pistorius sny al lewenslank spoor: nie in die veld agter diere aan nie, maar in die sielkunde, geskiedenis, argeologie en ander studievelde. Sy dra haar vlymskerp insigte graag in die vorm van stories oor, onder meer in haar jongste boek: “Heroes, a psychological insight into men’s perceptions on relationships“.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek voel soms soos een van die explorers van ouds,” sê dr. Micki Pistorius met ’n vonkel in die oog. “Die soeke na avontuur vuur my aan om nuwe geografiese en pisigiese landskappe te verken en wyer horisonne te ontdek. Die enigste probleem is dat daar te min tyd is vir alles wat ek wil doen en ervaar!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gesels jy met Micki, voel dit sowaar asof sy al ’n paar leeftye in een lewe ingepas het. Sodra sy een beroep onder die knie het, slaan sy ’n ander rigting in.

“Ná ek my BA-graad behaal het, het ek agt jaar lank as joernalis in die gedrukte media, radio en televisie gewerk. Toe is ek na die Universiteit van Pretoria om verder in die sielkunde te studeer. My doktorsgraad het oor die tema ‘’n Psigo-analitiese benadering tot reeksmoordenaars gehandel en ek is as ’n sielkundige reeksmoordenaar-profielopsteller in die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangestel.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit voel sowaar asof Micki al ’n paar leeftye in een lewe ingepas het

In hierdie posisie het Micki internasionaal bekendheid verwerf en ook plaaslik sowel as oorsee mense opgelei. Skryf het haar help ontsnap aan die stres en afgryse van haar werk, en haar outobiografie oor haar ervarings as reeksmoordenaar-profielopsteller, Catch me a killer, was ’n topverkoper.

“Nadat ek uit die SAPD bedank het, het ek na die joernalistiek teruggekeer en ’n paar jaar lank vir ’n TV-produksiemaatskappy gewerk. Toe open ek ’n private terapie- en konsultasiepraktyk in Pretoria.”

Die brein: kos, stres en skoolonderrig

Terselfdertyd het Micki haar op die neurosielkunde toegespits. Sy bied kursusse aan oor die rol van breinhormone in voeding, stres en skoolonderrig. “Ek vergelyk graag die brein met ’n motorenjin. Bestuurders hoef nie ’n enjin te kan bou nie maar moet dit verstaan om die optimale funksie uit hul kar te kry. As jy die heeltyd in eerste rat ry, sal die enjin oorverhit.

“Hoe doeltreffend jou brein funksioneer, hang af van die kos wat jy eet. Ons het voedingstowwe nodig om neuro-oordragstowwe te vorm, byvoorbeeld serotonien – ons eie, natuurlik anti-depressant. As jy van slap tjips leef, kan jou brein dit nie vervaardig nie.

Micki kry nou die kans om verlore beskawings, heilige geskrifte en antieke bestemmings te verken

“Stres het talle oorsake – finansiële probleme, egskeiding, natuurrampe, noem maar op – maar dit het altyd te doen met ’n oormaat kortisol, een van die streshormone. Kortisol val die spiere en die brein soos ’n trop wildehonde aan. Niemand is te taf om stres te hê nie; dis ’n fisieke verskynsel, nie ’n eteriese begrip nie.

“Inligting oor die werking van die brein is veral waardevol wanneer dit by skoolonderrig kom. Omdat die voorbrein eers teen die ouderdom van 25 volledig ontwikkel is, moet die mense wat met kinders en tieners werk, besef hulle is nog nie 100% volwasse nie. Tieners funksioneer byvoorbeeld ook nie goed voor 10.00 nie, wat slegte uitkomste vir ’n wiskundetoets agtuur die oggend voorspel. Jy kan wel met hulle werk as jy hulle laat oefen, soos om ’n hindernisbaan  te voltooi, en iets laat eet. En as die seuns so lounge in die klas, is dit tyd dat hulle opstaan en ’n haka gee. Dit laat die testosteroon vloei, en dan gee die meisies ook skielik aandag!

“Ons kan die nuwe breinnavorsing selfs gebruik om leerlinge se IK te verhoog. Ek soek nog na borge wat my kan help om hierdie droom waar te maak.”

Micki se jongste uitdaging

Teen 2010 het Micki se passie vir die antieke tye haar geïnspireer om ’n Honneurskursus in Bybelse Argeologie aan te pak. Dit het tot ’n nuwe avontuur gelei; sy is onlangs aangestel as redakteur en lidmaatskapkoördineerder van die internasionale argeologiewebtuiste, Ancient Origins, by ancient-origins.net

My pa is ’n storieverteller – ek kry my talent by hom

Micki is duidelik opgewonde oor dié uitdaging wat haar soveel geleentheid gaan gee om verlore beskawings, heilige geskrifte, antieke bestemmings en ander misteries uit die verre verlede te verken. “Ancient Origins belig die jongste argeologiese fondse en eweknie-geëvalueerde akademiese navorsing en bewyse. Dit bied ook alternatiewe beskouings en verduidelikings ten opsigte van die wetenskap, argeologie, mitologie, godsdiens en geskiedenis. Dis die enigste ‘Pop Archaeology site’ wat wetenskaplike navorsing met uit-die-boks perspektiewe kombineer.”

En die stories?

“Ek het die vermoë om ingewikkelde inligting in maklik verstaanbare stories te omskep. Die mensdom is sedert die oertyd gek na stories. My pa was ’n storieverteller – ek kry my talent by hom. Hy en my ma het albei belanggestel in die geskiedenis; wanneer ons kleintyd Kaap toe gery het, het my pa ons van die Anglo-Boere-oorloë vertel en die blokhuise vir ons gewys.

“My ma het ’n voorliefde vir die Europese en Engelse geskiedenis gehad. Sy was ’n nooi Tancred en haar voorouers was Vikings en kruisvaarders.”

Micki het altesaam sewe boeke geskryf, onder meer Sorg, ’n historiese roman oor die skatryk volstruisboere en hul nageslag. Die boek strek van die skepping tot die 21e eeu.

Micki het haar passie vir die geskiedenis en insig in die psige van mans en vroue ingespan om ’n fassinerende interaktiewe aanlynboek te skep: Heroes, a psychological insight into men’s perceptions on relationships. Sy het mans sover gekry om te beskryf hoe hul koppe werk en dit ingeklee in die metafore van antieke Griekeland. “Eintlik het ek eendag in Griekeland die ruïnes van Troje gaan uitcheck, en toe sien ek vir Odysseus daar sit. Ek het met hom begin gesels en kort voor lank was ons by die verhouding tussen mans en vroue.” (As jy Micki nie glo nie, gaan luister na Odysseus by heroes-warriors.com) Op die webwerf kry jy ’n heerlike voorsmaak van dit waaroor die boek handel. Die boek is nie as harde- of sagteband beskikbaar nie.

“Ek het te lekker aan die boek geskryf, maar ’n Internetboek was tegnologies ’n uitdaging, veral met die animasie-aspekte. Ek wou hê die boek moes oral ter wêreld gelees kon word. Die mans wat betrokke was by die navorsing het bly sê: ‘Kry tog net die vroue om dit te lees!’ My broer Callie, ’n voormalige rektor van Tuks, is nie een wat baie praat nie. Nadat hy Heroes gelees het, het ek gevra wat hy dink. ‘Dis nogal goed,’ was sy antwoord. Toe weet ek dit werk.”

Lees die volledige artikel oor Heroes – “Wat gaan regtig in jou held se kop aan?” – in die Maart 2018-uitgawe van rooi rose.

Wat beplan Micki nóg? “Ek voel baie lus om ’n sabbatical van ’n jaar of twee te neem en oorsee iewers te gaan sit om oor argeologie te skryf. Wie weet, dalk vaar ek binnekort die wêreld in!”

Meer oor Micki by mickipistorius.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

3 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

6 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

10 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.