kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Mishandeling van bejaardes: tekens en hulpbronne

Deur Salomé Delport. Foto: pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bejaardes kan op baie maniere mishandel en misbruik word. Hier is die tekens en maniere om hulp te kry as jy vermoed dat ’n geliefde mishandel word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat om te doen as jou ouer mishandel word

Jy kan ’n klag lê by die Polisie of by die Departement van Welsyn. Altwee gaan egter konkrete bewyse verwag. Klagtes hier is geskik waar bejaarde fisiek mishandel word, met duidelike, bewysbare tekens daarvan.

’n Ander – en sagter – uitweg is om ’n maatskaplike werker te betrek. Hulle sal of direk met die versorgingsoord in verbinding tree of jou verwys na die beste naaste organisasie vir jou probleem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hulp met mishandeling van bejaardes

  • Kry ’n verwysing na ’n maatskaplike werker deur jou kerk, dokter of hospitaal.
  • Kontak organisasies soos die CMR (klik hier).
  • Jy kan ook die SA Raad vir Bejaardes tolvry skakel op  0800 003 081
  • Of kontak hul vennoot Age in Action by hul webblad

Voor jy hulp inroep moet jy soveel as moontlik van die volgende bymekaar kry

  • Watter persooneellid, familielid of ander persoon is of was betrokke
  • Die spesfieke datums van insidente – of ten minste van een insident
  • Presies wat jy vermoed het gebeur
  • Watter tekens jy waargeneem het wat jou misbruik van die bejaarde laat vermoed
  • Bewyse daarvoor (soos beserings) en bewysstukke (neem foto’s en klankopnames met jou selfoon)

Wat behels mishandeling van bejaardes alles?

Wat tel as mishandeling? Soms is mens net vaagweg ongerus. En as jou ouer selfs net ’n ligte graad van demensie het terwyl die versorgers sjarmant en beleefd voor jou en teenoor jou is weet jy nie wat regtig agter jou rug gebeur nie.

In ander gevalle vermoed of sien jy dat ’n familielid op die bejaarde teer. Dit is ook mishandeling, sê Age in Action.

Age in Action het hierdie nuttige lys van vorms van mishandeling, misbruik en uitbuiting saamgestel. Gebruik dit om die probleem duideliker te definieer:

Fisieke mishandeling

Dit is die kruste vorm van mishandeling, en verwys na optrede wat besering of fisiese ongemak veroorsaak, soos as sy geklap, gestamp geslaan, vasgemaak, gebrand of gesny word.

Jy behoort die tekens taamlik maklik raak te sien, met onder meer bloukolle, kneusplekke, brandmerke, swelsels, onverklaarbare pyn en onverklaarbare beserings. Soms word die besering aan die lyf gedoen, waar jy dit nie so maklik sal raaksien nie.

Emosionele mishandeling

Hierdie vorm van mishandling is meer subtiel en moeiliker om vas te pen. Maar jy kan dit nie ignoreer nie want dit veroorsaak geweldige stres, magteloosheid en ongeluk.

Tipies sluit dit die soort dade in wat daartoe lei dat die bejaarde geïgnoreer, beledig, beskuldig, verneder, geïsoleer, afgepers, uitgeskel, name genoem word, op geskreeu word, of op enige ander manier geïntimideer word.

Dit kan baie moeilik wees om die aggressor te betrap want dit sal selde indien ooit voor jou gebeur. Maar oorweeg dit as ’n ouer wat gewoonlik ontspanne en gelukkig is nou senuweeagtig is, gespanne is, ontsteld is, angstig is, bang is, hom/haar onttrek, huilerig is maar nie wil sê waarom nie of om geen rede hul selfvertroue verloor.

Finansiële of materiale misbruik tel as mishandeling

Dit behels die misbruik, gebruik, uitbuiting, diefstal of verkryging van die bejaarde se fondse, middele of bates sy sonder volle toestemming, kennis of onder dwang. Bedrog en aksies wat daartoe lei dat die bejaardes finansieel skade lei tel ook as finansiële misbruik.

Bates en fondse sluit in eiendom, besittings, motor, pensioen, kontant, beleggings of enige ander gelde.

Oplossings kan insluit dat ’n onafhanklike professionele persoon, soos ’n maatskaplike werker of arbeidsterapeut, deur die hof aangewys word om die bejaarde se finansies te bestuur.

Sosiale en fisiese isolasie is ook mishandeling

Bejaardes mag nie in ’n kamer toegesluit word of geïsoleer word nie.

Passiewe verwaarlosing

Dit gaan oor die versuim om sorgbehoeftes te vervul, soos dat kos, warmte, klere, persoonlike reiniging en noodsaaklike medikasie weerhou word, of nie voorsien word nie, of nie voorsien word wanneer dit benodig word nie.

Dit kan taamlik maklik opgetel word: jy sal tekens sien soos dat die bejaarde soms of meestal vuil en onversorg lyk, gedehidreerd is en/of ondervoed is. Sy omgewing, klere en beddegoed is onversorg, en as hy aan ’n mediese toestand ly word dit duidelik waarneembaar nie korrek behandel nie.

Seksuele mishandeling

Dit sluit in seksuele aanranding, teistering of dade teenoor ’n persoon sonder sy/haar volle kennis en/of toestemming. Tekens van seksuele misbruik is kneusplekke, bloeding, pyn of beserings in die abdominale of anale area en geslagsdele, of herhaaldelike episodes van sistitis of veneriese siektes. Dikwels toon die bejaarde hiermee saam die tipiese simptome van emosionele mishandeling.

Ontneming van menseregte

Hierdie soort van mishandeling gaan oor die ontkenning van ’n bejaarde se fundamentele regte, wat insluit respekvolle behandeling, behoud van menswaardigheid, reg op persoonlike privaatheid en reg op  vryheid van denke, geloof, opinie, spraak, uitdrukking en beweging.

Selfverwaarlosing

Soms verwaarloos bejaardes hulle sélf, en versuim hulle om hulle self te versorg, reinig, en behoorlik  te eet. Soms is dwelms soos drank ’n probleem. Dit verg ook aandag.

Lees ook: Versorging en gesonde grense

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.