kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Tien wenke as jy ’n eiendom verhuur

Versorg deur Mariette Snyman. Foto baona/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Al meer Suid-Afrikaners verdien geld deur ’n huis, woonstel, kothuis, kamer of ander vorm van akkommodasie uit te huur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Begin jou eie AirBnB

Jou tienpuntplan

Hier is Claire se tienpuntplan om die talle probleme wat verhuurders kan teëkom te help aanspreek:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Sorg vir ’n geskrewe kontrak wat jou vereistes uitspel, onder meer hoe betaling moet geskied en wat die som in-  en uitsluit. Wi-fi, DSTV, sekuriteitstelsels, tuin- en swembadonderhoud, skoonmaak en voorwaardes rakende beskadiging van die eiendom of die inhoud daarvan moet in detail hanteer word.
    As ’n potensiële huurder nie aan jou voorwaardes kan of wil voldoen nie, moet julle oor die besonderhede ooreenkom en ’n aangepaste kontrak opstel voor jy hulle laat intrek of laat oorbly.
  • Verskaf akkurate inligting wanneer jy jou eiendom adverteer. Enige wanvoorstelling, oordrywing of weglating van ’n kritiese feit kan daartoe lei dat jy nie die betaling ontvang nie.
  • Gaan ’n huurder se verwysings en besonderhede na. Verifieer hul telefoonnommer en e-posadres. ’n Professionele agent behoort toegang tot die Tenant Profile Network (TPN) te hê.
  • Maak ’n volledige, opgedateerde inventaris van alles in of op die eiendom, en die toestand daarvan.

Verskaf akkurate inligting wanneer jy jou eiendom adverteer

  • Laat duidelike instruksies (in ’n vriendelike toon) vir huurders wat enige ooglopende kwessies soos sekuriteitsinligting, Wi-fi wagwoord, kontaknommers en enige onduidelikhede uiteensit.
  • As jy ver van die eiendom woon, is dit beter om ’n plaaslike persoon aan te stel om die eiendom te oorsien.
  • Sorg dat jy of die eiendomsbestuurder die huurder in persoon kan ontmoet wanneer hulle intrek of opdaag om oor te bly. Inspekteer ook die eiendom so gou moontlik nadat die huurder vertrek het sodat jy seker is daar is geen skade nie.
  • Verskaf ’n lys van kontakte vir noodgevalle: loodgieter, elektrisiën, dakhersteller, sekuriteitsdiens, sleutelmaker, skoonmaker, polisie en ambulans.
  • Lewer goeie diens. Dit mag baie moeite verg, maar die huurder voel hulle bestee swaarverdiende geld aan skoon, redelike akkommodasie wat al die geadverteerde geriewe verskaf. As iets skeefloop, tree onmiddellik op om dit te herstel en wees daarvan bewus dat ’n terugbetaling nodig mag wees indien dit ’n wesentlike kwessie was.

Lees ook: Wenke vir ’n huislike gastekamer

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman
Tags: moneysukses

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.