kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Mislukkings maak jou honger vir sukses

Mislukkings maak jou honger vir sukses deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Die grootste geskenk wat ek nog gekry het was ongerief”, sê Lisa Nichols, ’n wêreldbekende motiveringsspreker en skrywer van topverkopers. “Die ongerief van armoede, akademiese mislukking en kliniese depressie het my honger gemaak om my lewe te verander. En omdat ek al soveel mislukkings beleef het, was ek nie bang om te faal nie. Ek was baie vertroud met mislukking en het geweet dat jy altyd kan opstaan na jy geval het.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Twintig jaar gelede was Lisa ’n enkelma met ’n seuntjie van drie jaar oud wat ’n geweldadige verhouding oorleef het. Sy het op skool gesukkel – eers jare later het sy besef dat disleksie die rede hiervoor was – en het ’n ongesonde verhouding met geld gehad. “My ma het altyd na betaaldag gesê die geld brand in haar sak en dis hoe ek geld gesien het. Dis was óf oorvloed, óf droogte.”

Tog het sy besluit sy moet haarself verander en na sy ’n werk gekry het, het sy opgehou geld bestee. “Ek het alles gestop wat my geld gekos het. Geen McDonalds vir my seuntjie, geen klere of onnodige uitgawes nie. Ek het strategies oor elke dollar wat ek bestee het, begin dink.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit het sy vir drie en ’n half jaar gedoen. Sy het ook elke twee weke vir haarself “betaal” deur geld in ’n spaarrekening te sit om ’n neseier op te bou. “Maar oortuiginge en ongerief is nie goeie maats nie en dis hoekom mense nie volhou nie. Ek het nooit gevoel dat ek myself tekort doen omdat ek spaar nie. Die wete dat ek vir my droom spaar, was opwindend.

“Onthou, swaarkry en beplanning is nie dieselfde ding nie. Ek het nie gevoel dat ek tekort skiet nie. Ek het gevoel dat ek skielik in beheer van my lewe was deur ‘n strategie te hê vir my droom van ’n beter lewe. Ek het my werkgewer as my belegger gesien. Iemand wat in my droom belê.”

Anet Schoeman en Lisa Nichols
Mislukkings maak jou honger vir sukses

Lisa sê ons word gereeld teruggehou deur ander se persepsies van ons. Sy het op skool gehoor dat sy vrot was met skryf en debat. Nou is dit waarvoor sy bekend is. “My ouma het altyd gesê: “Ander mense se opinie van jou het niks met jou te doen nie.”

My deurbraak het gekom toe ek van myself begin hou het en besef het dat ek net die beste weergawe van myself kan wees; nie ’n namaaksel van iemand anders nie. Jy is jou eie redding. Ander kan dit nie vir jou doen nie. Ek het gekom waar ek vandag is omdat ek eerlik met myself was. Maar hierdie waarheid oor hoe en wat jy is, word nie altyd opgedis met warm melk en koekies nie. Dis ongemaklik en moeilik.

“Mense vra my hoe dit voel om suksesvol te wees as ’n enkelma wat swart is. Ek hang nie etikette om my nek nie. Ek “own” die feit dat ek ’n swart vrou is wat ’n enkelma is. Ek het ophou vra “hoekom” en net besluit dis wie ek is. As ek iewers opdaag is dit nie as ’n enkelma wat swart is nie. Dis Lisa Nicols wat opdaag; wat toevallig oor ’n swart enkelma is. Moenie dat die etiket jóú dra nie, bring die etiket saam, maar weet dat jy steeds jou eie mens is.

“Onthou, jou verlede is nie jou toekoms nie. Moenie “cut and paste” uit jou verlede en die toekoms dieselfde maak nie. Besluit dat jy ’n nuwe hoofstuk begin en werk daadwerklik daaraan om jou storie te herskryf. “Die persoon wie ek nou is, het nie deur geluk en toeval gebeur nie. Dis deur voorbedagte rade dat ek ’n ander koers ingeslaan het.”

  • Lisa Nichols is die skrywer van verskeie topverkopers, Internasionale motiveringspreker en stigterslid en besturende direkteur van Motivating the Masses Inc. Sy is tans in Suid-Afrika en tree op 7 en 8 September by die Sandton Konferensiesentrum op. Kaartjies beskikbaar by www.WealthMastersZA.com

Vir nog motivering en raad oor finansies, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.