kategorieë: Bekendes

Mode, sterre en die storm – Margaret Gardiner woon die Golden Globes by

Deur: Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is 9 ˚C. Ek is op die rooitapyt en geklee in ’n Oliver Tolentino-aandrok. Dit voel omtrent asof ek van die boonste dek van die Titanic afgeklim het. En ek bedoel dit goed, want die rok het ’n klassieke retrostyl – presies gepas, met vere en ’n lae hals, maar dit het geen beskerming teen die kwaai weersomstandighede gebied nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sjampanje is op silwer skinkborde aan die media en sterre bedien. Die hele aanloop tot die rooitapytgeleentheid is interessant. Dit begin amptelik om 14:30, maar niemand daag werklik tot ná 15:30 op nie. Nuwelinge en mense wat kleiner rolle vertolk, daag vroeg op en wandel op en af op die tapyt terwyl hulle die hele skouspel gade slaan.

Hulle neem selfies met die media agter hulle en geniet die glansryke oomblik. Die groot sterre daag op net voordat die tapyt toegemaak word. Jy moet verstaan die aangeleentheid word regoor die wêreld, soos dit in die oomblik gebeur, uitgesaai. As jy dus nie by jou sitplek is nie en jou naam word geroep, dan is dit maar so.

Dit het nog nooit gebeur nie, behalwe die keer toe Christina Lahti in die badkamer was, haar naam geroep is en almal op haar gewag het om uit te kom.

Die sterre daag in die laaste 45 minute op sodat hulle by die groot Amerikaanse TV-verhoë kan stop, maar dan ’n geldige verskoning het om die kleiner mediamense oor te slaan: Die vertoning gaan begin. Dis duidelik dat iemand se statuur groot trefkrag het en as hulle eers in die middel van die vertoning hul verskyning hoef te maak, maak dit tog niemand seer nie.

Brad Pitt en Margot Robbie

Sommige bekendes loop nie eens op die tapyt nie. Een ster, wat anoniem wil bly, het eers opgedaag nadat die vertoning begin het. As jou naam egter so groot is, wie gaan jou nou wegjaag omdat jy laat is?

En die groot name was gróót: Brad Pitt, Rihanna en Eddie Murphy is net ’n paar van die groot gewigte wat dié aand bygewoon het. Baie mense het nogals gedink die reën sou ’n stokkie voor die aand se bedrywighede gesteek het.

Brad Pitt, Quentin Tarantino en Daniella Pick.

Geweldige storms het ’n paar dae voor die geleentheid oor Los Angeles neergestort. Bome het omgeslaan en spoelklowe het in ondeurganklike modderriviere ontaard. Ná ’n aand wat dit omtrent gestortreën het, het die wolke skielik verdwyn. Menigte paaie was egter gesluit. Dit was moeilik om ’n weg te baan op die pad na die Hilton Beverly Hills se balsaal, waar die Golden Globes vanjaar gehou is. Baie vlugte is gekanselleer en paaie het verspoel met die gevolg dat Kevin Costner, byvoorbeeld, nie na Los Angeles kon vlieg of ry nie. Hy was gedwing om sy huis te verlaat en saam met sy familie in’n hotel “skuiling” te vind. Hy het toe ongelukkig sy oomblik op die verhoog misgeloop toe hy sy Globe vir Yellowstone gewen het.

Gevestigde name soos Sigourney Weaver, Jamie Lee Curtis en Steven Spielberg het in tradisioneel swart (die kleur wat die meeste mense verkies het) voor die media rondgestap. Dit sluit opkomende sterre soos Ana de Armas (bekend vir haar rol in Blonde), Emma D’Arcy (House of the Dragon) en Hannah Eibinder (wat in Hack speel en ’n rok van Carolina Herrera gedra het) ook in. Juweel kleurskakerings (Selena Gomez wat ’n Valentino gedra het) en wit (Jessica Chastain wat ’n Oscar de la Renta gedra het) was ook groot gewees.

Jessica Chastain en Julia Garner
Emma D’Arcy

Swanger vroue soos Kaley Cuoco (genomineer vir The Flight Attendant) het gewys dat glansrykheid en ’n bababoepie heeltemal goed saamgaan. As jy dalk verwagtend is en binnekort ’n groot geselligheid moet bywoon, wil jy dalk hierdie persoonlikhede se voorbeeld volg. Claire Danes het Giambattista Valli gedra en Hilary Swank was in ’n mosgroen Prada-rok geklee.

Kaley Cuoco
Claire Danes

Dit was egter nuwe name wat vir opslae gesorg het. Daar was pienk: Elizabeth Debicki wat absoluut voortreflik as Princess Di in The Crown was, het Dior gekies; Julia Garner (in Inventing Anna en Ozark) het Gucci gedra; en Margot Robbie (van Babylon) het ’n noupassende Chanel-rok gedra. ’n Uitblinker was vir seker Lily James (sy is vir haar vertolking van Pamela Anderson in Pam & Tommy benoem) se dramatiese rooi aandrok deur Versace. Sekere name het heeltemal teen gewilde modeneigings gegaan, soos Jenna Ortega (Wednesday) wat ’n vleeskleurige Gucci-rok gedra het en Anya Taylor Joy wat in ’n lemmetjiekleurige nommertjie van Dior geklee was.

Elizabeth Debicki
Anya Taylor-Joy
Jenna Ortega

Die wenner van die Beste Drama-akteur-toekenning, Austin Butler en vir komedie, Colin Farrell, het klassiek gelyk terwyl die meeste mans fluweel, helder kleure en selfs soms rompe gedra het.

Priscilla Presley, Austin Butler, Lisa Marie Presley (sy is die enigste kind van Elvis Presley en is ‘n paar dae na die geleentheid oorlede) en Baz Luhrmann

Dit was ’n baie emosionele aand met sterre wat nie graag die verhoog wou verlaat nie!

Michelle Yeoh, wat haar Globe vir Everything Everywhere All At Once gewen het, het grappenderwys die klaviermusiek uitgedaag met ’n “Bly stil, asseblief, ek kan jou behoorlik opdons” toe dit haar probeer stilmaak het. Jennifer Coolidge van The White Lotus was so snaaks dat die sterre haar staande toegejuig het.

Gewoonlik is die binnehof by die Golden Globes volgepak van bekende gesigte wat na peuselgoedjies en drankies soek, en om dele van die drie uur lange vertoning mis te loop om eerder te flikflooi. Die storm het vir ’n intieme gevoel binne die balsaal gesorg. Sterre het bly sit om na die hartroerende stories wat gedeel is, te luister. Dit het weer net bewys dat sterre net mense is: Dalk beter aangetrek, suksesvol en dikwels met bewonderaars omring, maar steeds mense met drome. Wanneer jou kuns ná jare se afsloof uiteindelik erkenning geniet, beteken dit baie en dit roer hulle – nes dit my of jou sou roer.

Lees ook: 2023 is beslis die jaar vir bobs – bepaal só of ń kort kapsel by jou sal pas!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.