kategorieë: Gesondheid

7 wenke om obsessiewe kompulsiewe gedrag baas te raak

Hoor jy van obsessief-kompulsiewe versteuring (OKV), kom die klassieke beeld van iemand wat hul hande oor en oor was tien teen een by jou op. Maar hierdie angsversteuring kom in baie gedaantes, sommige so subtiel dat iemand jare lank ongemerk daaraan kan ly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dr. Philip van Rensburg, kliniese sielkundige van Pretoria wat in angs- en gemoedsversteurings spesialiseer, verduidelik: “By OKV gaan ’n hoë angsvlak gepaard met obsessies – onwelkome, herhalende gedagtes, gevoelens of sensasies – en/of kompulsies: handelinge wat die persoon gedwonge voel om uit te voer. Die gedagtes en handelinge is ’n onbewuste poging om die onderliggende angs te verlig, maar veroorsaak op hul beurt ongemak, kommer en selfs afsku. Op ’n sekere vlak besef mense met OKV hul obsessies en kompulsies is irrasioneel, maar hulle kan dit nie beheer nie.”

Philip gee die volgende hanteringswenke:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  1. Wat is die ergste wat met enige mens kan gebeur? Jy kan doodgaan. Gaan jy weet jy is dood? Nee. Oor die ergste hoef jy jou dus nie te bekommer nie. Ons kan leer om in ongemaklike of angswekkende omstandighede – soms bloot ’n kussing wat skeef lê – te vra: ‘Wie sal doodgaan?’
  2. Humor is die oudste verdedigingsmeganisme. Ek sê vir pasiënte: “Jy kan maar jou ritueel gaan uitvoer, lag net eers vir jouself.”
  3. Skep nuwe keuses. As ’n vrou byvoorbeeld kompulsief die huis stofsuig, vra ek watter taak sy haat. As dit is om die blare by die hek weg te vee, sluit ons ’n kontrak. Sy mag na hartelus stofsuig, maar sy moet élke slag eers die blare gaan wegvee.
  4. Ek gebruik neurolinguistiese programmering om mense onder meer te help dissosieer. Kyk na jouself uit ’n toeskouersoogpunt. “Vries” die stresvolle situasie in die vorm van ’n swart-wit foto en sit ’n goue raam daarom as jy wil. Dit verlaag die emosionele lading sodat jou brein ’n bruikbaarder hanteringsmetode kan vind.
  5. Taalgebruik vorm ons ervarings in ’n groot mate, byvoorbeeld: “Ek móét geld in my handsak hê vir ingeval iets gebeur.” Dis nie ’n moet nie. Dis bloot goed om geld by jou te hê. Ons moet let op veralgemenings en verdraaiings. Vet woorde – woorde wat vir verskillende mense verskillende betekenisse het, soos “ryk” of “respek” – moet anders benader word as maer woorde met ’n eenduidige betekenis.
  6. Skryf jou obsessies neer en bêre dit in ’n koevert op ’n sekere plek. Skryf byvoorbeeld, “Ek moet ’n goeie mens wees”, en stop dit in ’n koevert. So verplaas jy die obsessie van jou kop na die koevert.
  7. Gee doelbewus beheer op. As jy vas glo dat jy met enigiets kan cope, lui jou interne dialoog dat jy oral en altyd móét cope. Dit skep angs. Gaan sit stil en voel hoe dit voel om nie te cope nie. Voel jou hartklop, die drang om op te staan en op te tree, ensovoorts.
  8. Obsessiewe gedagtes vorm ’n sirkelgang. Jy tob byvoorbeeld oor jou mislukte verhouding. Kies twee tye per dag wat jy jou gedagtes hieroor in ’n spesiale joernaal met ’n pen neerskryf. Die res van die dag mag jy glad nie hieraan dink nie. Dit skep lineêre denke wat die kringloop verbreek.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Tekens van lae ystervlakke

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.