Nuwe kykNET-reeks verskaf klein dorpie drama & humor

By ’n doodgewone kerk in die Hoëveld sukkel Ds. Issie, soos vele van haar medepredikante, om die kerk se koffers vol te kry. Dis juis vir hierdie rede dat sy instem om ’n gereelde Saterdag-mark op die kerk se gronde te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons volg die lewens van hierdie naweek-smouse en kry ’n blik tot in die diepste hoekies van hul lewens.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soos die reeks van dertien episodes vorder en ons die sout-van-die-aarde-karakters leer ken, vind ons uit die dam wat reg bokant hierdie gemeenskap sit, gaan bars… en al wie hiervan weet, is die wetenkaplikes wat oor min tot geen mensekennis besin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In hierdie wêreld sit komedie en tragedie saam op dieselfde stoeltjie en los ons met die vraag wat aanhoudend knaag: Gaan die dam dit hou? Wat as die groot storm kom?

Die reeks is uit die pen van die veelbekroonde skrywer Paul C. Venter, bekend vir trefferreekse soos Arende, Konings, Vlug na Egipte en Terug na Egipte.

“Ek wou lankal iets oor ‘n vlooimark se mense doen,” verduidelik Paul.

“Terwyl ek met die navorsing by ‘n regte vlooimark besig was, het iemand genoem hoe gevaarlik dit sou wees as die vlooimark aan die brand raak. Toe laat dit my dink aan ‘n groot ramp wat so ‘n mark sal bedreig. Gaan dit die mark tref of nie? Ek dink dit gaan die kykers laat naels byt tot aan die einde!”

Dit spog ook met ‘n rolverdeling so lank soos die ry by ‘n vlooimark se pannekoekstalletjie.

In die rol van Cezanne Dippenaar, die geoloog wat vir Geo Solutions werk en wie se verslag die moontlike ramp voorspel, is Carla Smith (Tydelik terminaal, Troukoors). Carlo Daniels (Skemerdans, Barakat) is die slim weerkundige Ruben Arendse, Cezanne se beste vriend. Hy is gelukkig getroud met Maddy (Athina JansenSuidooster en Desemberdiewe), ’n fisioterapeut wat ook ’n stalletjie by die vlooimark het.

Alex Kemp (Geon Nel van onder meer Die Boekklub en Nêrens, Noord-Kaap) is die suksesvolle organiseerder van popkonserte en vlooimarkte. Hy is geskei en deel vreemd genoeg ’n huis met sy voormalige skoonma, Sonica Winters (Egoli en Lui maar op, Belinda se Brümilda van Rensburg). Marisa Drummond (Spoorloos: Die eiland, Elke skewe pot) is Ds Issie, die eerste vroue predikant wat die gemeente nog gehad het. André Samuels (Sara se geheim) is Bokkie Oktober, die skriba van die kerk wat glo alles in die lewe moet volgens die Bybel bestuur word. Meyer Basson, ’n jong ouderling in die kerk en ’n voëlkenner wat boeke en sketse by die vlooimark smous, word vertolk deur Beer Adriaanse (Hotel, Kanarie).

Berta Engelbrecht, Tinarie van Wyk Loots, Paul du Toit, Deon Lotz, Ira Blanckenberg, Kim Cloete en Royston Stoffels voltooi die sterbelaaide rolverdeling.

Mooiweer en warm is vervaardig deur Nagvlug Films, wat ook verantwoordelik was vir trefferreekse, soos Dinge van ‘n kind, Nêrens, Noord-Kaap en Hotel. Die regisseurs is Zandré Coetzer en Ephraim Gordon. Pieter Bezuidenhout het die titelsnit geskryf en gekomponeer en dit word deur Amanda Strydom gesing.

Mooiweer en warm begin op Dinsdag 7 Februarie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Die reeks sal ook op Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders se Melinda Viljoen

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.