kategorieë: WenkeSkoonheid

Moet-hê-skoonheidsprodukte vir wanneer jy gaan kamp

As dit by kamp kom, is dit altyd beter om so min as moontlik saam te vat, maar as dit by jou skoonheidsprodukte kom, moet jy beslis  nie huiwer om daardie noodsaaklike produkte in te pak nie! Onthou, daar is niks fout daarmee om steeds op jou beste te lyk al is jy iewers in die bos sonder enige selfoonopvangs nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar wenke en produkte wat jy moet onthou

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Sonbeskerming

  • Aangesien jy baie in die son gaan wees, is dit belangrik om jou sonskerm in te pak. Onthou om seker te maak die hele familie smeer gereeld sonskerm aan.
  • Gebruik ’n goeie breëspektrum-sonskem met ’n hoë SBF-faktor. Daar is niks so irriterend soos om ’n rooi gebrande vel te hê nie. Maak veral seker jou gesig bly beskerm, kry dalk sommer vir jou ’n gekleurde sonskerm wat vir jou dekking gee.
  • Smeer soggens sonskerm aan en wend dit deur die dag weer aan.
  • Pak jou sonbril en ’n hoed in, sodat jou gesig ekstra beskerm is.

Probeer die volgende produkte

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Lipsalf

Vermy droë, gebrande en seer lippe deur gereeld lipsalf aan te wend. Die beste is om ’n lipsalf te gebruik wat ook ’n SBF-faktor bevat – dit sal jou lippe teen die son se strale beskerm.

Probeer een van die produkte

3. Gesiglappies

  • Onthou die goue reël: moet nooit met jou grimering aan gaan slaap nie.
  • Maak seker jy hou gesiglappies byderhand, soday jy jou gesig daarmee skoon kan vee voor jy gaan slaap.
  • Daar is ook gesigwasmiddels wat jy sonder water kan gebruik, wat ideaal is vir wanneer jy gaan kamp.
  • ’n Gesiglappie kan ook handig te pas kom wanneer julle reis en jou kind mors dalk iets in die kar.

Hier is ’n paar produkte wat jy kan gebruik

4. Haarprodukte

  • Koop klein botteltjies om jou sjampoe en opknapper in te sit.
  • Hou ’n droë sjampoe byderhand om jou hare vars te laat lyk.
  • Kry ’n opknapper wat jy in jou hare kan los, om te keur dat jou hare droog voel.
  • Indien jou droë sjampoe opraak, gebruik babapoeier. Vryf ’n klein bietjie daarvan op jou wortels om enige oortollige olie te absorbeer (onthou: ’n droë sjampoe vervang nie ’n was nie, dit laat net jou hare varser voel tussen wasse).
  • Vat ’n kopband saam vir as die wind waai en jy jou hare uit jou gesig wil hou, veral as julle dalk op ’n wildbesigtigingstoer gaan.
  • Onthou om haarrekkies in te pak, die Invisibobble-rekkies werk veral baie lekker.
  • Koop ’n haarborsel wat jou hare maklik sal laat ontkoek sonder om jou kopvel seer te maak.

Probeer van die produkte

5. Grimering

  • Neem ’n waterdigte maskara saam, dit sal veral voordelig wees vir wanneer jy wil gaan swem of wanneer dit warm is en jy sweet.
  • Vat ’n lip- en wangvlekker saam, dit is veelsydig en kan gebruik word op jou lippe en jou wange.
  • Sorteer jou oogskadu’s uit sodat jy twee of drie kleure inpak. Maak seker jy kan ’n oggend- en aand-voorkoms daarmee skep. Onthou: die hele idee van kamp is minder is meer.
  • Moenie jou BB-room vergeet nie, dit dien as bevogtiger en bevat meestal ’n velbeskermer.
  • Pak eerder ’n onderlaag in met ’n SBF-faktor en wat langer gaan aanbly, veral as dit warm is en jy sweet.

Probeer hierdie produkte

6. Bevogtiger

  • Die klimaatsverskil kan soms jou vel uitdroog, so dit is belangrik om ’n bevogtiger in te pak wat jy soggens en saans kan aanwend.
  • Kry vir jou ’n bevogtigende masker waarmee jy kan slaap, sodat jy seker maak jou gesig bly sag en bevogtig.
  • Onthou ook om hande- en lyfroom in te pak.

Probeer hierdie produkte

7. Naels

Moenie jou naelvyl en naelknipper vergeet nie. ’n Nael wat haak kan baie irriterend raak en moet eerder gevyl of geknip word wanneer jy dit haak, voor dit skeur.

Probeer dié produkte

8. Muskietweerder

Onthou om muskietweerder saam te neem, veral as jy in areas gaan kamp met ’n hoë risiko vir malaria. Smeer dit gereëld aan, soggens en saans. Jy kry ook seep wat muskietweerder bevat, wat baie lekker werk. Onthou: wees eerder veilig en verhoed dat iets sleg gebeur.

9. Pak ook die volgende in

  • Plakkies om aan te trek as jy gaan stort. Jy kan kieme optel in publieke badkamers.
  • Koop ’n plastiekhouer met gaatjies om al jou stortprodukte in te pak as jy gaan stort, die water kan deursyfer en so maak jy ook seker jy vergeet nie dalk iets nie.
  • Koop ’n kamp-handdoek (beskikbaar by enige kampwinkel). Dit is lekker dun, neem min plek op en raak vining droog.
  • Koop ’n klein haardroër wat jy maklik in jou tas kan sit.
  • Onthou altyd ’n dubbelpuntprop.
Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff
Tags: beauty

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.