kategorieë: Bekendes

Mooi, mooier, Julia

Julia Roberts se pragtige bos hare, die kleur van donker heuning, tuimel oor haar skouers. Haar wye mond is die fokuspunt van haar gesig. Dis juis daardie breë glimlag wat haar so besonders maak. Tog val dié stuk sonskyn nie sommer op jou nie. Sy bewaar dit soos goud – net ’n glimpsie daarvan speel soms om die mond en oë. Maar met glimlag en al het Julia glad nie ’n warm, emosioneel toeganklike persoonlikheid nie. Om die waarheid te sê, sy is eintlik effens beduiweld. Sy het geen geduld met domheid nie, maar daarvan hou ek. Haar droë, sarkastiese sin vir humor laat my telkens wonder: Is sy ernstig, of het sy dalk ’n grappie gemaak? Jy probeer vergeefs om haar te laat lag – daar verskyn net ’n ag, kom nou-uitdrukking en ’n glinstering in die oë en skielik weet jy glad nie of sy vír jou of sáám met jou lag nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar is so baie komplekse emosies by ’n ma/dogter-verhouding betrokke: skuldgevoelens, jaloesie en tog ook liefde. Wat het jou opgeval toe jy die draaiboek van August: Osage County gelees het?

Gelukkig was die nie nodig dat ek my eie ervarings as dogter of ma as verwysingspunt moes gebruik nie. Die draaiboek is ongelooflik goed geskryf en gaandeweg word elke karakter se verlede en toekoms blootgelê. Ek het die drama gesien waarop die fliek gegrond is en dit as verwysingspunt gebruik om Violet en haar dogter te verstaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe het jy gevoel oor die interaksie tussen ma en dogter?

Dit gaan nie regtig oor ’n ma en ’n dogter nie. Dit gaan meer oor die manier waarop twee mense mekaar tot breekpunt toe kan dryf. Dit prent fokus op krisisoomblikke in hul verhouding, wat vererger word deur die versengende hitte en die emosionele atmosfeer in die huis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sommige van die wreedste en snaaksste tonele geskied aan die etenstafel. Watter herinneringe het jy van jou gesin om die tafel?

Wanneer ’n mens dié soort fliek maak, waardeer jy weer jou gesin en alles wat jy by jou eie huis het. Ek is mal oor kook en dis vir my heerlik om my mense te bederf. Die etenstafel is vir my ’n gelukkige en heilsame plek waar ’n gesin kan bymekaarkom. Dis vir my vreemd dat die onderliggende woede en pyn juis op die etenstafel uitgepak moet word.

Hoekom bring groot gebeurtenisse konfrontasie tussen mense mee?

Dit gebeur klokslag – dis al amper vanselfsprekend. Hoekom weet ek nie. Miskien is dit omdat dit die enigste geleenthede is wanneer almal mekaar in ’n intieme atmosfeer in die oë kan kyk. En die enigste kans wat daar is om te sê hoe hulle voel.

Hoe voel jy oor ouer word?

Ek dink ons het almal goeie en slegte dae wanneer ons die kwessie bedink. Ek het onlangs verjaar en dit was die beste verjaarsdag van my lewe. Op die ou end is ons almal uitgelewer aan ons gene, en daar is niks wat ons daaraan kan doen nie. Jy moet leer om gelukkig te wees met wat jy het.

Hoe was dit om saam met Meryl Streep te werk?

Dit was gelyktydig wonderlik en verskriklik. Jy wil so graag jou heel beste voor haar wees, maar terselfdertyd is jy vreesbevange omdat dit Meryl is – jy kry nie ’n beter aktrise as sy nie. Meryl is ’n pragtige mens, heeltemal plat op die aarde, ondersteunend – sy laat almal gemaklik voel. Sy werk net so hard soos enige ander akteur, wat gerusstellend is. Sy is ’n merkwaardige vrou.

Het dit jou aangespoor om harder te werk?

Ek werk gewoonlik hard. Ek weet nie of dit moontlik is om harder te werk nie. Maar ons het almal beslis ons beste gegee.

Hoe belangrik is jou loopbaan vir jou? Hoe kies jy?

Ek neem altyd eers my kinders en persoon-like omstandighede in ag. Ek bly baie liewer tuis vandat hulle gebore is – dit moet ’n baie uitdagende rol wees om belangriker as tyd saam met my gesin te wees. Ek is tevrede met wat ek bereik het. Hierdie rol was ’n droom wat waar geword het maar ek het steeds mooi daaroor nagedink voordat ek dit aanvaar het.

Jy speel graag sterk, vroulike rolle. Jy is ook ’n sterk vrou, nie waar nie?

Ek dink ek is sterk. Ek het sterk menings oor sekere goed en ’n sterk persoonlikheid. Ek dink almal sal met my saamstem (lag)! Ek dink jou krag kom van die wete van wie jy is en wat jou plek in die wêreld is.

Moes jy dit aanleer of is jy daarmee gebore?

Ek dink dis ’n bietjie van albei.

’n Sterk mens kan maklik nors en hard voorkom. Wat doen jy om sag en sensitief te bly?

Dis nie moeilik nie. Ek dink dis moontlik om sensitief én sterk te wees – die twee gaan hand aan hand. Ek dink ’n mens moet baie sensitief wees om jou man te staan.

Hoe beïnvloed en help jou man jou?

Hy ondersteun en prys my gereeld. Ek word waardeer.

Wat is jou prioriteite vandag?

My prioriteite is nog dieselfde, met verloop van tyd verfyn ’n mens dit net effens. My gesin sal altyd die belangrikste wees. Ek wil deel wees van my vriende en kollegas se lewe op ’n manier wat vir ons almal bevredigend is. Ons weet ons het nie genoeg tyd vir alles in hierdie lewe nie. Daarom wil ek seker maak elke dag is betekenisvol.

Jy hou van brei …

Sally Field het my geleer borduur toe ons aan Steel Magnolias gewerk het. Dis hoe dit begin het. Met Pelican Brief het iemand op stel my geleer brei. Die lekker ding van brei is dat jy kan gesels terwyl jy daarmee besig is. Dis die ideale stokperdjie om jou op ’n rolprentstel besig te hou – jy kan minstens die tyd verwyl terwyl jy moet sit en wag. Ek het al baie goed gebrei en selfs my dogter geleer hoe om dit te doen. Ek is op die oomblik besig met ’n serp vir my man.

Jy was bekend as Amerika se liefling? Was dit vir jou moeilik om daarvan afstand te doen?

Ek het lankal die soort beheptheid met aansien ontgroei, of hoe lyk dit vir jou?

Maar dis tog lekker om daardie aansien te hê? Hoe hou jy jou voete op die aarde?

’n Mens kan nie daarop fokus nie, want dan vernietig jy alles waarin jy glo. Jy moet net aangaan met waarmee jy besig is, maak nie saak wat rondom jou gebeur nie. Wees net die mens wat jy bedoel is om te wees en moenie dat jou werk dit beïnvloed nie.

Is jou beste vriendinne meestal ook akteurs?

Nee. Julianne Nicholson is die enigste aktrise onder hulle.

Hoe hanteer jy konflik tussen jou kinders?

Ons het nog nie eintlik probleme hiermee gehad nie, dalk omdat hulle drie is en nie twee nie. Dit is baie makliker.

Hoekom is die gesin in August: Osage County so wanfunksioneel?

Die twee geslagte ervaar en sien die wêreld anders. Daar het ’n verskuiwing plaasgevind, veral in die wyse waarop kinders behandel word. Dis ’n belangrike kwessie in hierdie gesin. Boonop kompliseer pille en alkohol die dinamika verder.

Watter jong aktrises het die potensiaal om die volgende Julia Roberts te wees?

Dis onmoontlik om iemand in my skoene te plaas. Daar is baie briljante aktrises wat soveel beter is as wat ek op daardie ouderdom was. Ek dink Rooney Mara, Rachel McAdams en my broerskind, Emma Roberts, is fantasties. Maar hulle het beslis nie my etiket nodig om suksesvol te wees nie.

Wat is jou roetine op ’n gewone dag wanneer jy nie werk nie?

Ek dra byna nooit grimering as ek nie werk nie. Ek was selde my gesig in die aand. Ek vlos en borsel my tande maar ek was nie altyd my gesig nie. Vyf dae per week staan ek baie vroeg op, so teen 5:15 om ontbyt te maak en die kinders vir skool gereed te kry. Ek probeer hul middagetes die vorige aand maak sodat ek dit nie ook nog soggens hoef te doen nie. Teen die tyd dat ek by die huis kom, is dit middag-ete. Daarna begin ek aandete maak.

Jy en George Clooney is goeie vriende?

Ja, ek het al ’n paar keer by hom in Lake Como in Italië gaan kuier. Ons het daar aan Ocean’s Twelve gewerk. Ek was swanger en my slaapkamer was op die grondvloer sodat ek nie elke dag al die trappe hoef te klim nie (lag). Ek was ook al saam met my gesin daar. George is ’n fantastiese gasheer en ’n wonderlike mens. Ek is mal daaroor om saam met hom te kuier. Ons het altyd pret. Hy is ’n bietjie soos ’n boetie vir my. Dermot Mulroney (wat saam met haar in My Best Friend’s Wedding en August: Osage County speel) is ook ’n goeie vriend. rr

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

14 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

20 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

22 hours Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

23 hours Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 day Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.