kategorieë: KosLaekoolhidraat

Slaan koolhidrate ’n kishou

Hoe verander jy jou én jou gesin se leefstyl na ’n laekoolhidraatleefstyl?

Maak ’n kopskuif
Betrek die hele gesin by jou besluit. Verduidelik hoe die oor-inname van koolhidrate jou gesondheid benadeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Begin ’n dieetdagboek
Dit is die enigste manier hoe jou gesin sal sien hoeveel koolhidrate hulle werklik inneem. (Onthou: jy moet doodeerlik wees anders is die oefening nutteloos!)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maak die koskas skoon
Solank as wat daar ongesonde snoephappies en kosse in die koskas is, gaan jy sukkel om die geroep van koekies en tjips te igonoreer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maak die koskas só skoon

• Hou dadelik op om hoë-koolhidraat snoephappies te koop. Dit sluit soutbeskuitjies (selfs volgraan), tjips, koekies, energiestafies en droëvrugte in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Graankosse bevat baie suiker en bestaan uit koolhidrate soos koring en soja. Eet liewer volroom jogurt of spek en eiers vir ontbyt.

• Vet is ’n draer van geur en wanneer jy vet uit produkte verwyder, moet jy daarvoor kompenseer deur groot hoeveelhede suiker of kunsmatige versoeter by te voeg. ’n Laevetproduk is nie ’n “goeie keuse” nie: jy eet net nóg meer suiker. Eet eerder volroomjogurt en -kase.

• Kyk uit vir versteekte suikers in souse en smere. Mayonnaise en tamatiesous kan baie suiker bevat en ook smere soos grondboontjiebotter. Lees etikette en kies natuurlike opsies sonder bygevoegte suikers en preserveermiddels.

• Pakkies sop, aftrekselblokkies en kook-in-souse bevat baie stysel, suiker en preserveermiddels. Kook eerder van die begin af. Bredies en soppies is baie geurig as jy dit met ’n mire-poix begin: 1 ui, gekap, 2 wortels, gekap en 2 stokkies seldery. Voeg knoffel en vars kruie by en siedaar – ’n geurige, heilsame ete.

*Vickie de Beer se nuwe boek, My Low Carb Kombuis, is beskikbaar by Quivertree teen R295. Klik hier vir meer besonderhede.

Jy kan ook een van vier eksemplare van dié pragtige kookboek WEN wanneer jy vir ons #VryVan KOOLHIDRATE-nuusbrief inteken! Klik hier vir meer besonderhede en om in te teken.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.