kategorieë: NaelsSkoonheid

Mooi naelkleure vir die somer

Mooi naelkleure vir die somer deur Corné Greeff. Hooffoto: Corné Greeff

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Roomyskleure

Pastelskakerings op jou naels lyk altyd mooi vroulik en sag en is perfek vir as jy dink helder skakerings pas nie by jou nie. Kies uit ’n roomyskleurpalet van laventel, hemelblou tot rooskwarts, wat ook as millenniumpienk bekend staan.

Foto: Corné Greeff

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Van links na regs:

  1. CATRICE ICONails Gel Lacquer in 14 Mint Map (R59,95 beskikbaar by Dis-Chem en takealot.com)
  2. Morgan Taylor Nail Lacquer in Beauty Marks the spot (R150)
  3. Mavala Nail Color cream in 316 Fiji (R87 beskikbaar by Dis-Chem)
  4. Mavala Nail Color in 263 Mango Orchid (R87)
  5. Mavala Nail Color in 115 Skye Blue (R87)
  6. Yardley Stayfast Nail Vinyl in Natural Darling (R49,95)
  7. Smudge Nail Lacquer in Minty Fresh (R30,95 beskikbaar by Clicks)
  8. essence the gel nail polish in 75 perfect match (R29,95)
  9. essence the gel nail polish in 21 a whisper of spring (R29,95)
  10. Smudge Nail Lacquer in Marshmallow (R30,95)

Krytkleure

Helder kleure was verlede jaar ’n groot tendens, maar dit is ook perfek vir hierdie somer. Vir een of ander rede laat dit my sommer gelukkig en opgewonde voel. “Kleur jou naels in” met kobaltblou, rooi, pienk en geel, en as jy nie braaf genoeg is om dit op jou hande te doen nie kan jy eksperimenteer met kleur op jou toonnaels.

Lees ook: Dra helder kleure só

Foto: Corné Greeff

  1. Mavala Nail Color Cream in 346 Green Apple (R87)
  2. Yardley Stayfast Nail Vinyl in Coral Confession (R49,95)
  3. essence the gel nail polish in 16 fame fatal (R29,95)
  4. Smudge Nail Lacquer in Royalty (R30,95)
  5. essence the nail polish in 114 my highlighter (R29,95)
  6. CATRICE ICONails Gel Lacquer in 46 Work Hard, Play orange (R59,95 beskikbaar by Dis-Chem en takealot.com)
  7. Morgan Taylor Nail Lacquer in Flip Flop & Tube Tops (R150)

Skitterende metale

Skitterende metale word met luuksheid en oorvloed vereenselwig en is hoogmode. Jy kan hierdie somer jou naels laat glinster soos juwele in metaalkleure. Jy hoef nie noodwendig al tien jou naels in ‘n skitterende metaalkleur te verf nie;  as jy voel dit gaan “te erg” wees, verf dan eerder net een of twee van jou naels en vorm dan so aksentnaels.

Foto: Corné Greeff

Links van bo na onder:

  1. CATRICE ICONails Gel Lacquer in 48 All’s well that ends pink (R59,95 beskikbaar by Dis-Chem en takealot.com)
  2. Morgan Taylor Platinum in Diamonds in the sky (R150)
  3. Revlon Nail Enamel Holochrome Collection in Molten Magic (R 125)

Regs van bo na onder:

  1. Morgan Taylor Nail Lacquer in Cellophane Coat (R150)
  2. ICE Box Color in 13 Malibu Lights (R120)
  3. Yardley Stayfast Nail Vinyl in Vamp Plum (R49,95)
  4. Morgan Taylor Glow all out (R150)

Nael-inspirasies:

Roomyskleure en aksentnaels

Helder kleure

Metale

#rrWenke:

  • Moenie bang wees om kleure te meng nie, verf jou naels verskillende skakerings
  • Onthou jou bo-lagie en onderlagie
  • Smeer Vaseline aan jou naels voor jy skottelgoed was sodat jou manikuur langer hou.
  • Wees braaf en raak kreatief: Probeer patrone op jou naels verf om ’n aksentnael te skep.
  • Maak tyd vir jouself en om jou naels te verf, jy sal sommer goed voel ook!

Dink aan jou naels as ’n skilderdoek, wees braaf en kreatief en probeer hierdie somer iets nuuts! As jy nie van die kleur hou nie, of dit kom nie uit soos jy dit wou gehad het nie, kan jy dit altyd net weer afhaal en ’n ander kleur aanverf!

Deel gerus ’n foto van jou somer-naels op Instagram en gebruik die hutsmerk #rrSkoonheid sodat ons dit kan sien.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.