kategorieë: WenkeSkoonheid

Mooi vlieg

Senior lugwaardin Michele Snyman se raad:

Wat is jou moet-hê produkte op ’n vliegtuig?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Grimeerverwyderingslappies
  • ’n Intensiewe vogroom om gedehidreerde vel te voorkom
  • ’n Getinte vogroom eerder as ’n swaar onderlaag
  • Gesigsproei (ek verkies een met vitamiene E)
  • Oogdruppels om te keer dat jou oë uitdroog
  • ’n Getinte lip-balsem
  • Maskara
  • ’n Buisie Tea Trea-jel vir ingeval jy ’n puisie kry
  • Hand-skoonmaker
  • Kougom om jou asem vars te hou

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat doen jy voor ’n vlug om jou vel voor te berei?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Ek drink baie water voor en na die vlug, dit help beslis met vlugvoosheid
  • Ek skrob en bevogtig my lyf van kop tot tone
  • Ek volg my hele velsorgroetine: ek was, skilfer af en dra ’n masker
  • Dit is ’n moet om jou hare te was: vuil hare en ’n vuil vel op ’n vliegtuig is net vuil
  • Drink meer vitamiene C wat jou imuunstelsel versterk en verkoues voorkom

Wat is passasiers se irriterendste skoonheidsgewoontes?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer hulle hul kaal voete op die armleunings laat rus om te voorkom dat hulle enkels swel. Jy kan dit doen, maar trek net sokkies aan!

Om kaalvoete toilet toe te gaan. As passasiers maar weet wat alles op daardie vloere kan wees.

Om swaar grimering te dra: dit smeer teen die vliegtuig se sitplek af en as jy wakker word met gesmeerde grimering is dit nie altyd ’n mooi gesig nie.

Die reuk van swaar parfuum of naskeermiddel wat die hele vliegtuig oorrompel.

Om parfuum aan te spuit terwyl ander mense eet en drink. Doen dit in die badkamer.

Wat kan jy doen om te keer dat jou skoonheidsprodukte lek tydens ’n vlug?

  • Sit alle vloeibare produkte in zip lock-sakkies om te keer dat dit op jou klere uitloop.
  • Probeer om doppies te gebruik wat toedraai eerder as oop-flip, dit is minder geneig om te lek.
  • Gebruik “cling-wrap” om bottel-openings toe te maak voordat jy die doppie opdraai.
  • Probeer om soveel moontik ekstra lug uit die botteltjie te druk voordat jy die bottel toedraai.

Suzanne se wenk:

Onthou om gratis monsters van vogrome, sonskerm, parfuum, serums, handeroom ens. bymekaar te maak, dit is klein en jy kan dit jy sommer in jou handsak gooi.

Produkte gebruik in hooffoto

  • Cetaphil Cleansing Cloths
  • Elizabeth Arden Eight Hour Miracle Hydration MistSkinderm Hydrating repair
  • Dior Hydra Life Deep hydration Sorbet Water Essence
  • Skinderm Hydration Repair Mask
  • Vichy Eau Thermal
  • Biomedical Vitamin E Therapy
  • Catrice Rock Couture Extreme Volume Mascara
  • Dr. Paw Paw
  • Clarins Hydraquench Cream-Gel
  • Sisley Paris Black Rose Cream Mask
  • Elemis Super Food Facial Oil
  • Tangle Tezeer Compact Markus Lupfer

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.