Mooimaak wenke vir jou video ontmoeting
Mooimaakwenke vir jou video-ontmoeting deur Suzanne Kotzé. Foto Lesia_G/istock images
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Jy slof dalk in gemaklike klere by die huis rond, sonder dat jou hare of grimering gedoen is en dan onthou jy van ’n Zoom-vergadering met jou baas of Houseparty-boekklub! Lyk so in ’n ommesientjie beter met ons mooimaakwenke.
Vir nog skoonheidswenke en nuus volg gerus skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé en assistent-skoonheidsredakteur en stilis Justine Kroes op Instagram @Stylvol.co.za
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }of volg hulle Facebook blad Stylvol
Baie mense maak die fout om hulself van onder af af te neem. Lig jou skootrekenaar deur dit op ’n hopie boeke op jou tafel of lessenaar te sit, of as jy ook graag uit jou bed werk, sit dit op ’n klein koffietafeltjie bo-op jou bed.
Lees ook: Ons daag jou uit! Dra lipstiffie elke dag vir die week en kyk wat dit vir jou gemoed doen
6 slim mooimaakwenke vir jou video-ontmoeting
Trek bedags jou gordyne oop sodat jy genoeg lig het, en sit saans ’n goedverligte vertrek. Lig direk van bo kan skaduwees oor jou gesig gooi, so ’n kantliggie of tafellamp is ’n goeie idee.
Lees ook: Vinnige golwende krulle – kry so dié voorkoms
Ons onthou almal die snaakse video van die pa wat op die nuus verskyn het toe sy klein kinders die vertrek onverwags binnekom!
Kies ’n vertrek waarvan die deur kan sluit om te keer dat jou kinders of honde jou vergadering of ontmoeting onderbreek. Daardie gesig wat jy trek as jy eintlik wil gil “Gaan uit!!!”, maar probeer mooipraat met jou kinders voor jou aanlyn gehoor kan dalk vir ’n paar kollegas of vriende baie pret veroorsaak. 😉
Lees ook: Maklike selfdoen-naelkuns wat jy nou kan doen
Lipstiffie helder dadelik jou gesig op en maskara laat jou oë oper vertoon.
#rrWenk: ’n Pienk effens donkerder as jou natuurlike lipkleur is ’n goeie keuse vir ’n natuurlike voorkoms.
Lees ook: Gee jouself ’n “facial” by die huis
6 slim mooimaakwenke vir jou video-ontmoeting
Dit werk veral goed as jy nie tyd gehad het om jou hare te doen nie.
Wees net versigtig dat jy nie oorbelle aansit wat klingel nie, veral gedurende ’n Zoom-vergadering.
Lees ook: Die regte manier om gesigmaskers te gebruik
6 slim mooimaakwenke vir jou video-ontmoeting
’n Haarserpie steek uitgroei-kleur of -grys goed weg. Kyk gerus na hierdie oulike video: Doen dit self met haarserpies: Ons wys jou hoe.
iStock
As jy onkant betrap word en nog in jou pajamas is, gooi net ’n mooi baadjie bo-oor jou pajamas en gebruik ons vinnige mooimaak wenke vir jou video-ontmoeting.
Lees ook: Pak jou skoonheidsprodukte reg – en gooi hierdie weg
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.