kategorieë: GebakKos

Mosbolletjies

Genoeg vir 2 pannetjies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie is een van daardie ou resepte wat wraggies 24 uur neem om te maak. As jy mosbeskuit wil maak, breek die afgekoelde mosbolletjies uit mekaar en pak op bakplate.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Verhit die oond tot 220 °C, verlaag dadelik tot 100 °C en droog uit tot krakerig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 250 ml (1 k) rosyne
  • 60 ml (¼ k) suiker
  • 500 ml (2 k) louwarm water
  • 2 x 10 g-pakkies aktiewe droë gis
  • 2 125 ml (8½ k) koekmeel
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 10 ml (2 t) sout
  • 8 ml (½ e) anyssaad
  • 270 ml (1 k + 1 e + 1 t) botter + ekstra vir smeer, gesmelt
  • 250 ml (1 k) louwarm melk
  • 1 eier, liggies geklits

Begin reeds die vorige dag met stap 1 en 2.

1 Kneus die rosyne met ’n rolstok, of knip hulle middeldeur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Sit in ’n vrugtefles saam met die 60 ml (¼ k) suiker. Voeg die louwarm water by, roer en sit vir 24 uur of langer op ’n warm plek.

3 Voeg die gis by, roer en laat staan weer op ’n warm plek tot al die rosyne bo dryf en die suurdeeg gisborrels wys – sowat 4 uur.

4 Voeg 15 ml (1 e) suiker van die 250 ml (1 k) suiker en 500ml (2 k) koekmeel by die mengsel. Bedek, sit op ’n warm plek en laat rys tot dubbel die volume. Dit neem sowat 1½-2 uur.

5 Plaas die res van die koekmeel in ’n groot mengbak. Voeg die res van die suiker, sout en anys by.

6 Verhit die botter oor lae hitte en voeg die louwarm melk by.

7 Voeg die eier by die suurdeegmengsel en gooi by die meelmengsel. Voeg die melkmengsel ook by. Knie in die mengbak tot ’n stywe, elastiese deeg. Smeer ’n lagie gesmelte botter oor, bedek met kleefplastiek en laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume.

8 Voorverhit die oond tot 190 °C. Spuit 2 x 26 cm-broodpannetjies met kleefwerende kossproei.

9 Vorm gholfbalgrootte bolletjies deur die deeg tussen die duim en voorvinger af te knyp. Pak die bolletjies styf teen mekaar in die pannetjies en smeer ’n bietjie gesmelte botter tussen elke bolletjie. Smeer ook gesmelte botter bo-oor. 10 Bak vir 1–1¼ uur tot goudbruin en gaar.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.