kategorieë: FiksheidGesondheid

Oefen jouself jonger

As jy op soek is na ’n goeie rede om te begin oefen, sal ’n onlangse Harvard-studie jou dalk oortuig. Nie net kan oefening jou help om veroudering te keer nie, maar dit kan ook chroniese siektes soos vetsug, diabetes, hartsiektes en beroerte effektief teenwerk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Klits-verjonging met oefening

Mense is op soek na wondermiddels om beter te voel en langer te leef, maar oefening blyk die mees kragtige ingryping te wees, sê Nish Joshi, gesondheidskenner en helper wat sterre soos Gwyneth Paltrow, Cate Blanchett en Patsy Kenzit help om gesond en meer glansend te lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As skrywer van die boek, Total Health, is sy raad dat gereelde oefening jou hart en longe optimaal kan laat werk en stres sal verlig. Jy sal beter slaap en jou bui sal lig.

Die volgende vier oefeninge is die beste:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Joga

Anti-verouderingsvoordele: Dit versterk die liggaam van buite en binne en het ’n positiewe uitwerking op die lewer, longe, niere, milt en hart, sê Joshi.

Diep strekoefeninge plaas die bene en spiere sagkens in hul optimale posisie en dit “smeer” die gewrigte.

Gereelde joga kan beide die suurstof van die bloed en die sirkulasie verbeter.

“Dit is ook ’n uitstekende manier om jou liggaam te help detoksifiseer, want dit moedig limfatiese vloei aan en gee jou vel, oë en hare ’n gesonde gloed, voeg hy by.

CrossFit

Anti-verouderingsvoordele: Jy het seker al gruwelstories gehoor oor hoe uitmergelend CrossFit is, maar die waarheid is dit is geskik vir alle ouderdomme en fiksheidsvlakke, en dit is een van die beste vorme van oefening wat jy kan doen om algehele krag op te bou en fisieke tekens van veroudering teen te werk, sê persoonlike afrigter en Vlak 2 CrossFit-afrigter Nic Strehler.

In teenstelling met ure in die gimnasium, is CrossFit-sessies kort en gefokus met wisselende en relatiewe intensiteitvlakke om by individuele behoeftes aan te pas.

Sessies sluit in ’n reeks funksionele bewegings soos strek, stoot, spring, hardloop en die oplig van voorwerpe, om balans, krag, uithouvermoë en soepelheid te bevorder.

Studies het getoon dat net ’n paar sessies CrossFit kan jou hep om ’n gesonde, fikse en gebalanseerde liggaam te ontwikkel, ongeag jou ouderdom.

Trouens, volgens ’n onlangse artikel in die CrossFit Journal, word klasse altyd aangepas om minder gewig, inspanning en meer rus in te sluit vir diegene wat dit nodig het.

Die uiteindelike doel is om almal te help om ’n beter lewenskwaliteit te hê en om daaglikse aktiwiteite soos die klim van trappe en die dra van kruideniersware te vergemaklik.

Stap

Anti-verouderingsvoordele: Dit is een van die eenvoudigste vorme van oefening en ook een van die mees doeltreffende maniere om jare by jou lewe te voeg.

Dit kan jou help om fiks te word en jou rustende hartklop te verlaag. Dit hou ’n groot voordeel in vir algehele hartgesondheid en sal jou spiertonus verbeter en stres verminder.

Studies toon gereelde stapsessies kan jou kognitiewe funksie, balans en koördinasie verbeter.

Om maksimum voordeel te verkry, probeer vining genoeg stap om sweet op te bou en jou hartklop te verhoog. Dit werk veroudering teen as jy ten minste vyf keer per week vir 30 minute op ’n keer stap.

Fietsry

Anti-verouderingsvoordele: Jy hoef nie 100 km te ry om voordeel te trek uit fietsry nie. Volgens ’n onlangse opname in geestesgesondheid in die Verenigde Koninkryk, kan net 30 minute se fietsry help om spanning en depressie te verbeter, aldus 90% van die respondente.

“Gereelde oefening verbrand verouderingschemikalieë soos kortisol en adrenalien wat ons produseer in stresvolle situasies,” sê skrywer en sielkundige Paul Keedwell.

Fietsry is ’n goeie lae-impak-aktiwiteit en nie so straf op op die gewrigte nie. Dit is ideaal vir pasiënte met knie- of rugbeserings weens hoë-impak sportsoorte soos hardloop. Fietsry of spinning binnenshuis hou jou fiks en help die liggaam om te herstel, sê Johannesburgse afrigter en spin-instrukteur, Sharon Van Den Heever.

En wanneer jy ry, maak dit die moeite werd! Laat jou hart werk teen 80% van sy ouderdomsaangepaste maksimum kapasiteit (laat jou afrigter dit bereken). Dit laat jou bloedvate rek en verlaag jou bloeddruk.

Lees ook: 4 redes hoekom dit belangrik is om rugoefeninge te doen

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.