kategorieë: GebakKos

My hartjie my liefie koekies

My-hartjie-my-liefie koekies deur Vickie de Beer. Bygestaan deur Martjie Malan. Foto deur Lindy Kriek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 24 koekies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gebruik die karamelsous hieronder, maar kook dit verder af oor lae hitte sodat dit dikker en meer smeerbaar word. Anders kan jy net ’n blikkie karamel koop en dit tussen die koekies smeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Koekies

  • 250 g botter
  • 250 g strooisuiker
  • 2 groot eiers
  • 5 ml (1 t) vanielje-ekstrak of vanieljegeursel
  • 400 g koekmeel

Sjokoladelaag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 200 g donkersjokolade, ruweg gekap
  • 200 g witsjokolade, ruweg gekap
  • 5 ml pienk voedselkleursel
  1. Room die botter en suiker tot lig en romerig in die mengbak van ’n menger met die pedaal-aanhegsel, of gebruik ’n elektriese handklitser. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Klits die vanielje-ekstrak/geursel by en meng goed.
  2. Voeg die meel by en meng in tot ’n stewige deeg vorm. Moenie te veel met die deeg werk nie. Verdeel die deeg in werkbare groottes en vou met kleefplastiek toe. Verkoel ’n paar uur of oornag in die yskas sodat die deeg goed koud is.
  3. Voer 2 bakplate met bakpapier uit. Rol die deeg sowat 6 mm dik uit op ’n skoon werkvlak wat liggies met meel bestuif is.
  4. Sny die koekies met ’n hartvormige koekiedrukker uit die deeg. Lig met ’n paletmes op en sit op die bakplate – laat genoeg plek tussen die koekies. Sit vir minstens ’n halfuur in die yskas. Indien die deeg nog lekker koud is, kan dit dadelik gebak word. Stel die oond op 190 ˚C. Bak vir sowat 12 min. tot die koekies lig goudkleurig om die rande en stewig in die middel is. Laat op ’n draadrakkie afkoel.
  5. Smeer ’n laag van die dikker, afgekookte karamel tussen die koekies en plak die koekies twee-twee opmekaar.
  6. Doop die helfte van die koekies in die donkersjokolade en die ander helfte in die witsjokolade: Berei ’n dubbelkoker voor en smelt 150 g van die donkersjokolade tot glad en blink, haal van die hitte af. Voeg nou die ander 50 g by en roer tot die sjokolade gesmelt het.
  7. Doop die hartjies in die sjokolade en bedek heeltemal. Sit op ’n afkoelrakkie wat oor ’n skinkbord staan sodat die ekstra sjokolade afdrup en laat stol by kamertemperatuur.
  8. Herhaal die proses presies met die witsjokolade. Voeg net die pienk kleursel by die witsjokolade wanneer dit gesmelt is.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

13 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.