kategorieë: Video'sOntspanning

’n Film van vele eerstes

’n Film van vele eerstes! deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Empire Entertainment © 2018 WARNER BROS. ENTERTAINMENT INC. AND METRO-GOLDWYN-MAYER PICTURES INC. ALL RIGHTS RESERVED

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die eerste A Star Is Born het in 1937 die lig gesien, met die fokus op ’n hoopvolle aspirant ster (gespeel deur Janet Gaynor) en ’n gevestigde akteur (Fredric March) wie se alkoholisme sy eie loopbaan tot ’n val bring. ‘n Nuwe weergawe van die rolprent is toe weer in 1954 gemaak met Judy Garland en James Mason in die hoofrolle, en weer  in 1976. Maar hierdie keer het die kollig op die musiekwêreld geval en kon ons luister na die ikoniese stemme van Barbra Streisand en Kris Kristofferson.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Alhoewel daar ’n verskil is in die kinematiese sensitiwiteite as gevolg van die tydperk en era, het die konsep en storielyn tog altyd dieselfde gebly: ’n gevestigde man wat reeds alles van die vermaaklikheidsbedryf gesien en geweet het, en wat aan verslawing ly,  ontmoet ’n talentvolle, verfrissend eerlike, onopgesmukte vrou en raak met die eerste oogopslag verlief op haar. Hy stel haar bekend aan die bedryf wat hy reeds domineer –  en die wêreld waarin hy leef en rondbeweeg – en hulle trou op die stadium wat die vermaaklikheidswereld van haar begin kennis neem. Alhoewel hulle mekaar se loopbane ondersteun, kan sy liefde vir haar nie sy eie depressie oorkom nie. Sy bekendheid en roem gaan hom nie vir altyd kan dra nie, en intussen trek hy die vrou wat hy liefhet saam met hom af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar word gespot dat elke generasie sy eie A Star Is Born vervaardig, maar min kan regtig kompeteer met die 2018 weergawe van dié klassieke liefdesverhaal waarin Bradley Cooper en Lady Gaga hulle kragte saamsnoer. A Star Is Born het op 12 Oktober 2018 in Suid-Afrikaanse teaters geland, en die rolprent het sedert sy aanvanklike vrystellingsdatum in Duitsland (4 Oktober 2018) reeds ’n paar rekords laat spat. Die klankbaan vir A Star is Born – met die stemme van Lady Gaga en Bradley Cooper –  het nommer 1 op die Billboard Top 200 albums gehaal. Dié prestasie maak Gaga die enigste vrou ter wêreld wat vyf nr. 1-albums in hierdie dekade kon kry. Intussen het A Star Is Born die tweede fliek die maand geword om $200 miljoen te behaal – ‘n eerste vir Oktober. Slegs vier films het dit al vantevore reggekry om hierdie bedrag te oorskry – Meet the Parents, Gravity, Shark Tale en The Martian.

In die laaste weergawe van A Star Is Born speel die onweerstaanbare Bradley Cooper nie net die rol van die gewilde country-rock musikant, Jackson Maine, nie maar ook vir die heel eerste keer in sy loopbaan die rol van regisseur. En Stefani Joanne Angelina Germanottaie, beter bekend as die talentvolle Lady Gaga, speel die rol van Ally, ’n sukkelende sanger en komponis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons het ’n bietjie gaan oplees oor A Star Is Born en het op ’n klomp fassinerende feite en lekker “behind-the-scenes” interessanthede afgekom.

In die film ontmoet Ally en Jackson tydens ’n optrede in ’n kroeg vir fopdossers. Ally sing “La vie en rose”, die einste liedjie wat Bradley Cooper laat besluit het om vir Lady Gaga die rol van Ally aan te bied.  In 2016 was Cooper steeds onseker oor wie die rol van Ally moes speel, maar toe hy tydens ’n fondsinsameling vir kanker Gaga se vertolking van die liedjie hoor, was hy so betower dat hy daar en dan besluit het sy móét die hoofrol vertolk. Die volgende dag het Bradley na Gaga se huis in Malibu gegaan en vir haar die rol aangebied. Hulle het ’n video gemaak waar hulle tonele en liedjies uit die fliek opvoer, en dié video het die ateljee oortuig om die fliek te maak.

Die klankbaan vir A Star Is Born is vol oorspronklike liedjies wat spesiaal geskryf is vir die fliek, en baie daarvan is op stel eers geskryf. Lady Gaga het byvoorbeeld die liedjie ‘I don’t know what love is’ geskryf nadat sy ’n besonder emosionele toneel geskiet het, en het selfs Ally se liedjieboek gebruik om die woorde daarin neer te skryf.

© 2018 WARNER BROS. ENTERTAINMENT INC. AND METRO-GOLDWYN-MAYER PICTURES INC. ALL RIGHTS RESERVED

Lucas Nelson, seun van die country-sanger Willie Nelson, was die vervaardiger van baie van die film se oorspronklike liedjies en het van die liedjies saam met Cooper en Gaga geskryf. Boonop het sy orkes (Promise of the Real) as Jackson Maine se groep in die fliek opgetree.

Lady Gaga háát blykbaar flieks waarin jy kan agterkom dat die akteurs en aktrises net maak asof hulle sing. So, ten spyte van die feit dat haar medester, Bradley Cooper, geen ondervinding as sanger of musikant het nie, het Gaga hom oortuig om al hulle stemopnames lewendig op die dag van verfilming op te neem in plaas daarvan om op voorafopgeneemde liedjies net te maak asof hulle sing. Albei voel dat hierdie manier van doen hul optredes meer geloofwaardig gemaak het.

© 2018 WARNER BROS. ENTERTAINMENT INC. AND METRO-GOLDWYN-MAYER PICTURES INC. ALL RIGHTS RESERVED

Baie van die film se musikale optredes is by regte gebeure, soos die Glastonbury-fees, opgeneem. Om te keer dat die gehoor hulle splinternuwe liedjies opneem en aanlyn versprei voordat die film vrygestel is, het die klankspan doelbewus die versterkers afgeskakel sodat die gehoor nie die musiek of die lirieke kon hoor nie. Hulle wou die optredes so geloofwaardig moontlik maak sodat fliekgangers die gevoel kon kry dat hulle in die gehoor of self op die verhoog is.

© 2018 WARNER BROS. ENTERTAINMENT INC. AND METRO-GOLDWYN-MAYER PICTURES INC. ALL RIGHTS RESERVED

In plaas daarvan om duisende ekstras vir die fliek te kry, het die filmmakers besluit om Lady Gaga se toegewyde aanhangers  (beter bekend as haar Little Monsters) as ekstras te gebruik. Hulle is die kans gegun om kaartjies te koop vir al die optredes tydens verfilming. Die opbrengs hiervan is alles aan Gaga se Born This Way-organisasie geskenk.

Bradley Cooper het dalk jare se ondervinding as akteur, maar toe dit kom by die rol van ’n sanger en musikant wat boonop regtig voor gehore moes sing, het hy besef dat hy baie tyd sou moes insit in die voorbereiding vir dié spesifieke rol. Hy het ’n stemafrigter aangestel saam met wie hy ses maande lank vyf dae ’n week gewerk het.  Hy het nie net as Bradley Cooper leer sing nie, maar ook in die laer stemtoon van sy karakter Jackson Maine. Hy het ook kitaar- en klavierlesse geneem, en het basies 12 maande lank elke aand saam met Lucas Nelson gewerk om sy sangtalent op te skerp. Bo en behalwe sy sanglesse en stemafrigting het Bradley ook ’n dialoogafrigter aangestel om hom te help om die ryk, diep stem wat hy vir Jackson gevisualiseer het, uit te beeld. Bradley het geleer om sy stemtoon met ’n hele oktaaf te verlaag om die rock-karakter ’n beter teenwoordigheid en geloofwaardigheid te gee!

© 2018 WARNER BROS. ENTERTAINMENT INC. AND METRO-GOLDWYN-MAYER PICTURES INC. ALL RIGHTS RESERVED

Alhoewel Gaga reeds met ’n Golden Globe bekroon is vir haar optrede in American Horror Story, is A Star Is Born haar eerste hoofrol in ‘n rolprent. Die oomblik net voordat die laaste emosionele toneel by die Shrine Auditorium opgeneem moes word, het Gaga ’n oproep ontvang met die hartseer nuus dat haar beste vriendin op haar sterfbed lê.  Gaga het dadelik soontoe gejaag, maar het haar vriendin se sterfte met ’n paar minute gemis. Toe Gaga later na die stel terugkeer het sy op die verhoog geklim en ’n hartverskeurende vertolking van “I’ll never love again” gelewer. Sy beskryf dit as ’n toneel wat sy nooit sal vergeet nie, en dis toevallig ook die laaste, baie roerende toneel van die film.

Verdere interessanthede oor dié film:

  • Ally se huis in A Star Is Born is gevul met foto’s van Stefani Germanottaie se kindertyd.
  • Ally se choreograaf in die fliek is Richie Jackson, Lady Gaga se werklike choreograaf.
  • Dave Chappelle sê die woord ‘bro’ vyf keer gedurende sy toneel in die fliek.
  • Ally en Jackson word in die huwelik bevestig deur Eddie Griffin, ’n bekende Amerikaanse komediant.

So, het jy al die nuwe lokettreffer gaan kyk? En wat het jy daarvan gedink?

As jy nog nie het nie, kan jy solank hier ’n voorsmakie van die film kry:

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.