kategorieë: Gesondheid

’n Hoed is ’n moet

Kan ons poppelopsie (ses maande oud) saam met ons langs die swembad kuier?

Kinders het sonlig nodig om vitamien D te maak. Dink gebalanseerd oor sonlig: ’n bietjie is goed; te veel nie. Die son rig voor tien en ná drie die minste skade aan, wat vroegdag en laatmiddag die beste tye langs die water maak – en vir sport en buite speel ook.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Australiese Sunsmart-program gee vyf riglyne vir kleintjies:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Skep koelte waar hulle speel. Maak seerowerskerms: bind die hoeke van ’n vrolike lap aan vier stokke en steek hulle in die sand of gras om koelte oor die kinders te gooi. Hoe digter die lap, hoe beter die beskerming.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Klere keer. Mr Price het ’n reeks kinder- én volwasse sonbeskermende swemklere met die Kansa-merk op.

’n Hoed is ’n moet. Hoe breër die rand, hoe beter. As jy nie ’n hoed met ’n breë rand kry nie, werk ’n ligte katoenserpie om die hoed se rand of bol vas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Smeer sonskerm dik aan.

• En kyk of sy ’n sonbril sal verdra.

My dogtertjie brand dat sy soos ’n tamatie lyk, al sit ons sonskerm aan

• As daar een feit oor sonskermmiddels is wat jy moet weet, is dit dat daar nie iets soos ’n sonskerm is nie. Almal van hulle, van die duurste tot die soorte met die hoogste SBF, is maar net deels doeltreffend. Hulle is volgens Kansa eintlik jul dérde beste opsie.

• Klere en digte skadu werk beter as sonskermmiddels. Hoe digter die skadu hoe beter.

• En pak die koelte laag op laag. Slaan vir die kinders ’n sondigte sambreel op en vul dit aan met ’n breërandhoed, wat hulle twéé lae skadu gee. Laat haar ’n T-hempie oor haar sonwerende swemklere dra vir ekstra skadu oor haar skouers. Lang, ligte rokkies, los kardoesbroeke en sarongs werk ook. En moenie die kindergrootte sonbril vergeet nie.

Maar moenie die sonskerm weggooi nie. Kansa bedoel maar net dat sonskerms nie ’n lisensie is dat sy heeldag sonder verdere beskerming in die son kan speel asof sy met ’n onsigbare, ondeur-dringbare harnas bedek is nie. Hulle is nuttig maar broos.

My tiener kla haar bene bly kerswit terwyl ek dink haar gesig en skouers is reeds te erg verbrand. Sal ’n sonbed help dat sy oraloor meer egalig verbruin?

’n Mens brand die meeste waar die sonstrale loodreg op jou vel val, soos op jou skouers. Dus verbrand jou skouers en borug die gouste … en die seerste. Die son val meestal baie meer vertikaal in op jou bene, en daarom raak hulle nie maklik bruin nie. Jou gesig brand ook redelik maklik omdat ’n mens jou kop voortdurend beweeg en dus van voluit loodregte son tot redelik vertikale son vang.

Sy moenie probeer verbruin nie maar liewer haar gesig so lig soos haar bene hou. Dit gaan nie net keer dat sy velkanker kry nie, maar haar báie plooie ná dertig spaar.

Koop vir haar van die nuwe hoede met hul ekstra insetsels wat soos ’n dun serp sag oor haar skouers en borug val.

JY KAN ’n sonskerm vir jou kinders kies

Nuwe of ou formules? Daar is nou twee standaarde vir sonskerms. Albei dra die Kansa-seël. Altwee is dus goed maar die nuwe een is geformuleer om stabiel in hitte te bly.

UVA of UVB? Die beste sonrome beskerm teen albei.

Watter SBF? As jou kinders blond is, gebruik ’n sonbeskermingsfaktor (SBF) van 50 of meer; as hulle blas is, kan jy met ’n SBF 30 wegkom.

Wat is die beste? Jy kan kies tussen olies, rome, sonblokke, aanspuitskerms en selfverbruiners. As jy by produkte met die Kansa-seël bly, is jy veilig. Wenk Sommige handelsmerke adverteer asof al hul produkte sonveilig is maar as die seëlmerk nie óp die houer aangebring is nie, gaan die inhoud van die houer niks vir jou doen nie. Oppas vir houers met ’n plakker met die Kansa-seël – dis dalk later onregmatig aangebring.

Hoe lank kan kinders in die son bly? Hoe ligter hul velskakering is, hoe korter, al het hulle ’n sonskerm met ’n SBF50 aan. Die SBF help, maar is nie ’n waarborg nie. So het ’n pikswart vel ’n natuurlike SBF van net 13 maar brand glad nie. Navorsers vermoed dat die swart vel ’n hele stelsel van ingeboude afkoel- en ander beskermingsprosesse gebruik waarvan ons nog min weet. Ligter velle het nie hierdie beskermingsmeganismes nie en brand waarskynlik nie net met UVA en UVB nie maar ook met infrarooi lig.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.