kategorieë: InspirasieJou lewe

Vind só vreugde

Stimuleer jou serotonienvlakke

Eet gereeld rys, pasta, aartappels, piesangs, brandrissies, bone, peulgroente, okkerneute, amandels, sesam- en pampoensaad

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Gebruik ’n ioniseerder in jou slaapkamer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Oefen gereeld – seks tel ook as oefening!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Kry tien tot twintig minute son per dag, verkieslik vroeg soggens of laatmiddag

• Gebruik essensiële olies: laventel-, roos- en lemoenbloeisel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vind só vreugde

• Doen gereeld dinge wat jou plesier gee, soos om gedigte of inspirerende woorde te lees of jou ’n tydjie in die natuur te gun.

• Verbeter jou bui deur jou liggaam te beweeg; dans of skud sommer net rond op die maat van musiek

• Luister na musiek na gelang van jou stemming. Kies kalm klanke as jy oorangstig voel, of ’n op en wakker ritme as jy moeg of lusteloos is.

“Sou dit nie lekker wees nie as … ” Voltooi hierdie sin op verskillende maniere en kyk hoe anders dit jou laat voel!

“Dagdroom.” ’n Fokus op jou begeertes verbeter die kans dat dit werklikheid word – of jy dit glo of nie. Dink aan iets wat jy graag wil hê of wil ervaar, beleef die gevoel, visualiseer dit, en herhaal gereeld. Gebruik ’n “vision board” of droombord waarop jy prente van jou drome plak om jou te inspireer.

• ’n Troeteldier beloon jou met onvoorwaardelike liefde.

• Gee aandag aan jou geloof.

Watter tipe persoonliheid het jy? Vind hier uit en volg dan die onderstaande wenke

Wenke vir elke persoonlikheid

Tipe A
Omdat uitbranding in jou geval ’n groot moontlikheid is, moet jy werklik leer om te ontspan. Gebruik jou behoefte aan kontrole positief deur jou asemhaling bewustelik te beheer. Doen hierdie kalmerende oefening wanneer jy gespanne raak: tel stadig tot drie terwyl jy deur jou neus inasem en jou maag uitstoot. Hou jou asem vir drie tellings en blaas dit dan deur jou mond uit terwyl jy tot ses tel. Herhaal ’n paar keer en voel hoe die druk wegvloei.

Medeafhanklik
Wanneer alles vir jou te veel word, kan jy ’n visualiseringsoefening probeer. Skep ’n helder prentjie van jouself waar jy iets prettigs of ontspannends doen. Dit maak nie saak wat dit is nie – enigiets van ’n seksuele fantasie tot ’n dag sonder horlosies.

Hulpeloos-hopeloos
Probeer daardie negatiewe gedagtes in hul spore stuit! Vervang hulle deur positiewe affirmasies soos “Ek kan dit regkry!” of “Ek kan dit hanteer!” Herhaal hierdie frases met oortuiging en geesdrif.
Kyk of jy die verligting kan voel, of met die opbouende energie identifiseer. As jy belaglik voel wanneer jy dit hardop sê, kan jy die stellings op notatjies skryf en dit neersit
waar jy dit gereeld kan sien.

Veerkragtig
Hoewel stres jou kwalik raak, is dit belangrik dat jy tyd maak om te herlaai. Doen ’n paar keer per week ontspannende oefeninge soos joga of t’ai chi – die gekontroleerde bewegings versterk daardie gevoel van beheer in liggaam en siel.

Oorlewingspersoonlikheid
Kreatiwiteit is jou allerbeste wapen teen stres. Maak tyd vir ontspannende, skeppende aktiwiteite wat jou help om die logiese linkerbrein en kreatiewe regterbrein te integreer – maak nie saak of dit nou skilder of pottebakkery of iets anders is nie.

R-persoonlikheid
Hoewel jy van nature kanse waag, moet jy waak daarteen om uitgeput en ongeluksvatbaar te word. Dis belangrik dat jy die avontuur en aksie in jou lewe met ontspanning balanseer. Probeer ’n meditasie wat jou lei om jou sintuie aan te skakel: Kyk nuut na die wêreld en waardeer die skoonheid rondom jou. Maak jou oë toe en fokus een vir een op jou sintuie. Wat kan jy hoor, ruik, proe, en voel? Maak jou oë oop en voel hoe ’n gevoel van ontspanne bewustheid oor jou spoel.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

14 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

19 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

22 hours Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

23 hours Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 day Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.