kategorieë: Ons menseBekendes

’n Kykie in die lewe van Reynard Slabbert

’n Kykie in die lewe van Reynard SlabbertHooffoto Sean Brand; brittak/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kom dit natuurlik om so sjarmant en vriendelik te wees in jou onderhoude op Bravo vir kykNET?

Sjoe, dankie vir die kompliment. Dit is nou baie makliker omdat ek dit baie doen. Maar aanvanklik was dit glad nie maklik nie. Ek’s ’n akteur en ons moet gewoonlik rolle speel. Ek het in die begin te hard probeer: te veel projekteer; in die skoene van ’n aanbieder geklim. Maar ’n mens moet net jouself wees. Dit het ’n ruk geneem om te verstaan dat ek net met Tannie Marie in haar leefkamer moet gesels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Het jy, Tracey Lange en Robbie Kruse heelwat pret agter die skerms?

Ons het rêrig baie pret. Ek sien vir Robbie en Tracy maar min – wat sleg is, want ons laaik mekaar. Dis ’n crew wat insetsels pret maak – die regisseur, kameramanne, klankmanne, almal van hulle. Die spanne in Gauteng en in die Kaap is ongelooflik. Ons lag meer as wat ons werk. Ons almal ken mekaar se families, lief en leed. Dis rêrig soos ’n familie. Wanneer ons saam in ons voertuig ry, sal ander mense dink ons hou niks van mekaar nie, want almal word heeltyd “uitgehaal”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Met watter bekende het jy die maklikste en bevredigendste onderhoud gevoer?

Ek moet erken dat my onderhoude oor die algemeen maklik is omdat ons met mense werk wat in die openbare oog is, en wat gereeld met die media werk. Hulle verstaan die proses en praat sommer maklik. Die maklikste: Frank Opperman, want ek hoef skaars ’n vraag te vra, dan volg die stories een ná die ander.

Jy het ook al in talle verhoog- en TV-produksies opgetree. Watter rolle of produksies was die bevredigendste?

2018 was ongelooflik. Mense Mense op kykNET was ’n droom wat waar geword het. Ek wou nog altyd in ’n sitkom speel. Die cast en crew het so goed oor die weg gekom. Dit was mal harde werk maar ’n fees. En ek kon elke dag saam met Sandra Prinsloo tee drink.
Verhoog: Om die prins te speel in die Sneeuwitjie-pantomime. Ek het op my perd (Segway) oor die verhoog gery en gesing. Dit was epies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Het jy al ’n groot flater op die verhoog of in ’n TV-program gemaak?

Op die einste Sneeuwitjie-verhoog het ek een aand nie gekonsentreer nie en van die verhoog afgeneuk. Ek was binne twee sekondes weer op die verhoog … maar vernedering is erger as die dood. Ha-ha!

Ná jou dramastudie aan die Technikon Pretoria het jy ses jaar lank die wêreld plat gereis en oorsee gewerk ook. Na watter land sal jy altyd wil terugkeer, en watter werk was die lekkerste?

Ek het baie daarvan gehou om in Amerika te woon en werk. Ek het boesemvriende gemaak. Ek was al ’n paar keer terug, en kan nie wag om weer te gaan nie. Die lekkerste werk was die vrywillige diens wat ek vir die Verenigde Nasies gedoen het. Dit was nie “maklike”, lekker werk nie, en my lewe was soms in gevaar … maar ek het gevoel ek maak ’n verskil.

Dink jy daaraan om ’n CD te maak?

Dink julle ek moet? Net soos met enigiets anders in die lewe kan ’n mens nie iets half aanpak nie. Ek is op die oomblik so besig … en ’n sangloopbaan is nie ’n grap nie.

Hoe bly jy fiks?

My kake is báie fiks. Ek is gek na eet. Wil. Net. Heeldag. Eet. Maar ek gim soms … en stap. Ek kan ure en ure lank stap.

Wat doen jy graag op ’n afdag?

Eet en haal kuiers in met die vriende wat ek nie gereeld kon sien nie.

Waar het jy grootgeword en waar bly jy nou?

Ek het op Empangeni in Zoeloeland grootgeword, skool in Durban klaargemaak. Ek bly tans in Jo’burg. Ek is gelukkig hier. Ek hou van die vinnige tempo.

Die laaste drie goed wat jy vir jouself gekoop het?

’n Maatband. Iemand het myne geleen en nou is dit weg en ek DIY gereeld.
’n Bottel wyn – dis Vrydag.
Speserye – dit was ’n spesiale aanbod.

Jou beste:

Sanger en akeur?
Jamie Cullumm (sanger) en Bradley Cooper (akteur).

Vakansiebestemming?
Ballito – waar wyse moeder bly.

TV-reeks?
New Girl

Kleur?
Grys

Kos en drinkgoed?
Skaapvleis en patats saam met wyn.

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.