kategorieë: WenkeMode

’n Nuwe voorkoms: Eksperimenteer met kleur en tekstuur

’n Nuwe voorkoms: Eksperimenteer met kleur en tekstuur deur Justine Kroes

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wie het ’n nuwe voorkoms gekry?

Naam: Alecia Conradie

Ouderdom: 36

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Beroep: Bestuursrekenmeester

Meer oor Alecia

Alecia het ’n baie gemaklike styl gehad – sy verkies dieselfde styl en verander ook nie haar haarstyl gereeld nie.

Ons doelwit was om Alecia te leer hoe om met modeneigings te eksperimenteer en terselfdertyd dié tendense haar eie te maak.

Alecia het ’n slank, regaf figuur en ons het daarin geslaag om vir haar ’n sagte, vroulike maar steeds moderne voorkoms te gee.

‘Ek het nou uiteindelik ’n nuwe, korter haarstyl! Ek het soos ’n glanspersoon gevoel en is baie geëerd dat die span soveel moeite gedoen het’ – Alecia Conradie

Mode

Voor:

’n Nuwe voorkoms: Eksperimenteer met kleur en tekstuur

Naweek:

Neutrale skakerings is nou een van die groot tendense in die modewêreld. Alecia lyk vroulik in dié bloes wat sy by ’n wit oopknoopromp dra wat deur die styl van die jare negentig geïnspireer is.

Die romp wat hoër as haar middellyf sit, skep die illusie van vroulike kurwes en die oorbelle rond die voorkoms af.

Pas die voorkoms aan sodat jy dit ook as ’n werkuitrusting kan gebruik. Bykomstighede soos ’n serpie en ’n veelsydige handsak is die perfekte afronding vir die meer formele voorkoms.

Na:

’n Nuwe voorkoms: Eksperimenteer met kleur en tekstuur

Aand:

Kyk net daardie bene! Hierdie bate kan nie vir altyd in ’n denim weggesteek word nie! Die lengte van die rok beklemtoon Alecia se mooi bene, en roesbruin komplementeer boonop Alecia se olyfkleurige vel.

Na:

Werk:

’n Wit kraaghemp is ’n staatmaker in elke vrou se klerekas. Kombineer dit met ’n noupassende potloodromp en hoëhakskoene vir ’n klassieke maar steeds moderne voorkoms vir die kantoor.

Ná ’n dag by die werk kan jy blitsvinnig dié uitrusting transformeer deur byvoorbeeld jou hoëhakskoene deur ’n paar tekkies te vervang en die knoophemp vir ’n moderne T-hemp te verruil – onthou om die hemp in te steek!

Met Alecia se nuwe haarstyl kan sy bloot haar hare losmaak en haar kop onderstebo gooi om die natuurlike volheid en krulle van haar hare te beklemtoon.

Na:

Skoonheid

Voor:

Grimering

Sorbet het Alecia met ’n luukse naelbehandeling bederf. Alecia dra selde grimering en ons grimeerkunstenaar, Cheryl Parker, beveel ’n BB-room of getinte bevogtiger aan vir ’n ligte, natuurlike dekking.

“’n Roomblosser is ’n moet vir Alecia se handsak. vee dit sommer met jou vingerpunte oor jou wange en lippe vir ’n vinnige, vars gelaat. Gebruik ’n verbronsingspoeier en kontoerkunsies op jou haarlyn en slape om jou voorkop minder prominent te laat vertoon,” is Cheryl se raad.

“Tik ook die poeier op jou ooglede aan vir ’n bietjie kleur. Tik ’n verhelderaar bokant jou wangbene aan, asook ’n verbronsingspoeier onder jou wangbene om dit te beklemtoon. Definieer jou oë met ’n wenkbroupoeier en volg dit op met ’n wimperkruller vir oop, vars oë.”

Na:

’n Nuwe voorkoms: Eksperimenteer met kleur en tekstuur

Hare

Alecia het al jare lank dieselfde haarstyl en maak dit meestal vas. Sy het voorheen haar eie hare gesny en gekleur. Die bekroonde Gary Rom-span in Kaapstad het ’n volledige haarkonsultasie met Alecia gedoen.

Gary Rom-salonne is bekend daarvoor dat hulle die gesondheid en toestand van kliënte se hare eerste stel, en deur die konsultasieproses lig hulle kliënte oor die verskillende stappe van haarsorg in.

Die stilis het voorgestel dat Alecia haar bos krulhare heelwat korter sny omdat dit haar fyn liggaamsbou oorweldig. ’n Korter en moderner snit, soos ’n lang bob, sal meer in proporsie wees en sal boonop al die dooie punte laat verdwyn. Die styl is meer beheerbaar, makliker om te blaas of te krul, en op lui dae kan sy bloot haar hare met ’n knippie op haar kop vassteek.

Die stilis het Alecia aangeraai om saam met die tekstuur van haar hare te werk en nie daarteen nie. Hare met tekstuur is nou groot nuus.

Die Balayage-kleurtegniek is vir die stilering gebruik – ligter strepies is van mid-lengte tot die punte van haar hare aangeverf.

Die resultaat? Songesoende hare met ligter skakerings wat ’n pragtige raam om Alecia se gesig vorm. Haar hare is ook in die salon behandel sodat dit gesond en glansend lyk.

‘Ek geniet die nuwe lengte en dra vir ’n slag my hare los’ – Alecia

Cheryl se topwenk:

Vir ’n smeulende aandvoorkoms kies Cheryl die rokerige oogvoorkoms met skakerings van brons en koper wat Alecia se groen oë komplementeer. Cheryl se topwenk “as jy skrikkerig is om vloeibare oogskadu aan te wend, gebruik eers minder en bou eerder daarop, vee sommer netjies met jou vingers oor jou ooglede”. Definieer nou jou oë met ’n vloeibare oogomlyner en maskara.

Na:

’n Nuwe voorkoms: Eksperimenteer met kleur en tekstuur

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.