Ons diere & hul giere Seisoen 1 Episode 1: Is jy ’n goeie troeteldier-eienaar? Met Dr Didi Claassen

Ons diere & hul giere Seisoen 1 Episode 1: Is jy ’n goeie troeteldier-eienaar? Met Dr Didi Claassen deur Ilse Salzwedel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ilse Salzwedel is ’n bekroonde joernalis en aanbieder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons diere & hul giere Seisoen 1 Episode 1: Is jy ’n goeie troeteldier-eienaar? Met Dr Didi Claassen

‘n Troeteldier bring baie plesier, maar beteken ook groot verantwoordelikheid. In hierdie eerste episode gee ons ‘n oorsig van dinge wat elke troeteldiereienaar behoort te weet. Dr. Didi Claassen, ‘n veearts van Pretoria, gesels oor inentings, sterilisasie, die regte kos, jaarlikse ondersoeke en behandeling teen vlooie en bosluise. En as jy wou geweet het wat is ‘n veearts se opinie oor “menskos” en bene vir jou troeteldiere, luister dan hier!

Nuwe episodes word elke tweede Maandagoggend om 09h00 vrygestel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dinsdae: Tussen Ons Seisoen 3

In die derde seisoen van ons gewilde welwees-reeks, gesels Mariette Snyman met verskeie kenners oor hoe jy kan help wanneer ’n krisis jou vriendin, lewensmaat, kind, ouers of iemand na aan jou tref.

Wat moet jy doen, wat moet jy liewer nie doen nie, en hoe behou jy jou emosionele balans?

Wanneer: Elke Dinsdag vanaf 09h00. Die eerste episode word op Dinsdag 25 Februarie uitgesaai.

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan verlief wees op ons nuwe reekse

Luister solank na ons vorige twee seisoene:

In Seisoen 1 het ons gesels oor gelukkige verhoudings en seksuele gesondheid en in Seisoen 2 het ons gesels oor ’n positiewe selfbeeld en om jou verhouding met jouself te verbeter.

Woensdae: Tee & Taai Toffies

In hierdie gewilde reeks gesels Ilse Salzwedel met ’n klomp nuwe, interessante glansmense en bekendes en saam probeer hulle om luisteraars se verhoudingsprobleme op los.

Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor!

Wanneer: Elke tweede Woensdag vanaf 09h00. Die volgende episode word op 26 Februarie uitgesaai.

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan verlief wees op ons nuwe reekse

Luister solank na al ons vorige gesprekke

Donderdae: Lam in Wolfsklere

In die vervolgverhaal geskryf deur Bernette Bergenthuin, stel aktrise Elma Postma ons bekend aan Amie Kühn.

Amie se lewe is perfek – sy woon in die mooie Kaap, sy is mal oor haar werk as prokureur en sy gaan met die aantreklike Gerhard Vosloo uit.

Maar die perfekte prentjie stort in duie toe sy besef dat sy en Gerhard nie heeltemal dieselfde oor mekaar voel nie.

Sy vlug terug na haar tuisdorp, Bloemfontein, en die poppe begin dans.

Tussen haar overbearing ma, feministiese beste vriendin en die enigmatiese advokaat Caro Marx, weet sy nie aldag wie is lammers en wie is wolwe nie.

Wanneer: Elke Donderdag vanaf 09h00. Die eerste episode word op 27 Februarie uitgesaai.

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan verlief wees op ons nuwe reekse

Luister solank na ons vorige verhale, Botox, Barbies en Bietse:

En Dans met die rooi rok

Vrydae: Ka-Tjieng! Seisoen 2

Vroeg begin is half gewin vir jou kinders en hul geldsake.

Anet Schoeman praat in die eerste paar episodes met kenners oor alles wat jy jou kinders, tieners en jong volwassenes oor geld moet leer om hulle finansieel verantwoordelik en paraat te
maak.

Wanneer: Elke tweede Vrydag vanaf 09h00. Die eerste episode word op 6 Maart uitgesaai.

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan verlief wees op ons nuwe reekse

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.