kategorieë: WenkeMode

’n Nuwe voorkoms: Petite en pragtig

’n Nuwe voorkoms: Petite en pragtig deur Justine Kroes

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wie het ’n nuwe voorkoms gekry?

Naam: Roxanne Martin

Ouderdom: 36

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Beroep: Mediese verteenwoordiger

Meer oor Roxanne

Roxanne het gevoel sy het ’n voorkomsverandering nodig, onder meer omdat sy haar hare en grimering al jare lank op dieselfde manier dra. Sy het ook chroniese rugpyn en het besluit dat die pyn haar nie gaan onderkry nie en die kans op ’n nuwe voorkoms met ope arms verwelkom.

‘Ek het soos ’n prinses gevoel! Ek het so baie oor mode geleer dat ek met hope selfvertroue daar weg is’ – Roxanne Martin

Mode:

Voor

’n Nuwe voorkoms: Petite en pragtig

Naweek

Vir ontspanne naweekuitstappies kies ons ’n staatmaker wit T-hemp, ’n gemaklike baadjie en ’n denim.

As jy nes Roxanne heelwat korter as die gemiddelde vrou is, kies ’n noupypdenim wat die illusie van langer bene skep. Eksperimenteer met jou proporsies, kies broeke wat hoër om jou middellyf sit en steek jou hemde in – dit laat ook jou bene langer lyk.

Vir ’n vars werkvoorkoms: Kombineer jou denim met ’n tydlose wit kraaghemp, ’n leergordel en dra bypassende leerskoene daarby.

Na:

’n Nuwe voorkoms: Petite en pragtig

Werk:

Rooier en mooier! Roxanne lyk asemrowend in die noupassende rok.

As jy fyn en kort is, kies ’n  V-hals wat jou nek en halslyn verleng en jou langer laat lyk. Die hoëhakskoene gee haar ’n tikkie ekstra lengte en hope selfvertroue daarby.

#rrWenk vir fyn vroue: Kies ’n kleiner handsak. ’n Groot handsak sal jou nog kleiner laat lyk.

Na:

’n Nuwe voorkoms: Petite en pragtig

’n Aandjie uit:

#rrWenk Vermy oorgroot hemprokke as jy fyn gebou is en probeer liewer oorvou-rokke met ’n tikkie meer struktuur. Rokke wat net bo, of net onder jou knieë sit, laat jou bene ook langer lyk – kyk net hoe vlei daardie roklengte haar bene!

Swart enkelstewels met ’n leerbaadjie daarby, skep ’n weelderige, uitdagende voorkoms wat Roxanne nie voorheen sou gewaag het nie.

Vir werk: Vervang bloot die leerbaadjie deur ’n jas en die enkelstewels deur skerppuntskoene en siedaar! jy lyk netjies en professioneel.

Na:

’n Nuwe voorkoms: Petite en pragtig

Skoonheid

Voor:

’n Nuwe voorkoms: Petite en pragtig

Grimering

Roxanne se vel is effens gedehidreer en grimeerkunstenaar Cheryl Parker beveel ’n bevogtigende masker aan wat sy vinnig voor haar grimering kan aanwend. Dié masker sal ook fyn plooitjies minder sigbaar maak.

“Gebruik ’n ligreflekterende onderlaag indien jy pigmentasievlekke het – dié soort onderlaag laat pigmentasievlekke minder opsigtelik lyk,” sê Cheryl.

Vermy ’n blosser met pienk skakerings wat net jou pigmentasievlekke sal beklemtoon – gebruik liewer ’n warm koraal. Dra ’n lipvlek in dieselfde skakering daarby.

Kies ’n oogskadu wat ligte en bruin skakerings bevat. Vee die ligte skakering oor jou ooglede en werk die bruin in die vou van die ooglid in om kleiner oë groter te toor.

Vals wimpers met ’n paar lagies maskara aan die buitehoeke van jou oë kan ook jou oë groter laat lyk.

Cheryl kies vir Roxanne ’n koel rooi lipstiffie wat die beste by haar pienk velkleur pas.

Cheryl se topwenk

Hier is Cheryl se wenk vir rooi lippe wat sal hou en hou: “Wend eers ’n verbloemer op jou lippe aan sodat die lipstiffie iets het om aan vas te klou. Wend sommer ook die verbloemer om jou lippe aan om seker te maak dat die lipstiffie netjies aangewend is.”

Na:

’n Nuwe voorkoms: Petite en pragtig

Hare

Roxanne was baie opgewonde en sonder enige voorbehoud toe Eloise Steyn van Gary Rom Hairdressing sê sy gaan Roxanne se hare laat waai.

Ná ’n deeglike konsultasie het Eloise voorgestel dat Roxanne van haar droë, poreuse haarpunte ontslae raak. Eloise glo dat ’n haarstyl “ontwerp” moet word: “Hare word nie net gesny nie – ’n ontwerp eie aan elke kliënt se behoeftes is wat ons aanbied.”

’n Heelwat korter bob is vir Roxanne ontwerp, een wat haar fyn lyfie pas, vinniger drooggeblaas kan word en steeds vasgemaak kan word wanneer sy oefen. Dis boonop ’n styl wat Roxanne se dunner hare voller en gesonder sal laat lyk.

Heelwat donkerder skakerings wat meer diepte en volheid skep, is tussen Roxanne se blonde hare “ingeverf”. Haar haarwortels is ook donkerder gekleur wat haar sommer meer modern laat lyk.

Danksy die donkerder wortels kan Roxanne haar hare minder gereeld laat sny, asook minder kleur, wat gesonder hare sal verseker.

Die haarpunte is met ’n tonikum behandel wat die verskillende blonde skakerings in Roxanne se hare meer eweredig gemaak het. “So beskerm ons die toestand van die hare sonder om onnodig te kleur.”

Eloise stel voor dat Roxanne ’n tuissorg-behandeling, soos Gary Rom Silk Force gebruik. Dis ’n intensiewe ses weke lange behandeling wat haar hare sal herstel, versterk en bevogtig.

‘Ek was baie opgewonde toe Eloise sê sy gaan my hare sny’ – Roxanne

’n Nuwe voorkoms: Petite en pragtig

Vir nog mooi idees, loer hier.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

22 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.