Foto: Pixabay
Liewe Here
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Paaseiers. Baie paaseiers.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Toe ek klein was, was my kop hierdie tyd van die jaar vol paaseiers. Gevulde eiers, hol eiers, eiers toegedraai in blink papier. Rye en rye paaseiers.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Vroeër die week stuur ’n kollega, vriend en maatskappybroer vir my ’n song. Omdat hy weet wat U weet; dit wat ek nog probeer wegsteek tot ek verstaan. Hy sien hoe ek knak onder my kruis. Ek kry skaam. Baie skaam. Trek my skouers terug, beur voort. Ek, die een wat graag vir ander sorg, soek skielik sorg.
Dan kom daai song. Ek weet nie wie sing nie. Dalk weet U?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Toe jou storms te groot was en niks wou bedaar, toe jy veg vir jou lewe was dit Ek wat jou spaar …”
My kop is weer vol paaseiers. Die gevulde eiers skielik hol, die blink papier vaal. Ek dink in sirkels. Een voet voor die ander. Staan op, trek aan, smile, hou die kroos kalm, jou werk agtermekaar. Oorleef, elke uur, elke dag. Een voet voor die ander.
Die song draai in my kop.
Vanoggend in die gym is ek weer 16. Bevoorregte ek is in Jerusalem, in U graf. Ek draai om en teen die muur die woorde: “He is not here. He has risen.”
My kruis lig.
Dit sal ok wees. Ek weet, want U weet.
“Toe jou storms te groot was en niks wou bedaar, toe jy veg vir jou lewe was dit Ek wat jou spaar …”
Amen.
– Foto Pixabay
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.