kategorieë: KalenderOntspanning

Tierlantynkies Koop & Kuier-fees 2018

Het jy geweet die Tierlantynkies Koop & Kuier-fees is deur drie boesemvriendinne begin? Lorette, Elmien en Ronel is die meesterbreine agter dié inspirerende mark, wat binnekort weer in Pretoria ’n draai gaan maak. Hulle beoog om ’n unieke, kreatiewe ervaring vir elke besoeker én uitstaller te skep, met allerlei opkomende kunstenaars en entrepreneurs wat hul produkte ten toon stel, musikale vermaak by die mark, asook liplekker kos en wyn – om maar net ’n paar van die aantreklikhede te noem. Besoek tierlantynkies.co.za vir meer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Belangrike inligting

Wanneer: 26 April – 1 Mei 2018
Waar: @3Ci Tent, 56 Saal St, Zwavelpoort, Pretoria-Oos
Tyd: Donderdag – Saterdag & Maandag: 9:00 – 18:00 \ Sondag 10:00 – 16:00 \ Dinsdag 9:00 – 16:00
Kaartjies: R35 per persoon. Kaartjies is geldig vir ses dae. Kinders onder 18 geniet gratis toegang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is ’n voorsmakie na van die uitstallers wat by vanjaar se Tierlantynkies Koop & Kuier-fees te sien sal wees:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Simpiwe

By Simpiwe word geskenke uit die hart gemaak, dit is immers wat die woord, Simpiwe, beteken: Geskenk. Die span is almal deel van ’n werkskepping- en opheffingsprogram, waar hulle opleiding kry om die kuns van handgemaakte goedere te bemeester, elkeen op sy eie gebied. Alles word met die hand gemaak en gegebuig – ’n blik skêr en langbek-tang is die enigste gereedskap wat gebruik word. Een van die rolspelers in die Simpiwe-handelsnaam, Frikkie Els, vertel: “Die lekkerste en mees bevredigende uitdaging is om elke nuwe produk te ontwerp en dan saam met my span die produk te vervaardig. Die mans maak die rame vir die papier die machè-ligte en die vroue trek dit oor met ingevoerde papier. Die Tierlantynkies Koop & Kuier-fees is ’n baie goeie geleentheid om ’n nuwe produk te toets, omdat dit ’n baie gesofistikeerde mark is.”
Skakel 083 381 6225 of stuur ’n e-pos na simpiweart@gmail.com vir meer inligting.

Paper Republic

Alles het met allerlei papierstukke en ’n spesiale masjien begin wat die toekoms van Paper Republic sou beteken. Vandag is dit die voorste papierkuns en -dekor handelsmerk in Suid-Afrika, wat tallose papier-kunswerke en groot installasies regoor die land oprig. Hoewel Paper Republic groot opslae in die glanswêreld maak, met die allermooiste papier-projekte wat die kollig by verskeie aangeleenthede steel, bly dit steeds ’n plaaslike handelsmerk wat kleiner handgemaakte produkte aan die publiek beskikbaar stel. Daarom is die Tierlantynkies Koop & Kuier-fees die ideale manier om dié innoverende handelsmerk eerstehands te ervaar.
Skakel 083 225 0795 of stuur ’n e-pos na info@paperrepublic.co.za vir meer inligting. Jy kan hulle ook op Facebook volg by paperrepublic.co.za

Just Because

Just Because is sowat agt jaar gelede deur Annelize Fourie en Candice Dingwall begin. Albei was in die tydskrifbedryf, Annelize as stileerder en Candice as fotograaf. Annelize het die allermooiste stelle met blomme, dekor, materiaal, plante, ou planke en groente gemaak, wat Candice dan afgeneem het. Ná ’n paar jaar het dié twee se paaie weer gekruis en hulle het gekoer oor die wens om “net nog een mooi foto saam te neem”. Dit het gelei tot die droom om ’n koffietafelboek te skep – sommer net vir die lekkerte. Agt jaar later is hul reeks produkte regoor Suid-Afrika, Namibië, Kenia, Botswana en Australië beskikbaar. Dit was egter by ’n Tierlantynkies Koop & Kuier-fees, sewe jaar gelede, waar hulle hul eerste groot deurbraak gemaak het. Sedertdien groei hulle elke jaar en het hulle meer produkte om by elke mark ten toon te stel. Ons kan nie wag om te sien wat hulle hierdie jaar gaan optower nie.
Skakel  082 334 0245, stuur ’n e-pos na justbecause.sa@gmail.com of besoek hul webblad by justbecausesa.co.za vir meer inligting. Jy kan hulle ook op die volgende sosiale media platforms bereik: Facebook Instagram

Soetmuis

Die Soetmuis-droom is gebore in die hart (en aan die vingers) van die Pretoria-gebaseerde pa-en-dogter-duo, Marius en Liesl Botes. Deur die essensie van tradisionele piekels, konfyte en smere te behou, het hulle hul eie, ‘gourmet’ afdruk op hul produkte geplaas deur sakke vol geur, interessante teksture en wonderlike kombinasies bymekaar te voeg. Elke produk is sorgvuldig aanmekaar gesit deur ’n verskeidenheid prosesse- sommige word fyn gekap, sommige fyngedruk en ander gelos om in sy eie sappe en souse te kook om die volmaaktheid van elke delikate geur te waarborg. Soetmuis is een van die volrondste smaak-ervarings waarvoor jy kan wens.

Ná ’n jaar van opwinding, harde werk en baie uie kap, is hulle geseën met fantastiese ervarings wat die kos-industrie van Suid Afrika vir hulle gebied het. Tog het hulle ’n baie spesiale plek in hul Soetmuis-harte vir die Tierlantynkies Koop & Kuier-fees, aangesien die fees hul eerste stap op hul pad na sukses was.
Skakel Marius: 084 438 3223 / Liesl: 062 295 1390 of stuur ’n e-pos na hello@soetmuis.co.za vir meer inligting. Jy kan hulle ook op Facebook volg by facebook.com/soetmuis

Filly Leather

Die Filly Leather-span se passie is om, deur hul produkte, die lewenstyl van hul kliënte te bevorder. Hulle droom om dié handelsmerk eendag op nasionale en internasionale vlak te vestig as een van die toonaangewende handelsmerke in leerprodukte. Die meerderheid van hul produkte word met die hand gemaak en hulle poog om sover moontlik plaaslike materiaal van die hoogste gehalte in hul produkte te gebruik. Sodoende kweek hulle ’n kultuur van eer en ’n standaard van uitnemendheid met elke produk.

Die sukses van dié handelsmerk is egter gegrond in hul benadering tot hul werknemers. Filly Leather is dus meer as net jou alledaagse vervaardiger van handgemaakte leerprodukte, dit is ook ’n baken van hoop en ’n bron van inkomste vir baie werkloses. Deur hul werkskeppingsgeleenthede hoop hulle om transformasie te bevorder in die gemeenskap en die wêreld waarin ons vandag leef. Elke Filly Leather produk wat jy koop, maak ’n verskil in die lewe van ’n persoon in nood.
Skakel 061 407 1614 of stuur ’n e-pos na sales@fillyleather.com of office@fillyleather.com of besoek hul webblad by fillyleather.com/ vir meer inligting. Jy kan hulle ook op sosiale media volg: Facebook en Instagram

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.