kategorieë: Reis

’n Rusplek wat die naam waardig is

As jy op soek is na rus en vrede is The Last Word Constantia, ’n rustige boetiekhotel in die boomryke landelike omgewing van Constantia in Kaapstad, net die plek vir jou. Dit was vir my ‘n heerlike verrassing in die middel van ’n woelige week toe ek in die parkeerplek stilhou en die stilte van die omgewing my bewussyn begin binnedring. Reeds vandat ek die N3 verlaat het op pad na my verblyf vir die aand, het ek deur ’n gebied gery wat maklik ’n “bos” genoem kan word. Oral is daar wandelpaadjies en kort-kort ry ek verby groepies ruiters op hul perde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Met die instap word ek hartlik verwelkom en verduidelik dat hoewel daar geen aandetes bedien word nie, daar restaurante binne stapafstand is waar hulle vir my op versoek kan bespreek. My kamer is werklik ruim en al die fasiliteite luuks, die bed yslik groot en knus opgemaak, en net regs daarvan ’n reuse groot bad, aparte toilet en fantastiese stort teen die muur. Daar is baie kaste en ekstra komberse en kussings, en die platskerm TV-stel voor die gemaklike rusbanke is yslik groot. Alle drankies uit die yskas en drankkas is ingesluit by die kamer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die kamer is heerlik koel, maar ek besluit om eerder die voudeure na die tuin oop te maak. Met die uitstap op die patio buite die kamer, val die skoonheid van die tuin my reeds op. Ek besluit terstond om koffie te maak om by die tafeltjie buite te gaan sit en geniet. Die dompelkoffie is heerlik, en daar is biscotti ook om daarmee saam te geniet, asook ’n bak vars vrugte. Oral rondom my is geurende bosse kruie en struike met blomme tussendeur, en die rustigheid is voelbaar, met voëlgesang as agtergrondmusiek …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek onderneem ’n uitstappie deur die pragtige tuin, en by die swembad is daar ‘n oorsese gesin met vakansie wat luilekker die laatmiddagson benut waar hulle op handdoeke op sonstoele lê. Die bome is reusagtig, die gras netjies kortgesny en die swembad aanloklik helderblou.

Na my koffie en ’n luilekker deurblaai van die koerant, besluit ek dat ek glad nie lus is vir ’n restaurantbesoek op my eentjie daardie aand nie. Toe ek my besluit aan ontvangs deurgee, word ek oorrompel deur die personeel se besorgdheid en omgee, en omgepraat om dan maar vir aandete ’n bordjie toebroodjies in my kamer te geniet. Die toebroodjies wat ek toe later nuttig, is vars en heerlik, drie heerlike soorte vulsels en vergesel van ’n reuse glas yskoue Chardonnay.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Na ’n waarlik rustige en stil nag, was die ontbyt die volgende oggend ‘n ongelooflike finale bederf: vrolik gedekte tafeltjies tussen plantbakke in ’n yslike glasvertrek

Die kos is vars en die koffie ’n geurende genade. Daar is vrugte wat keurig voorberei is, pap en Muesli en fyngebak, koue vleise en kase, maar jy kan ook ’n warm Engelse ontbyt bestel. Die brode is varsgebak en daar is ’n heerlike verskeidenheid, ook konfyte en botter. Niemand sal daar onvergenoegd kan wegstap nie.

Wat my ook opval, is die persoonlike aandag van die personeel, vriendelik en gasvry, sonder om opdringerig te wees. Ek het eerlik gevoel dat ek elkeen persoonlik wou groet by my vertrek.

My laaste uitsig op die tuin by ontbyt hou toe ook sommer ’n bonus in: ‘n familie eekhorings wat van tak tot tak baljaar, en oor die gras skarrel na bome verder agtertoe in die tuin. Ek hoop ek kan hierdie kuier weer eendag harhaal, dit was so ’n genade in die middel van ’n besige sakebesoek.

Meer inligting oor tariewe en spesiale aanbiedings by www.thelastword.co.za/landing.htm?id=557&overrideincludes=blank&gclid=CJqyj-aX68QCFYzMtAodeh4AgA

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

6 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

1 day Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.